The All American Rejects | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Oorsprong | Stillwater, Oklahoma, VSA |
Jare aktief | 1998 - hede |
The All-American Rejects is 'n pop-rock-groep wat in Stillwater, Oklahoma begin het. Hulle laaste album, "Move Along" word in 2005 uitgebring en hul enkel Dirty Little Secret behaal in Januarie 2006 die negende plek op die Billboard Hot 100.
Same Girl, New Songs (2001) word nie meer uitgegee nie. Hul debuutalbum, The All-American Rejects (2002), het vir hul deurbraak met die enkelsnit "Swing, Swing" gesorg. Ander enkelsnitte wat hulle uitgebring het, is "Time Stands Still" en "The Last Song". In die Verenigde State is "Eyelash Wishes" en in die Verenigde Koninkryk "Night Drive Acoustic" toegevoeg as bonus snitte op die plaat Move Along (2005).