The Edible Woman
| |
---|---|
Skrywer | Margaret Atwood |
Omslagontwerper | Charles Pachter |
Land | Kanada |
Taal | Engels |
Genre | Roman |
Uitgewer | McClelland & Stewart |
Uitgegee | 1969 |
Medium | Druk (gebind & sagteband) |
Bladsye | 281 |
ISBN | 9780860681298 |
Vervolg | Surfacing |
The Edible Woman is 'n roman deur Margaret Atwood geskryf wat die eerste keer in 1969 gepubliseer is. Die roman se publikasiedatum stem ooreen met die ontluiking van tweede-golf-feminisme in Noord-Amerika, maar ten spyte van die feit dat Atwood temas wat met geslag-stereotipes te doen het in hierdie roman ondersoek beskou sy dit as 'n protofeministiese werk, omdat dit alreeds in 1965 geskryf was en dus tweede-golf-feminisme geantisipeer het.