Tomiichi Murayama

Tomiichi Murayama
村山富市
Tomiichi Murayama
Tomiichi Murayama in 1994

Ampstermyn
30 Junie 1994 – 11 Januarie 1996
Vise Yōhei Kōno
Ryutaro Hashimoto
Monarg Akihito
Voorafgegaan deur Tsutomu Hata
Opgevolg deur Ryutaro Hashimoto

Voorsitter van die Sosiaal-Demokratiese Party
Ampstermyn
25 September 1993 – 28 September 1996
Voorafgegaan deur Sadao Yamahana
Opgevolg deur Takako Doi

Lid van die Laerhuis
Ampstermyn
11 Desember 1972 – 19 Mei 1980
Voorafgegaan deur Isamu Murakami
Opgevolg deur Isamu Murakami
Ampstermyn
19 Desember 1983 – 2 Junie 2000
Voorafgegaan deur Isamu Murakami
Opgevolg deur Ban Kugimiya

Persoonlike besonderhede
Gebore 3 Maart 1924 (1924-03-03) (100 jaar oud)
Ōita, Japannese Keiserryk (nou Japan)
Politieke party Sosiaal-Demokratiese Party
Sosialistiese Party
Eggenoot/-note Yoshie Murayama (huwelik in 1953)
Alma mater Meiji-universiteit
Handtekening

Militêre Diens
Lojaliteit Vlag van Japannese Keiserryk Japan
Diens/Tak Keiserlike Japannese Weermag
Jare in diens 1944–1945
Rang Offisierskandidaat
Oorloë/Veldslae Tweede Wêreldoorlog

Tomiichi Murayama (Japannees: 村山 富市, Murayama Tomiichi, gebore 3 Maart 1924) is 'n Japannese politikus wat van 1994 tot 1996 as die Eerste minister van Japan gedien het.[1] Hy het die Japannese Sosialistiese Party gelei en was verantwoordelik vir die naamverandering in Sosiaal-Demokratiese Party van Japan in 1996.

Nadat hy eerste minister geword het, was hy die eerste sosialistiese leier van Japan in bykans vyftig jaar.[2] Hy word vandag veral onthou vir sy toespraak "Ter geleentheid van die 50ste herdenking van die einde van die oorlog", waarin hy in die openbaar om verskoning gevra het vir die Japannese Keiserryk se gruweldade wat tydens die Tweede Wêreldoorlog gepleeg is.

Van die tien lewende voormalige eerste ministers van Japan is hy ná die dood van Yasuhiro Nakasone op 29 November 2019 tans die oudste lewende premier.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) Profile of Tomiichi Murayama
  2. (en) "Japan gets first Socialist PM in 46 years". The Independent. 30 Junie 1994. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2012. Besoek op 10 Desember 2010.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]