Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Toni Brunner | |
![]() Toni Brunner in 2015 | |
Voorsitter van die Switserse Volksparty
| |
Ampstermyn 1 Maart 2008 – 23 April 2016 | |
Voorafgegaan deur | Ueli Maurer |
---|---|
Opgevolg deur | Albert Rösti |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 23 Augustus 1974 Wattwil, St. Gallen, Switserland |
Politieke party | Switserse Volksparty |
Anton "Toni" Brunner (gebore 23 Augustus 1974 in St. Gallen, Switserland) is 'n Switserse boer, nasionale voorsitter van die Switserse Volksparty (SVP), en 'n lid van die Switserse Nasionale Raad.
Brunner is op 23 Augustus 1974 in Wattwil in die kanton St. Gallen in Switserland gebore. In 1995 word hy op die ouderdom van 21 as die jongste lid ooit tot die federale parlement verkies.[1] In hierdie tyd was hy boer, bestuurder van 'n internetradiostasie wat op boere gemik is, en voorsitter van die St. Gallen-afdeling van die Switserse Volksparty.
Op 1 Maart 2008 volg Brunner Ueli Maurer op as voorsitter van die nasionale afdeling van die Switserse Volksparty.[1]
In Januarie 2016, kort na 'n rekordvertoning van die SVP in die 2015 Switserse federale verkiesing, kondig Brunner sy uittrede aan as president van die SVP in April van daardie jaar.[2][3] Hy is op 23 April deur Albert Rösti opgevolg.[4][5]
Brunner is 'n lid van die Veldtog vir 'n Onafhanklike en Neutrale Switserland.[6]