| |||||
Volkslied: Мы славим тебя, Приднестровье (tr.: My slavim tebya, Pridnestrovye) (Russies vir: "Ons sing die lofsange van Transnistrië") | |||||
Hoofstad | Tiraspol | ||||
Grootste stad | Tiraspol | ||||
Amptelike tale | Russiesa, Moldawiesb en Oekraïens[1] | ||||
Regering | Unitêre semi-presidensiële grondwetlike republiek Wadim Krasnoselsky Aleksandr Rozenberg | ||||
Onafhanklikheid Gedeeltelik erkende staat
• Onafhanklikheid verklaar • Transnistrië-oorlog • Erkenningc |
2 September 1990 2 Maart – 21 Julie 1992 3 nie-VN-lede | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
4 163 km2 1 607 myl2 2,35 | ||||
Bevolking - 2022-skatting - 2015-sensus - Digtheid |
505 153[2] (-) 475 373[3] 73,5 / km2 190,4 / myl2 | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2012-skatting $1 miljard[4] | ||||
Geldeenheid | Roebeld (PRB )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
OET (UTC+2) OEST (UTC+3) | ||||
Internet-TLD | geene | ||||
Skakelkode | +373f | ||||
a. Russies is die belangrikste amptelike taal. b. Roemeens word in Transnistrië amptelik Moldawies genoem.[5] c. net deur Abchasië, Suid-Ossetië en die Republiek Artsach erken. d. Die Moldawiese leu word in die gebiede onder Moldawiese beheer gebruik. e. .ru en .md word soms gebruik. f. +373 5 en +373 2. |
Transnistrië, amptelik die Pridnestrowiese Moldawiese Republiek (Roemeens (Moldawies): Република Молдовеняскэ Нистрянэ, Republica Moldovenească Nistreană; Russies: Приднестровская Молдавская Республика, Pridnestrofskaja Moldafskaja Respoeblika; Oekraïens: Придністровська Молдавська Республіка, Pridnistrofska Moldafska Respoeblika), is volgens internasionale reg 'n deel van Moldowa, maar vorm sedert 1992 'n de facto onafhanklike republiek, wat slegs deur Abchasië, die Republiek Artsach en Suid-Ossetië as 'n onafhanklike staat erken word.[6][7][8] Ná die onafhanklikheid van Moldowa van die Sowjetunie het 'n konflik met die Transnistriese regering ontstaan en die gebied het op 2 September 1990 eensydig sy onafhanklikheid verklaar.
Sedert 1992 vorm die gebied 'n de facto republiek en word nie van Moldowa gekontroleer nie.[9][10][11][12] Transnistrië is aan die grens tussen Moldowa en die Oekraïne geleë en die hoofstad is Tiraspol. Transnistrië beslaan 'n oppervlakte van 4 163 km² en het 'n bevolking van 505 153 gehad. Op 18 Maart 2014 het Transnistrië ná die voorbeeld van die Krim 'n aansoek om lidmaatskap binne die Russiese Federasie gestel.[13][14][15]
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)