Trosvy | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Rosales |
Familie: | Moraceae |
Genus: | Ficus |
Spesie: | F. sycomorus
|
Binomiale naam | |
Ficus sycomorus L., (1753)
| |
![]() | |
Verspreidings-kaart | |
Sinonieme | |
|
Die trosvy (Ficus sycomorus) is 'n groot vyeboomspesie wat voorkom van die Tugela-vallei in KwaZulu-Natal, noordwaarts tot aan die rand van die Sahara, en in die suidelike Arabiese Skiereiland. Die boom is inheems in Algerië, Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Comore-eilande, Demokratiese Republiek die Kongo, Djiboeti, Egipte, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Gambië, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Ivoorkus, Jemen, Kaap Verde, Kenia, Libanon, Madagaskar, Malawi, Mali, Mauritanië, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Oman, Palestina, Republiek die Kongo, Rwanda, Saoedi-Arabië, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sirië, Somalië, Soedan, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Hulle groei natuurlik langs riviere in die laeveld, maar word ook sedert antieke tye in die Midde-Ooste verbou.
Die Ilembe-boom is 'n baie groot trosvy, geleë op die oewer van die Mandlenispruit naby Kranskop, KwaZulu-Natal. Dit is in 2013 as 'n kampioenboom verklaar en word bewaar in terme van die Nasionale Wet op Bosse (84/1998).[1] Die boom se FSA-nommer is 66.[2]