Unukalhai (ook bekend as Alpha Serpentis of α Ser) is ’n dubbelster in die kop van die sterrebeeldSlang (Serpens). Met ’n skynbare magnitude van 2,6[2] is dit die helderste ster in die sterrebeeld en kan dit van die grootste deel van die Aarde af met die blote oog gesien word. Volgens parallaksmetings is dit sowat 74 ligjare van die Son af.
Die ster straal sowat 38 keer die ligsterkte van die Son uit en nog 32 keer in die infrarooi, dus altesaam 70 keer soveel.[5] ’n Metgeselster met ’n skynbare magnitude van 11.8 kom by ’n hoekskeiding van 58 boogsekondes van Alpha Serpentis af voor, terwyl ’n ster van die 13de magnitude 2,3 boogminute weg is.
Die ster se Bayer-naam is "Alpha Serpentis" en sy Flamsteed-naam "24 Serpentis". Sy tradisionele naam "Unukalhai" (ook Unuk al Hay of Unuk Elhaija gespel) kom van die Arabiese عنق الحيّة ʽunuq al-ḥayyah, "die slang se nek", en die naam "Cor Serpentis" van die Latyn vir "die hart van die slang". In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Unukalhai" vir die ster goedgekeur.[9][10]
↑ 2,02,12,22,3Gutierrez-Moreno, Adelina et al. (1966), A System of photometric standards, 1, Publicaciones Universidad de Chile, Department de Astronomy, pp. 1–17, Bibcode: 1966PDAUC...1....1G
↑Carney, Bruce W. et al. (Maart 2008), "Rotation and Macroturbulence in Metal-Poor Field Red Giant and Red Horizontal Branch Stars", The Astronomical Journal135 (3): 892–906, doi:10.1088/0004-6256/135/3/892, Bibcode: 2008AJ....135..892C
↑Kunitzsch, Paul; Smart, Tim (2006). A Dictionary of Modern star Names: A Short Guide to 254 Star Names and Their Derivations (2de hers. uitg.). Cambridge, Massachusetts: Sky Pub. ISBN978-1-931559-44-7.