Die varkoorpylstert of varkblompylstert (Hippotion eson ) is 'n pylstert wat algemeen in die hele Afrotropiese gebied , insluitend Suid-Afrika ,[ 2] Madagaskar en die Seychelle voorkom. Die spesie onderneem ook migrasies.[ 3] Sy wetenskaplike naam is eers in 1779 deur die Nederlander Pieter Cramer gepubliseer.[ 1]
In die Wes-Kaap is die ruspe se gasheerplante veral rankplante in die somer, en die blare van Zantedeschia -spesies (varkoor, varkblom) in die winter. Die mot se ruspes kan op Impatiens walleriana , Zantedeschia aethiopica , Vitis vinifera vinifera , Colocasia esculenta as gasheerplant geteel word.[ 4] Die insek is in die wynbougebiede van die Wes-Kaap nie van groot ekonomiese belang nie, maar dit kan 'n plaag veroorsaak as dit in nuwe gebiede ingevoer word.[ 5]
Die varkoorpylstert is in KwaZulu-Natal op die blomme van die orgidee Mystacidium venosum aangetref en bestuif dit. Die blomme word dalk vroeg saans op sig gevind.[ 6] In Kameroen bestuif dit die orgidee Cyrtorchis okuensis .[ 7]
mannetjie, rugkant
wyfie, rugkant
groen ruspe
bruin ruspe
kop van ruspe
kop van ruspe
kenmerkende stert
papie
↑ 1,0 1,1 "Cramer 1779 Uitlandsche Kapellen (Papillon exot.) 3:57" . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Oktober 2012. Besoek op 1 Julie 2023 .
↑
"Insekte en skoenlappers" (PDF) . Besoek op 30 Junie 2023 .
↑ Carcasson, R. H. (1967). "Revised Catalogue of the African Sphingidae (Lepidoptera) with Descriptions of the East African species" . Journal of the East Africa Natural History Society and National Museum . 26 (3): 1–173 – via Biodiversity Heritage Library.
↑ Staude, Hermann & Mecenero, Silvia & Oberprieler, Rolf & Sharp, Allison & Sharp, Ian & Williams, Mark & Maclean, Marion (2016). "Supplementary material to: An illustrated report on the larvae and adults of 962 African Lepidoptera species. Results of the Caterpillar Rearing Group: a novel, collaborative method of rearing and recording lepidopteran life-histories: Bombycoidea: Sphingidae." Metamorphosis . 27 : 43-60. {{cite journal }}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link )
↑ Rubinstein, Riva; Polson, A. (1977). "Isolation of viruses from Hippotion eson" . Phytophylactica . 8 : 19–20.
↑ Luyt,, R.; Johnson, S. D. (2001). " "Hawkmoth Pollination of the African Epiphytic Orchid Mystacidium Venosum, with Special Reference to Flower and Pollen Longevity." " . Plant Systematics and Evolution, . 228 (1/2): 49–62. Besoek op 1 Julie 2023 . {{cite journal }}
: AS1-onderhoud: ekstra leestekens (link )
↑ Azandi, Laura N. (2021). " "Taxonomic Description and Pollination Ecology of Cyrtorchis Okuensis (Orchidaceae, Angraecinae), a New Species Endemic to the Cameroon Volcanic Line." " . Plant Ecology and Evolution . 154 (3): 483-96. Besoek op 1 Julie 2023 . .