Velddrif | |
---|---|
![]() Bokkomlaan, een van Velddrif se gewilde toeristebestemmings. | |
Koördinate: 32°47′0″S 18°10′0″O / 32.78333°S 18.16667°O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Weskus |
Munisipaliteit | Bergrivier |
Stigting | 1946 |
Oppervlak | |
• Totaal | 8,87 km2 (3,42 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 11 017 |
• Digtheid | 1 242/km2 (3 220/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 29.6% |
• Indiërs/Asiërs | 0.5% |
• Bruin mense | 57.1% |
• Swart mense | 12.2% |
• Ander | 0.6% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 83.5% |
• Xhosa | 8.7% |
• Engels | 5.8% |
• Ander | 2.1% |
Poskode (strate) | 7365 |
Poskode (posbusse) | 7365 |
Skakelkode | 022 |
Webwerf | www.velddriftourism.co.za |
Velddrif is 'n vissersdorp aan die mond van die Bergrivier geleë in die Bergrivier Plaaslike Munisipaliteit-gebied. Dit grens aan Laaiplek en Port Owen. Velddrif se bevolking is in 2011 op sowat 11 000 geraam, teenoor 7 800 in 2007 en 5 905 in 1996. Die dorpie het sy naam gekry omrede dit die enigste plek was waar vee en voertuie die rivier kon kruis. Die drif is vervang met 'n brug. Daar is 'n groot soutaanleg van Cerebos suid van Velddrif waar 12 000 ton sout jaarliks uit die see ontgin word.
Port Owen is 'n vakansiedorp en 'n marina, aangrensend aan die vissershawe van Laaiplek en word omring deur soutmoerasse. Die area is bekend vir sy voëllewe: meer as 350 verskillende see-, land- en riviervoëls word hier gevind.
Port Owen was die eerste diepsee, residensiële marinaontwikkeling in Suid-Afrika. Die waterweë word beheer deur die Port Owen Marina-owerheid. [2] Port Owen word aan drie kante omring deur die Bergrivier, wat se toekomstige groei beperk word om seker te maak dit bly rustig en eksklusief. Die rivier is vir 56 km bevaarbaar deur klein bote.[3]
Velddrif se munisipale raad het in 1967 'n wapenverlening van die Kaaplandse provinsiale administrateur verkry : In rooi, in die skildhoof 'n fabriek en in die skildvoet 'n pelikaan, albei van natuurlike kleur; die kante rond gesnee van silwer belaai met vier golwende dwarsbalke van blou. Die helmteken was twee gekruiste gekroonde goue visse, en die wapenspreuk "Labori detur". [4] Die wapen is in 1972 by die Buro vir Heraldiek geregistreer.[5]