Vierbalk-nooientjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. natalensis
|
Binomiale naam | |
Abudefduf natalensis Hensley & Randall, 1983
|
Die vierbalk-nooientjie (Abudefduf natalensis) is 'n vis wat voorkom aan die ooskus van Suid-Afrika vanaf die Oos-Kaap tot by die noorde van KwaZulu-Natal en mag moontlik endemies aan Suid-Afrika wees. In Engels staan die vis bekend as die Fourbar damsel.
Die vis word tot 17 cm lank, sy lyf is wit en daar is vier swart vertikale breē strepe op die lyf. Die strepe strek egter nie tot by die pens nie. Die kop is dofkleurig en die stertvin het 'n swart rant. Ouer visse ontwikkel 'n reënboogkleurige skynsel op die sye. Hulle leef in rotsagtige kusareas en aflandige riwwe in water wat 1 tot 20 m diep is. Die onvolwasse vissies mag in getypoele voorkom. Hulle is streng territoriale alleenlopers maar kan ook in pare of klein groepies voorkom. Die visse vreet soöplankton, alge en klein skaaldiere.