Gebruik | Burgerlike vlag |
---|---|
Verhouding | 1:2 |
Goedgekeur | 26 November 1990[1] |
Ontwerp | Drie horisontale bane in wit, rooi en geel. |
Ontwerp deur | Алан Чочиев (Alan Tsjotsjiëf) |
Gebruik | Burgerlike vlag |
---|---|
Verhouding | 1:2 |
Goedgekeur | 2 Oktober 1991[2] |
Ontwerp | Drie horisontale bane in wit, rooi en geel. |
Ontwerp deur | Алан Чочиев (Alan Tsjotsjiëf) |
Die vlag van Ossetië is op 26 November 1990 deur die Republiek Suid-Ossetië en op 2 Oktober 1991 deur die Republiek Noord-Ossetië-Alanië in gebruik geneem. Die vlag vertoon drie horisontale bane in wit, rooi en geel.
Die kleurskema word hieronder gelys:
Wit | Rooi | Geel | |
---|---|---|---|
RGB | 255/255/255 |
255/0/0 |
255/223/0
|
Heksadesimaal | #FFFFFF |
#FF0000 |
#FFDF00
|
CMYK | 0/0/0/0 |
0/1/1/0 |
100/0.125/1/0
|
Skema | Tekstielkleur |
---|---|
Wit | Morele reinheid. |
Rooi | Krygsheldhaftigheid. |
Geel | Rykdom en welvaart. |
Die vlag wat deur Noord- en Suid-Ossetië gebruik word, is op 26 November 1990 deur die voormalige leier van die Adjamon Nichas (Osseties: Адæмон Ныхас, letterlik nasionale vergadering) en Suid-Ossetiese historikus, Alan Tsjotsjiëf, geskep en is aanvanklik as wapen van hierdie beweging gebruik. Die Suid-Ossetiese weergawe is op 26 November 1990 deur die grondwet van Suid-Ossetië voorgeskryf, en op 30 Maart 1992 bekragtig deur die Regulasie op die Nasionale Vlag.[3]
Die vlag word ook gebruik deur die pro-Georgiese Voorlopige Administratiewe Entiteit van Suid-Ossetië wat vroeër vanuit Kurta geopereer het en nou in Tbilisi is, wat die Russies gesteunde separatistiese regering in Zchinwali teenstaan.
Die vlae van Noord-Ossetië-Alanië en Suid-Ossetië is byna identies met slegs die kleurskakerings wat verskil.
Onder die Sowjetunie het Noord-Ossetië ’n rooi vlag met ’n blou vertikale baan aan die vlagpaalkant, die hamer en sekel en die woorde “Noord-Ossetiese ASSR” in Russies en Osseties gebruik. Kort voor die ontbinding van die Sowjetunie is dit met die huidige vlag vervang, wat op 2 Oktober 1991 aanvaar is.
’n Paar nedersettings in Pole asook een woiwodskap, en die stad Santa Barbara, Kalifornië gebruik ook vlae in horisontale bane van wit, rooi en geel.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van Suid-Ossetië. |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |