Volkspartij voor Vrijheid en Democratie | |
VVD | |
![]() | |
Leier | Dilan Yeşilgöz-Zegerius |
---|---|
Gestig | 24 Januarie 1948 |
Samesmelting van | Partij van de Vrijheid en Komitee-Oud |
Hoofkwartier | Thorbeckehuis, Laan Copes van Cattenburch 52, Den Haag |
Jeugvleuel | Jongeren Organisatie Vrijheid en Democratie |
Ideologie | Konserwatiewe liberalisme, Ekonomiese liberalisme |
Internasionale affiliasie | Liberal International |
Amptelike kleure | Blou en oranje |
Webblad | vvd.nl |
Die Volksparty vir Vryheid en Demokrasie (Nederlands: Volkspartij voor Vrijheid en Democratie, VVD) is 'n Nederlandse regs-liberale politieke party, wat in 1948 gestig is.
Die politieke leier is Dilan Yeşilgöz-Zegerius. Die verkiesings van die nuwe Tweede Kamer op 22 November 2023 is deur die Volksparty vir Vryheid en Demokrasie verloor. Die party het 24 setels behaal (-10).
Van 14 Oktober 2010 tot 5 November 2012 het die VVD met die Christen-Demokratiese Appèl (CDA) die Rutte I-kabinet gevorm. Mark Rutte was hierde kabinet se Eerste Minister. Die kabinet was 'n minderheidskabinet, wat gesteun is deur die Party vir die Vryheid (PVV) van Geert Wilders.
Van 5 November 2012 tot 26 Oktober 2017 het die VVD met die Party van die Arbeid (PvdA) die Rutte II-kabinet gevorm.
Van 26 Oktober 2017 tot 10 Januarie 2022 het die VVD met die CDA-party, die D66-party en die ChristenUnie-party die Rutte III-kabinet gevorm.
Sedert 10 Januarie 2022 vorm die VVD met dieselfde partye die Rutte IV-kabinet.