Vrydaggebed (Arabies: صلاة الجمعة, ṣalāt al-jumu‘ah; letterlik: "gebed op die dag van byeenkoms", d.w.s. Vrydag), ook Juma-Aat of Jum-Ah genoem,[1] is 'n gebed (salaah) wat Moslems elke Vrydag in die moskee hou in plaas van die gewone middaggebed. Moslems bid gewoonlik vyf keer per dag volgens die son se hemelpad, ongeag tydsones.[2] Dit word voorgeskryf vir seuns vanaf puberteit en Moslemmans, en word ook vir Moslemvroue aanbeveel. Die woorde en bewegings van die Vrydaggebed word deur 'n imam voorgegee om dit sinchroon te hou.
Die term al-jumu‘ah is afgelei van die werkwoord ijta'ama, wat na die "byeenkoms van mense" verwys."[3]
Die Vrydaggebed is 'n godsdienstige verpligting wat Vrydae die plek van die daaglikse middaggebed (thoer; Arabies: ṣalāt aẓ-ẓuhr) inneem. Dit is een van die mees verhewe Islamitiese rituele en een van 'n Moslem se verpligte dade.[4]
Streek/land | Taal | Plaaslike naam |
---|---|---|
Arabiese wêreld | Arabies | صلاة الجمعة (Ṣalāh al-Jumu'ah) |
Iran, Afghanistan | Persies | نماز جمعه (Namaz Jumah) |
Noord-Indië, Oos-Indië, Pakistan | Oerdoe | نماز جمعہ (Namaz e Jumma) |
Bangladesj, Wes-Bengale, Noordoos-Indië | Bengaals | জুম'আ, জুম্মা (Jum'aa, jumma) |
Turkye | Turks | Cuma namazı |
Azerbeidjan | Azerbeidjans | Cümə namazı |
Balkan | Serwo-Kroaties, Bosnies | Džuma-namaz |
Balkan | Albanees | Namazi i Xhumasë |
Pole | Pools | Dżummuah |
Spanje, Latyns-Amerika | Spaans | Yumu'ah |
Somalië, Djiboeti | Somalies | Salaadda Jimce |
Suidoos-Asië | Indonesies, Maleis | Salat jumat, Solat jumaat |
Java | Javaans | Jemuwahan |
Oesbekistan | Oesbekies | Juma namozi, Жума намози |
Suid-Rusland | Russies | Джума-намаз |
Koerdistan | Koerdies | نوێژی ھەینی |
Anatolië | Koerdies | Nimiya Îniyê, نمیا ئینیێ |
Xinjiang, Volksrepubliek China | Oeigoers, Chinees | جۈمە نامىزى, 主麻 |