Vryheidsfront Plus | |
VF+ | |
Leier | Dr. Pieter Groenewald |
---|---|
Gestig | 4 Maart 1994 |
Hoofkwartier | Pretoria, Gauteng, Suid-Afrika |
Jeugvleuel | VF+-Jeug |
Ideologie | Afrikanernasionalisme Christelik Demokraties Republikeins Ekonomiese liberalisme |
Nasionale affiliasie | Orania Beweging |
Internasionale affiliasie | Organisasie vir Onverteenwoordigde Nasies en Volke (UNPO) |
Amptelike kleure | Groen Donkeroranje |
Webblad | www |
Die Vryheidsfront Plus (VF+) is ’n Suid-Afrikaanse politieke party vanuit die republikeinse tradisie wat daarop ingestel is om die belange van die Afrikaners te beskerm. Die huidige leier van die party is dr. Pieter Groenewald.[1]
Die Vryheidsfront is op 4 Maart 1994 gestig. Die party het destyds besluit om deur deelname aan die demokratiese proses sy doelwitte van minderheidsregte en selfbeskikking na te jaag. ’n Grondwetlike wysiging kort voor die algemene verkiesing van 1994 het voorsiening gemaak vir ’n grondwetlike beginsel wat kulturele en etniese minderheidsgroepe in staat sou stel om hulle vir die bevordering van selfbeskikking binne die raamwerk van die grondwet te beywer. Dit het die weg gebaan vir die Vryheidfront se deelname in die eerste demokratiese verkiesings.
In die algemene verkiesing van 1994 het die destydse Vryheidsfront onder die leierskap van Generaal Constand Viljoen 424 555 stemme (2,2% van die nasionale stemme) gekry. Dit het aan die party nege lede in die eerste nasionale vergadering besorg. In die algemene verkiesing van 1999 het die steun van die party afgeneem tot 127 217 (0,8% van die nasionale stemme).
Na die munisipale verkiesing van 2016 het die VF+ nes ander kleiner partye met die groter Demokratiese Alliansie (DA) koalisies aangegaan om Johannesburg, Tshwane en verskeie ander munisipaliteite te bestuur.
In 2018 is die Vryheidsfront Plus se hoofkantoor in Centurion na Pieter Mulder vernoem as erkenning vir sy bydrae tot die party.[2]
In September 2003, kort voor die 2004-verkiesing het die Konserwatiewe Party (KP) en die Afrikaner Eenheidsbeweging (AEB) hulle aan die sy van die Vryheidsfront geskaar. Die Vryheidsfront sou sedertdien as die Vryheidsfront Plus bekend staan. In die 2004-verkiesing het die party se steun toegeneem tot 139 465 stemme of 0,89% van die uitgebragte stemme. Dit het aan die party 4 lede in die Nasionale Vergadering en 1 lid in die Nasionale Raad van Provinsies besorg. Die party het ook verteenwoordiging in 5 van die 9 provinsiale wetgewers.
Die Vryheidsfront Plus word ook nou verbind met die Afrikanergemeenskap van Orania, wat die enigste dorp in Suid-Afrika is met ’n VF-burgemeester, en is voorstanders van die Afrikaner-Volkstaatidee.
Die Vryheidsfront Plus beywer hom daarvoor om die Afrikaner se stem op al die vlakke van regering te verteenwoordig. Die party kan dus nie staat maak op groot getalle stemme nie, omdat die Afrikaner ’n minderheid in Suid-Afrika is. Hulle strategie om resultate te lewer vir die Afrikaner berus eerder in die manier waarop hulle die regerende party nader.
Die party poog ook meganismes buiten gewone politiek te gebruik om Afrikaners te bevoordeel. Dit word gedoen as deel van die party se strategie van “Meer as net opposisie”. ’n Voorbeeld hiervan is die webwerf SA Talent wat Suid-Afrikaners uitnodig om hulle kundigheid op ’n databasis te registreer as ’n alternatief vir die invoer van buitelanders om agteruitgang in die staatsdiens en munisipaliteite te verhoed. Kundige Suid-Afrikaners in Suid-Afrika en die buiteland word volgens die party tans weens regstellende aksie verhinder om dit te doen.[3]
Suksesse van die Vryheidsfront Plus sluit in ’n geding in die Hooggeregshof van Suid-Afrika om Suid-Afrikaners (waaronder baie Afrikaners) wat hulle in die buiteland bevind te laat stem. Die hof het in die VF+ se guns beslis en duisende Suid-Afrikaners het hul stemreg teruggekry en kon in die 2009- en 2014-verkiesings in die buiteland stem.
Op internasionale gebied het die VF+ as organisasie wat die Afrikaner-minderheid verteenwoordig lidmaatskap gekry by UNPO, die Unrepresented Nations and Peoples Organisation, wat staatlose volke verteenwoordig.
Die VF+ het ook ’n groeiende en baie aktiewe jeugvleuel onder leiding van Jan van Niekerk en beheer reeds vir ’n aantal jare die universiteitsrade van Pretoria en Bloemfontein en maak vordering by die universiteit van Potchefstroom asook by verskeie tegniese universiteite.
Die politieke ideologie van die VF+ kan onder die volgende hoofpunte saamgevat word:
Nr. | Beeld | Naam | Termynaanvang | Termyneinde | Notas |
---|---|---|---|---|---|
1 | Constand Viljoen | 1 Maart 1994 | 26 Junie 2001 | Hoof van die Suid-Afrikaanse Leër (1976–1980) Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag (1980–1985) | |
2 | Pieter Mulder | 26 Junie 2001 | 12 November 2016 | Adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye (2009–2014) | |
3 | Pieter Groenewald | 12 November 2016[4] | Lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika sedert 1994 |
Hierdie tabelle toon die verkiesingsuitslae van die Vryheidsfront Plus sedert 1994 se nuwe bedeling in Suid-Afrika:
Verkiesing | Totale stemme | % | Setels | +/— | Regering |
---|---|---|---|---|---|
2019 | 414 844 | 2,38 | 10 | 6 | in opposisie |
2014[5] | 165 715 | 0,90 | 4 | ±0 | in opposisie |
2009 | 146 796 | 0,83 | 4 | ±0 | in opposisie een adjunkminister |
2004 | 139 465 | 0,89 | 4 | 1 | in opposisie |
1999 | 127 217 | 0,80 | 3 | 6 | in opposisie |
1994 | 424 555 | 2,17 | 9 | – | in opposisie grootste opposisieparty, 1994-1996 |
Verkiesing | Oos-Kaap | Vrystaat | Gauteng | KwaZulu-Natal | Limpopo | Mpumalanga | Noordwes | Noord-Kaap | Wes-Kaap | |||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
% | Setels | % | Setels | % | Setels | % | Setels | % | Setels | % | Setels | % | Setels | % | Setels | % | Setels | |
2019 | 0,58% | 1/63 | 3,96% | 1/30 | 3,56% | 3/73 | 0,31% | 0/80 | 1,42% | 1/49 | 2,43% | 1/30 | 4,32% | 2/33 | 2,68% | 1/30 | 1,56% | 1/42 |
2014[5] | 0,31% | 0/63 | 2,10% | 1/30 | 1,20% | 1/73 | 0,20% | 0/80 | 0,69% | 0/49 | 0,82% | 0/30 | 1,72% | 1/33 | 1,09% | 0/30 | 0,55% | 0/42 |
2009 | 0,20% | 0/63 | 2,01% | 1/30 | 1,63% | 1/73 | 0,17% | 0/80 | 0,61% | 0/49 | 0,89% | 0/30 | 1,81% | 0/33 | 1,24% | 0/30 | 0,43% | 0/42 |
2004 | 0,26% | 0/63 | 2,47% | 1/30 | 1,34% | 1/73 | 0,28% | 0/80 | 0,60% | 0/49 | 2,24% | 1/30 | 1,32% | 1/33 | 1,55% | 1/30 | 0,62% | 0/42 |
Verkiesing | Stemme | % |
---|---|---|
2021 | 549 349 | 2,37% |
2016[6] | 307 549 | 0,8% |
2011 | 153 159 | 0,5% |
2006 | 252 253 | 1% |
2000 | 0,1% | |
1995–96 | 230 845 | 2,7% |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Vryheidsfront Plus. |