![]() Vlag |
![]() Wapen |
![]() | |
Hoofstad | Bloemfontein |
Grootste stad | Bloemfontein |
Oppervlakte – Totaal |
Geranglys 3de 129 480 vk km |
Bevolking[1] – Totaal (2011) – Bev.digtheid |
Geranglys 8ste 2 745 590 21 / vk km |
Tale | Suid-Sotho (64,2%), Afrikaans (12,7%), Xhosa (11,5%), Tswana (5,2%), Engels (2,9%), Zoeloe (1,4%) |
Etniese verdeling | Swart mense (87,6%), Wit mense (8,7%), Bruin mense (3,1%), Asiërs (0,4%) |
Premier | Maqueen Letsoha-Mathae (ANC) |
Die Vrystaat (Suid-Sotho: Foreistata, Engels: Free State) is een van die nege provinsies van Suid-Afrika. Sy hoofstad is Bloemfontein wat ook Suid-Afrika se geregtelike hoofstad is.
Op 'n landkaart lyk die Vrystaat nog net soos die ou Boererepubliek van die negentiende eeu, die Oranje-Vrystaat – in die landelike hartland van Suid-Afrika. Maar in die twintigste eeu is sy landelikheid veral in die noorde dramaties verander deur die ontdekking van goud en die vervaardiging van olie uit steenkool. Die ou naam Oranje-Vrystaat is in Junie 1995 tot Vrystaat verkort.
Sien Oranje-Vrystaat
Geen meerderheidstaal
Oppervlakte: Sowat 129 825 km².
Die Vrystaat lê tussen die Oranje- en die Vaalrivier en word omring (kloksgewys van bo af) deur Gauteng, Mpumalanga, KwaZulu-Natal, Lesotho, die Oos-Kaap, die Noord-Kaap en Noordwes. Die provinsie is geleë op die Hoëveld, die groot plato waarop 'n groot deel van die Suid-Afrikaanse binneland lê. In die verre weste is die Vrystaat plat en yl begroei, maar die res van die provinsie word deur uitgebreide grasvlaktes gekenmerk. Die landskap raak heel aanskoulik in die Oos-Vrystaat namate 'n mens die Drakensberge nader.
Daar is 4 distrikte in die provinsie Vrystaat, naamlik:
Die Vrystaat is 'n belangrike mynbou-provinsie in die middel van Suid-Afrika en goud, diamante en steenkool word ontgin. Sintetiese brandstof word in Sasolburg uit steenkool vervaardig. Op die koop toe is die provinsie 'n vername landbousentrum waar 'n groot verskeidenheid van gewasse gekweek word, waaronder mielies, aartappels, sonneblomsaad, koring en sorghum. Die meeste van die land se kersies word in die Ficksburg-gebied geoes; daar vind ook jaarliks 'n kersiefees plaas. Suiwel- en skaapboerdery dra ook grootliks tot die ekonomie by.
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Vrystaat. |
Provinsies van Suid-Afrika | ![]() |
---|---|
Gauteng | KwaZulu-Natal | Limpopo | Mpumalanga | Noord-Kaap | Noordwes | Oos-Kaap | Vrystaat | Wes-Kaap |