Wilhelm Heinrich Wackenroder | |
---|---|
Wilhelm Heinrich Wackenroder | |
Gebore | 13 Julie 1773 Berlyn, Pruise |
Sterf | 13 Februarie 1798 Berlyn, Pruise |
Nasionaliteit | Duits |
Beroep | Regsgeleerde, skrywer |
Wilhelm Heinrich Wackenroder (13 Julie 1773 – 13 Februarie 1798) was 'n Duitse regsgeleerde en skrywer. Saam met Ludwig Tieck en die Schlegel-broers was hy die grondlegger van die Duitse Romantiek.
Wackenroder is in 1773 in Berlyn gebore. Hy was van jongs af tot sy vroeë afsterwe 'n hegte vriend van Tieck. Hulle het saamgewerk aan feitlik alles wat hulle in hierdie tydperk geskryf het. Wackenroder het waarskynlik 'n aansienlike bydrae gelewer tot Tieck se roman Franz Sternbalds Wanderungen (Franz Sternbald se Omswerwinge, 1798), en Tieck tot Wackenroder se invloedryke versameling essays, Herzensergießungen eines kunstliebenden Klosterbruders (Uitstortinge van 'n Kunsliewende Monnik, 1797). Uitstortinge is 'n huldeblyk aan die Renaissance en middeleeuse letterkunde en -kuns, wat aan die milieus 'n gevoel van emosie toeskryf, wat Wackenroder en Tieck van mening was ontbreek het in die Duitse Verligting. Dit was ook die eerste werk wat vir die kuns van die Noordelike Renaissance 'n status gelykstaande aan dié van die Italiaanse Renaissance probeer beding het, ten minste wat betref die kuns van Albrecht Dürer.[1]Uitstortinge het in Duitsland 'n status geniet soortgelyk aan dié van die Lirical Ballads in Engeland, d.w.s. as die eerste werk van die Romantiek.[2]
Wackenroder is in 1798 in Berlyn op die ouderdom van 24 oorlede aan ingewandskoors.
Wackenroder het slegs 'n klein oeuvre nagelaat; Dit is hoofsaaklik teoretiese werke:
Daar is ook 'n aantal filologiese werke, ses reisverslae en talle briewe wat deur Wackenroder nagelaat is.