Willem Johannes Leyds | |
Portret van Willem Leyds deur Jan Veth in 1896 | |
Staatsprokureur van die Zuid-Afrikaansche Republiek
| |
Ampstermyn 13 Oktober 1884 – 10 Januarie 1889 | |
Ampstermyn 10 Januarie 1889 – 31 Mei 1898 | |
Voorafgegaan deur | W.E. Bok |
Opgevolg deur | Francis William Reitz |
Buitengewone Gesant en Gevolmagtigde Minister van die Zuid-Afrikaansche Republiek in Europa
| |
Ampstermyn 1 Junie 1898 – 31 Mei 1902 | |
Voorafgegaan deur | Jhr. G.J.T. Beelaerts van Blokland |
Opgevolg deur | Amp afgeskaf |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Magelang, Nederlands-Indië (nou Indonesië) | 1 Mei 1859
Sterf | 14 Mei 1940 (op 81) Den Haag, Nederland |
Alma mater | Universiteit van Amsterdam |
Religie | Nederduitse Gereformeerde Kerk |
Willem Johannes Leyds (Magelang, Nederlands-Indië, 1 Mei 1859 – Den Haag, Nederland, 14 Mei 1940) was 'n Nederlandse prokureur en staatsman, wat 'n loopbaan as prokureur (1884–1889) en Staatsekretaris (1889–1898) in die Zuid-Afrikaansche Republiek gevolg het. Van 1899 tot 1902, tydens die kritieke periode van die Tweede Vryheidsoorlog, was hy 'n spesiale gesant van die Republiek en Volgemagtigde Minister in Brussel, geakkrediteer by verskillende Europese lande.
Die plek Leydsdorp in Transvaal, in die huidige Suid-Afrikaanse provinsie Limpopo, is na hom genoem.