Willie Marais

Willem Tobias Marais (10 Augustus 192826 Desember 2007) was die leier van Herstigte Nasionale Party sedert 2001.[1]

Marais, 'n sakeman en boer, was een van die vier LP's wat die HNP in 1969 gestig het as 'n ultra-konserwatiewe splintergroep van die Nasionale Party. Hy het vir baie jare gedien as die party se voorsitter tot hy in 2000 partyleier geword het na die dood van Jaap Marais.[1]

Marais het in die hospitaal op Mosselbaai gesterf nadat hy 'n hartaanval gehad het tydens 'n vakansie in Klein-Brakrivier.[1]

Bronne

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 Mail & Guardian, HNP leader Willie Marais dies" Geargiveer 28 Desember 2007 op Wayback Machine, Besoek op 27 Desember 2007.