Willman I | ||||
Soort stelsel | Dwergsterrestelsel / sterreswerm | |||
Sterrebeeld | Groot Beer | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 10h 49m 22,3s | |||
Deklinasie | +51º 03' 03,6" | |||
Skynmagnitude | 15,2 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 120 000 | |||
Skynbare grootte | 15′.2 | |||
Ander name | SDSS J1049+5103 | |||
|
Willman I is ’n dwergsterrestelsel of sterreswerm[1] met ’n besonder lae ligsterkte. Dit is genoem na Beth Willman van die Haverford-kollege, die belangrikste skrywer van ’n studie geskoei op die data van die Sloan Digitale Lugopname.
Dit is ’n elliptiese satellietstelsel van die Melkweg en sowat 120 000 ligjare van die Son af.[2] Dit is naas Segue 3 die dofste sterrestelsel bekend, met ’n absolute magnitude van −2,7.[3] Sy massa is na raming sowat 0,4 miljoen sonmassas, en die verhouding tussen sy ligsterkte en massa is dus sowat 800. Dit beteken Willman I word oorheers deur donker materie.
Sy sterre is ouer as 10 miljard jaar en het ’n baie lae metaalinhoud.
{{cite journal}}
: CS1 maint: ref duplicates default (link)