Y Sagittarii

Y Sagittarii
Sterrebeeld Boogskutter
Spektraaltipe F8II
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 18h 21m 22.99s
Deklinasie -18° 51′ 35.9″
Skynmagnitude (m) 5,76
Absolute magnitude (M) -3,26
B-V-kleurindeks  0,82[1]
Besonderhede
Massa (M) 2,3
Radius (R) 24
Ligsterkte (L) 700
Ouderdom (jaar) 330 miljoen[2]
Temperatuur (K) 6 100[2]
Afstand (ligjaar) 293
Metaalinhoud [Fe/H] -0,02[3]
Eienskappe
Veranderlikheid Cepheïed[1]
Ander name
57 G. Sgr, BD−18° 4926, HD 168608, HIP 89968, HR 6863[1]
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Y Sagittarii is ’n veranderlike ster in die sterrebeeld Boogskutter (Sagittarius). Dit is ’n Cepheïed met ’n skynbare magnitude van 5,77 en is die derde helderste ster in die sterrebeeld, naas X Sagittarii en W Sagittarii. Dit is sowat 1 293 ligjare van die Son af.

Eienskappe

[wysig | wysig bron]

Y Sagittarii se skynbare magnitude wissel in ’n periode van 5,7736 dae tussen 5,25 en 6,24. Sy sterreklassifikasie is F8II en sy effektiewe temperatuur 5 370 K. Sy radius is 50 keer dié van die Son en sy massa ses keer die Son s’n. Dit het ’n rotasiespoed van 16 km/s en ’n metaalinhoud soortgelyk aan die Son s’n: sowat 0,05. Daar is ’n effens oorvloed van koper, sink, yttrium en natrium – omtrent dubbel soveel as in die Son ([Na/H] = 0,27).[4]

Dubbelster

[wysig | wysig bron]

Daar is getuienis dat Y Sagittarii ’n spektroskopiese dubbelster kan wees. ’n Wentelperiode van 10 000 tot 12 000 dae is vir die stelsel voorspel.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 "V* Y Sgr". Simbad. Centre de données astronomiques de Strasbourg. Besoek op 2012-09-17
  2. 2,0 2,1 "HIP 89968", Wolfram Alpha, http://www.wolframalpha.com/input/?i=HIP+89968, besoek op 2012-09-17 
  3. "Y Sagittarii, a white bright giant star in Sagittarius", Ashland Astronomy Studio, archived from the original on 2019-06-18, https://web.archive.org/web/20190618105753/http://www.astrostudio.org/xhip.php%3Fhip%3D89968, besoek op 2012-09-18 
  4. J., Duncan (August 2013), "Changes in the spectrographic elements of Y Sagittarii", Astrophysical Journal 56: 340–341, doi:10.1086/142708, Bibcode1922ApJ....56..340D. 

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]