Yahya Jammeh | |
Yahya Jammeh in 2014 | |
2de President van die Gambië
| |
Ampstermyn 22 Julie 1994 – 21 Januarie 2017 | |
Vise | Isatou Njie-Saidy |
---|---|
Voorafgegaan deur | Dawda Jawara |
Opgevolg deur | Adama Barrow |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Yahya Abdul-Aziz Jammeh 25 Mei 1965 Kanilai, Gambië |
Politieke party | Alliansie vir Patriotiese Heroriëntasie en Konstruksie |
Eggenoot/-note | Zeinab Soumah Alima Sallah (moontlik geskei) Tuti Faal (1994–98; geskei) |
Kind(ers) | 2 |
Alma mater | Western Hemisphere Institute for Security Cooperation |
Religie | Soenni-Islam |
Militêre diens
| |
Lojaliteit | Gambië |
Diens/Tak | Gambiese Nasionale Weermag |
Jare in diens | 1984–1996 |
Rang | Kolonel |
Yahya A.J.J. Jammeh Balili Mansa, gebore 25 Mei 1965 in die dorp Kanilai in die Foni Kansala-distrik,[1] was 22 jaar lank president van Gambië. Op 21 Januarie 2017 het hy in Ekwatoriaal-Guinee in ballingskap gegaan.
Yahya Jammeh is getroud met Zineb Yahya Jammeh en het twee kinders Mariam en Muhammed Jammeh.[1] Hy het 'n tweede vrou Alima Sallah, maar sy het nie die titel van Eerste Dame gekry nie.[2]
Op 1 April 1984 tree hy in diens van die Nasionale Gendarmerie van Gambië en word in 1987 'n offisier. In 1993 ontvang hy militêre opleiding in Port McClellan in Alabama (VS) en word op 28 Augustus 1996 'n kolonel in die leër.[1]
In 1994 voer hy as 29-jarige luitenant 'n staatsgreep uit en word president van Gambië. Later het hy vier keer 'n verkiesing met verskeie partye gewen. Die laaste een in 2011 is egter nie deur die leiers van die Ecowas-state erken nie, omrede daar "intimidasie en onderdrukking" plaasgevind het. In 2013 het hy sy land uit die Britse Statebond onttrek, wat sy isolasie net versterk het. Hy het Engels as die amptelike taal afgeskaf en dit met Arabies vervang.[3] Hy het toe ook verklaar dat sy lot net in die hande van Allah was en dat hy 'n miljard jaar sou regeer.[2]
In Desember 2016 het hy egter 'n nuwe verkiesing verloor. Aanvanklik het hy sy aftog erken, maar later het hy geweier om die mag oor te dra. Op 20 Januarie is die nuwe president Barrow in die Gambiese ambassade in Senegal beëdig en het Ecowas-magte Gambië binnegeval. Yahya is toe ná onderhandelings in ballingskap gedwing. Sy opvolger Barrow het gemeld dat hy die staatskoffers leeg agtergelaat het.[4]
Die ECOWAS-magte het nouliks teenstand ondervind omrede die hoof van die Gambiese leër Ousman Badjie sy trou aan Barrow verklaar het. In Ekwatoriaal-Guinee het die opposisieparty Convergence for Social Democracy (CPDS) Jammeh se aankoms met hoon begroet. Dié land se leier Teodoro Obiang Nguema het ook deur 'n staatsgreep -teen sy oom- aan die mag gekom en is reeds sedert 1979 president. Die land het nie die Statuut van Rome wat die Internasionale Kriminele Hof gestig het, onderteken nie, wat beteken dat Jammeh nie hoef te vrees om vir Misdade teen die Mensdom voor hierdie hof gedaag te word nie.[5]