Yuval Noah Harari (gebore op 24 Februarie 1976) is 'n Israeli geskiedkundige en professor in die Departement van Geskiedenis by die Hebreeuse Universiteit van Jerusalem.[1] Hy is die skrywer van die internasionale topverkopers Sapiens: A Brief History of Humankind (2014), Homo Deus: A Brief History of Tomorrow (2016), en 21 Lessons for the 21st Century (2018). Sy skryfwerk ondersoek vrye wil, bewustheid, en intelligensie.
Harari se vroeëre publikasies handel met wat hy beskryf as die "kognitiewe revolusie" wat rofweg 50 000 jaar gelede plaasgevind het toe Homo sapiens hul mededinger, die Neanderdallers verdring het, en taalvaardighede en gestruktureerde samelewingstrukture begin ontwikkel het asook opgang gemaak het as apeksroofdiere. Die ontwikkeling was aangehelp deur die landbourevolusie en meer onlangs versnel deur die wetenskaplike metodologie en rasionalisme wat mense toegelaat het om hul omgewing so te sê te oorheers.
Sy onlangse boeke is meer omsigtig, en werk deur die gevolge van 'n futuristiese biotegnologiese wêreld waar intelligente biologiese organismes verdring word deur hul eie skeppings. Hy het ook gesê "Homo sapiens soos ons hulle ken, sal in 'n eeu of so verdwyn".[2]
Harari was in 1976 in Kiryat Ata, Israel, gebore en het grootgeword in 'n sekulêre Joodse gesin[3] met Libanese en Oos-Europese wortels in Haifa, Israel.[4] Harari is openlik homoseksueel[2] en in 2002 het hy sy eggenoot Itzik Yahav, wat hy "my internet van alle dinge" noem, ontmoet.[5][6] Yahav is ook Harari se persoonlike bestuurder.[7] Hulle is getroud tydens 'n burgerlike seremonie in Toronto, Kanada.[8] Die paartjie woon in 'n moshav ('n tipe koöperatiewe landbougemeenskap van indiwiduele plase) genaamd Mesilat Zion, naby Jerusalem.[9][10][11]
Harari het by geleentheid gesê dat Vipassana-meditasie, waarmee hy in die jaar 2000 begin het toe hy nog by Oxford was,[12]"my lewe getransformeer het".[5] Hy oefen elke dag vir twee ure (een uur aan die begin, en een uur aan die einde van sy werksdag)[13]), en onderneem elke jaar vir dertig dae of meer 'n "meditatiewe vakansie" in stilte, met geen indringing van boeke of sosiale media nie,[14][15][16] en is 'n assistentmeditasie-instrukteur.[17] Hy het sy boek Homo Deus gewy aan "my onderwyser, S. N. Goenka, wat my op liefderike wyse belangrike dinge geleer het," en hy het ook gesê: "Ek sou nie hierdie boek kon skryf sonder die fokus, vrede en insig wat verkry is deur die oefen van Vipassana vir die afgelope vyftien jaar nie."[18] Hy beskou meditasie ook as 'n weg tot navorsing.[16]
Harari is 'n vegetariër en het ook gesê dat dit die gevolg was van sy navorsing, insluitende sy oortuiging dat die suiwelbedryf die band tussen die koei en haar kalf breek.[4][19] Van Januarie 2019 af maak hy nie meer gebruik van 'n slimfoon nie.[20]
Hy het verskeie boeke en artikels gepubliseer, insluitende (in Engels) Special Operations in the Age of Chivalry, 1100–1550;[22]The Ultimate Experience: Battlefield Revelations and the Making of Modern War Culture, 1450–2000;[23]The Concept of 'Decisive Battles' in World History;[24] en Armchairs, Coffee and Authority: Eye-witnesses and Flesh-witnesses Speak about War, 1100–2000.[25] Hy spesialiseer nou in wêreldgeskiedenis en makro-historiese prosesse.
Sy boek Sapiens: A Brief History of Humankind was in 2001 in Hebreeus gepubliseer en 2014 in Engels gepubliseer. Die werk is sedertdien in vyf-en-veertig bykomende tale vertaal.[26] Die boek neem die gehele lengte van menslike geskiedenis in oënskou, en dek die evolusie van Homo sapiens in die Steentydperk tot by die politiese en tegnologiese revolusies van die 21ste eeu. Die Hebreeuse uitgawe was 'n topverkoper in Israel, en het baie belangstelling by die algemene publiek gewek, en het Harari in 'n kits van 'n onbekende persoon in 'n glanspersoonlikheid verander.[27] YouTube-videosnitte van Harari se lesings in Hebreeus, oor die geskiedenis van die wêreld, is al deur tienduisende Israelis gekyk.[28]
Harari gee ook gratis aanlyn-kursusse in Engels getiteld A Brief History of Humankind.
Harari se boek Homo Deus: A Brief History of Tomorrow was in 2016 gepubliseer, en ondersoek die moontlikhede van die toekoms van Homo sapiens.[29] Die boek se uitgangspunt handel daaroor dat die mensdom in die toekoms waarskynlik 'n wesenlike poging tot die verkryging van geluk, onsterflikheid en veral die verkryging van godagtige magte gaan maak.[30] Die boek gaan voort om op openlike wyse te spekuleer oor verskillende maniere waarop hierdie ambisieuse strewes in die toekoms vir Homo Sapiens verwerklik kan word, gebaseer op realiteite en werklikhede van die verlede en die toekoms. Harari ontwikkel onder andere daarin 'n term vir 'n filosofie of verstandhouding wat die "aanbidding" van groot data behels.[31][32]
Harari se mees onlangse boek is getiteld 21 Lessons for the 21st Century en fokus op meer alledaagse sake.[33][34][35] Dit is op 30 Augustus 2018 gepubliseer.[36][37] In Hoofstuk 2 bespreek hy die toenemende getal mense wat werkloos gelaat word deur vooruitgang in outomatisering en Kunsmatige intelligensie. Hy ondersoek ook die idee van 'n basiese inkomste en/of universele inkomste vir elke burger nieteenstaande hulle werkstatus as 'n middel om ekonomiese werkloosheid aan te spreek.
Harari stel belang in die wyse waarop Homo sapiens hulle huidige toestand bereik het, en in hul toekoms. Sy navorsing fokus op makro-historiese vrae soos: Wat is die verhouding tussen geskiedenis en biologie? Wat is die essensiële verskil tussen Homo sapiens en ander diere? Beskik geskiedenis oor 'n rigting? Het mense gelukkiger geword soos wat geskiedenis ontvou het?
Harari beskou ontevredenheid as die die "wortel" van menslike realiteit, en ook ten opsigte van die wyse waarop dit in verband staan met evolusie .[6]
In 'n 2017 artikel het Harari geargumenteer dat daar "dat daar dalk teen 2050 'n nuwe klas mense sal ontstaan - die nuttelose klas. Mense wat nie slegs werkloos wees nie, maar onindiensneembaar, as gevolg van groterwordende tegnologiese vooruitgang en vooruitgang wat betref die veld van Kunsmatige intelligensie (KI)."[38] Hy het gepostuleer dat deur op ekonomiese, maatskaplike en politiese wyse met hierdie nuwe maatskaplike klas te handel, 'n sentrale uitdaging vir die mensdom in die komende dekades sal wees.[39]
Harari het kommentaar gelewer op die penarie van diere, en veral die van troeteldiere sedertdien die aanvang van die landbouomwenteling. Harari is ook 'n vegetariër. [4] Harari het sy oogpunte oor die wêreld as volg opgesom tydens 'n 2018 onderhoud[40] met Steve Paulson van Nautilus : "Dinge is beter as tevore, maar dit is egter steeds nogal sleg. Dit kan vererger. Dit kom neer op 'n ietwat optimistiese oogpunt, want indien jy besef dat dinge beter is as tevore, beteken dit dat 'n mens dit selfs beter kan maak. "
Harari het geskryf dat die idee van die vrye wil, en die liberale waardes wat dit help konsolideer het, "mense aangemoedig het wat teen die Inkwisisie, die goddelike regte van konings, en die KGB moes veg," maar dit het egter gevaarlik begin raak in 'n wêreld wat beskik oor 'n dataekonomie, waar, soos sy argument lui, daar in realiteit nie so iets bestaan nie, en regerings en korporasies die individu beter begin ken as wat hulle hulself ken, en "indien regerings en korporasies daarin slaag om die menslike dier te kaap, die maklikste mense om te manipuleer die sal wees wat in vrye wil glo."[41] Harari brei verder uit dat "Mense sekerlik oor 'n wil beskik - maar dit is nie "vry" nie. Jy kan nie besluit welke versugtinge jy oor beskik nie...Elke keuse hang af van 'n klomp biologiese, maatskaplike en persoonlike omstandighede wat jy nie namens jouself kan vasstel nie. Ek kan kies wat om te eet, wie om mee te trou en vir wie om te stem, maar hierdie keuses word deels bepaal deur my gene, my biochemiese samestelling, my geslag, my familie agtergrond, my kultuur, ens - en ek kies nie welke gene of familie ek het nie."[41]
Harari het reeds twee keer (in 2009 en 2012) die Polonsky-prys gewen vir "Kreatiwiteit en Oorspronklikheid". In 2011 het hy die Genootskap vir Militêre Geskiedenis se Moncado-toekenning vir uitsonderlike artikels in militêre geskiedenis gewen. In 2012 was hy verkies tot die Jong-Israeli Akademie van Wetenskappe.
The Ultimate Experience: Battlefield Revelations and the Making of Modern War Culture, 1450–2000 (Houndmills: Palgrave-Macmillan, 2008),[42]ISBN 978-023-058-388-7
Special Operations in the Age of Chivalry, 1100–1550 (Woodbridge: Boydell & Brewer, 2007), ISBN 978-184-383-292-8
Renaissance Military Memoirs: War, History and Identity, 1450–1600 (Woodbridge: Boydell & Brewer, 2004), ISBN 978-184-383-064-1
"The Military Role of the Frankish Turcopoles – a Reassessment", Mediterranean Historical Review 12 (1) (Junie 1997), bls. 75–116.
"Inter-Frontal Cooperation in the Fourteenth Century and Edward III’s 1346 Campaign", War in History 6 (4) (September 1999), bls. 379–395
"Strategy and Supply in Fourteenth-Century Western European Invasion Campaigns", The Journal of Military History 64 (2) (April 2000), bls. 297–334.
"Eyewitnessing in Accounts of the First Crusade: The Gesta Francorum and Other Contemporary Narratives", Crusades 3 (Augustus 2004), pp. 77–99
"Martial Illusions: War and Disillusionment in Twentieth-Century and Renaissance Military Memoirs", The Journal of Military History 69 (1) (Januarie 2005), pp. 43–72
"Military Memoirs: A Historical Overview of the Genre from the Middle Ages to the Late Modern Era", War in History 14:3 (2007), bls. 289–309
"The Concept of ‘Decisive Battles’ in World History", The Journal of World History 18 (3) (2007), 251–266
"Knowledge, Power and the Medieval Soldier, 1096–1550", in In Laudem Hierosolymitani: Studies in Crusades and Medieval Culture in Honour of Benjamin Z. Kedar, ed. Iris Shagrir, Ronnie Ellenblum and Jonathan Riley-Smith, (Ashgate, 2007)
"Combat Flow: Military, Political and Ethical Dimensions of Subjective Well-Being in War", Review of General Psychology (September 2008)[42]
Introduction to Peter Singer's Animal Liberation, The Bodley Head, 2015.
"Armchairs, Coffee and Authority: Eye-witnesses and Flesh-witnesses Speak about War, 1100-2000", Journal of Military History 74:1 (gennaio, 2010), bls. 53-78.
↑Yuval Noah Harari, Special Operations in the Age of Chivalry, 1100–1550 (Woodbridge: Boydell & Brewer, 2007)
↑Yuval Noah Harari, The Ultimate Experience: Battlefield Revelations and the Making of Modern War Culture, 1450–2000 (Houndmills: Palgrave-Macmillan, 2008)
↑Yuval Noah Harari, The Concept of 'Decisive Battles' in World History, in Journal of World History 18:3 (2007), 251–266.
↑Yuval Noah Harari, "Armchairs, Coffee and Authority: Eye-witnesses and Flesh-witnesses Speak about War, 1100–2000", The Journal of Military History 74:1 (Januarie 2010), bls. 53–78.