Zhang Qian | |
---|---|
Die reis van Zhang Qian | |
Gebore | 張騫 164 v.C. |
Sterf | 114 v.C. China |
Nasionaliteit | China |
Beroep | Ontdekkingsreisiger |
Zhang Qian (Chinees: 張騫, pinyin: Zhāng Qiān, Wade-Giles: Chang Ch’ien; 164 v.C. – 114 v.C.) was 'n Chinese diplomaat en reisiger.
In 138 v.C. word hy deur keiser Wudi na die weste gestuur om betrekkings met die Dayuezhi aan te knoop. Die keiser wil hulle as bondgenote teen die Xiongnu (die Hunne), maar Zhang Qian word deur die Xiongnu gevat en bly 10 jaar in hulle gevangeskap.[1] Die Groot Khan gee vir hom 'n vrou en later kry hy meer vryheid.[2]
Toe ontsnap hy met sy mans en bereik Dayuan (Ferghana), Kangu (Kangar) en Daxia (Baktrië).[1] Dit blyk dat die yuezhi verder na die weste getrek het, maar Zhang Qian is baie onder die indruk van die jade, druiwe, wyn en die pragtige perde wat hy aantref. Sy gashere het groot belangstelling vir die sy wat net China vervaardig.[2]
Op die terugreis raak hy opnuut 'n jaar in gevangeskap van die Xiongnu. Daar ontstaan egter verwarring onder die Xiongnu en Zhang Qian kan opnuut ontsnap en bereik die keiserlike hoofstad Chang'an.[1]
In 119 v.C. stuur die keiser hom opnuut na die weste en hy knoop diplomatieke betrekkings met Wusun aan. Zhang Qian word gesien as 'n pionier van die Syroete wat China in staat gestel het handel met die weste, soos Indië en die Romeine dryf.[1]