Kalenders
|
|
Adam Smith
|
|
Die jaar 1776 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 76ste jaar van die 18de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
- 15 April – Pous Pius VI stel Luigi Valenti Gonzaga, titulêr aartsbiskop van Cesarea en Giovanni Archinto, titulêr aartsbiskop van Filippo, aan as kardinale.
- Mei – Adam Smith se bekende werk An Inquiry into the Nature and Causes of the Wealth of Nations of te wel Wealth of Nations word die eerste keer gepubliseer.
- 20 Mei – Pous Pius VI stel Guido Calcagnini, biskop van Osimo en Cingoli en Angelo Maria Durini, titulêr aartsbiskop van Ancira, president van Avignon, aan as kardinale.
- 29 Junie – Stigting van San Francisco deur die Spaanse Fransiskaner-orde as San Francisco de Asís, vernoem ná die heilige Frans van Assisi.
- 2 Julie – Nadat hy die heel nag gery het, kom Caesar Rodney net betyds om die beslissende stem te gee vir die aanvaarding van die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring.
- 4 Julie – Amerikaanse onafhankliheidsverklaring word aanvaar.
- 25 Desember – Slag van Trenton: George Washington steek die Delawarerivier oor en oorwin die Hesse.