Kalenders
|
|
Paul Revere
|
|
Die jaar 1818 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 18de jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
- (onbekend) – Kreli, Xhosaopperhoof en seun van Hintsa († 1893).
- 10 Januarie – Prof. Dirk Postma, Suid-Afrikaanse teoloog († 1890).
- 2 Februarie – Jan Lambrecht Domien Sleeckx, Vlaamse skrywer († 1901).
- 11 Maart – Marius Petipa, Russiese en Franse balletdanser, pedagoog en choreograaf († 1910).
- 8 April – Christiaan IX, koning van Denemarke († 1906).
- 29 April – Aleksander II van Rusland, tsaar van Rusland († 1881).
- 5 Mei – Karl Marx, Duitse filosoof († 1883).
- 16 Mei – Willem Cornelis Janse van Rensburg, 2de President van die Zuid-Afrikaansche Republiek († 1865).
- 17 Junie – Charles Gounod, Franse komponis († 1893).
- 1 Julie – Ignaz Semmelweis, Hongaarse arts († 1865).
- 30 Julie – Emily Brontë, Engelse skrywer en outeur van die roman Wuthering Heights († 1848).
- 10 November – Peter Frans van Kerckhoven, Vlaamse skrywer en een van die leiers van die vroeë Vlaamse Taalbeweging († 1857).
- 24 Desember – James Prescott Joule, Engelse fisikus († 1889).