76ste Golden Globe-aand
| ||
Datum | 6 Januarie 2019 | |
Plek | The Beverly Hilton in Beverly Hills, Kalifornië | |
Aanbieder | Sandra Oh Andy Samberg[1] | |
Beste rolprente en reekse | ||
Rolprent | Bohemian Rhapsody (drama) Green Book (komedie of musiekspel) | |
TV-reeks | The Americans (drama) The Kominsky Method (musiek of komedie) | |
Minireeks of TV-prent | The Assassination of Gianni Versace: American Crime Story | |
Meeste pryse | Green Book (3) | |
Meeste benoemings | Vice (6) |
Die 76ste Golden Globe-toekenningsaand vir die beste rolprente en televisieprogramme van 2018, soos deur die Hollywood Foreign Press Association gekies is, op 6 Januarie 2019 in The Beverly Hilton in Beverly Hills, Kalifornië gehou.[2] Die aanbieders was die akteurs Sandra Oh en Andy Samberg.[1]
Die benoemdes is op 6 Desember 2018 aangekondig.[2][3] ’n Nuwe niemededingende prys, die Carol Burnett-prys, is vir die eerste keer toegeken met Carol Burnett self wat die eerste ontvanger daarvan was.[4]
Green Book het die meeste pryse (3) gewen, insluitende die Golden Globe vir die beste rolprent – musiek of komedie. Bohemian Rhapsody en Roma het elk twee pryse gewen. In die televisieafdeling het The Kominsky Method en The Assassination of Gianni Versace: American Crime Story die meeste pryse (2 elk) gewen.[5] Jeff Bridges het die Cecil B. DeMille-prys ontvang vir sy lewenslange bydrae tot die vermaakbedryf.[6]
Die wenners word eerste en in vet druk genoem, gevolg deur die ander benoemdes.