85ste Oscar-toekenningsaand

  85ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 24 Februarie 2013
Plek Dolby-teater, Hollywood
Aanbieder Seth MacFarlane
Pryse & benoemings
Beste rolprent  Argo
Meeste pryse  Life of Pi (4)
Meeste benoemings  Lincoln (12)

Die 85ste Oscar-toekenningsaand is op 24 Februarie 2013 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Hollywood gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 2012. Seth MacFarlane was die aanbieder.

Life of Pi het vier Oscars gewen, waaronder beste regisseur vir Ang Lee.[1] Argo het drie pryse gewen, waaronder beste prent. Dit was net die derde prent wat die Oscar vir beste prent gewen het sonder dat sy regisseur benoem is.[1] Les Misérables het drie pryse gewen, en Django Unchained, Lincoln en Skyfall twee elk.

’n Verrassende wending was dat die eerste dame van Amerika, Michelle Obama, haar verskyning via satelliet gemaak en die Oscar vir beste prent saam met Jack Nicholson aangekondig het. Die vervaardigers het maande vooraf op die idee gekom en sou Ann Romney genooi het as haar man, Mitt Romney, Barack Obama sou verslaan het tydens die presidentsverkiesing van 2012. Die redes was dat hulle ’n nuwe dimensie tot die seremonie wou toevoeg en dat verskeie benoemde prente oor presidente en politieke temas gehandel het.[2] Mev. Obama se verskyning het egter kritiek onder sommige mense ontlok wat haar daarvan beskuldig het dat sy die Oscars verpolitiseer het.[3]

Pryse

[wysig | wysig bron]

Hier volg ’n lys van die belangrikste wenners en benoemdes (die wenners word eerste genoem en is in vet druk):[4]

Beste rolprent Beste regisseur
  • Argo – Grant Heslov, Ben Affleck, George Clooney
    • Amour – Margaret Menegoz, Stefan Arndt, Veit Heiduschka, Michael Katz
    • Beasts of the Southern Wild – Dan Janvey, Josh Penn, Michael Gottwald
    • Django Unchained – Stacey Sher, Reginald Hudlin, Pilar Savone
    • Les Misérables – Tim Bevan, Eric Fellner, Debra Hayward, Cameron Mackintosh
    • Life of Pi – Gil Netter, Ang Lee, David Womark
    • Lincoln – Steven Spielberg, Kathleen Kennedy
    • Silver Linings Playbook – Donna Gigliotti, Bruce Cohen, Jonathan Gordon
    • Zero Dark Thirty – Mark Boal, Kathryn Bigelow, Megan Ellison
  • Ang Lee – Life of Pi
    • Michael Haneke – Amour
    • David O. Russell – Silver Linings Playbook
    • Steven Spielberg – Lincoln
    • Benh Zeitlin – Beasts of the Southern Wild
Beste akteur Beste aktrise
Beste manlike byspeler Beste vroulike byspeler
Beste oorspronklike draaiboek Beste verwerkte draaiboek
  • Django Unchained – Quentin Tarantino
    • Amour – Michael Haneke
    • Flight – John Gatins
    • Moonrise Kingdom – Wes Anderson, Roman Coppola
    • Zero Dark Thirty – Mark Boal
  • Argo – Chris Terrio van The Master of Disguise deur Tony Mendez & The Great Escape deur Joshuah Bearman
    • Beasts of the Southern Wild – Lucy Alibar, Benh Zeitlin van Juicy and Delicious deur Lucy Alibar
    • Life of Pi – David Magee van Life of Pi deur Yann Martel
    • Lincoln – Tony Kushner van Team of Rivals: The Political Genius of Abraham Lincoln deur Doris Kearns Goodwin
    • Silver Linings Playbook – David O. Russell van The Silver Linings Playbook deur Matthew Quick
Beste animasieprent Beste buitelandse rolprent
  • Brave – Mark Andrews, Brenda Chapman
    • Frankenweenie – Tim Burton
    • ParaNorman – Sam Fell, Chris Butler
    • The Pirates! Band of Misfits – Peter Lord
    • Wreck-It Ralph – Rich Moore
Beste oorspronklike musiek Beste oorspronklike liedjie
  • "Skyfall" uit Skyfall – Adele, Paul Epworth
    • "Before My Time" uit Chasing Ice – J. Ralph
    • "Everybody Needs a Best Friend" uit Ted – Walter Murphy, Seth MacFarlane
    • "Pi's Lullaby" uit Life of Pi – Mychael Danna, Bombay Jayashri
    • "Suddenly" uit Les Misérables – Claude-Michel Schönberg, Herbert Kretzmer, Alain Boublil
Beste kunsredigering Beste kinematografie
  • Lincoln – Rick Carter, Jim Erickson
    • Anna Karenina – Sarah Greenwood, Katie Spencer
    • The Hobbit: An Unexpected Journey – Dan Hennah, Ra Vincent, Simon Bright
    • Les Misérables – Eve Stewart, Anna Lynch-Robinson
    • Life of Pi – David Gropman, Anna Pinnock
  • Life of Pi – Claudio Miranda
    • Anna Karenina – Seamus McGarvey
    • Django Unchained – Robert Richardson
    • Lincoln – Janusz Kamiński
    • Skyfall – Roger Deakins
Beste rolprentredigering Beste visuele effekte
  • Argo – William Goldenberg
    • Life of Pi – Tim Squyres
    • Lincoln – Michael Kahn
    • Silver Linings Playbook – Jay Cassidy, Crispin Struthers
    • Zero Dark Thirty – Dylan Tichenor, William Goldenberg
  • Life of Pi – Bill Westenhofer, Guillaume Rocheron, Erik-Jan de Boer, Donald R. Elliott
    • The Hobbit: An Unexpected Journey – Joe Letteri, Eric Saindon, David Clayton, R. Christopher White
    • The Avengers – Janek Sirrs, Jeff White, Guy Williams, Dan Sudick
    • Prometheus – Richard Stammers, Trevor Wood, Charley Henley, Martin Hill
    • Snow White and the Huntsman – Cedric Nicolas-Troyan, Philip Brennan, Neil Corbould, Michael Dawson

Erepryse

[wysig | wysig bron]
  • Hal Needham
  • D.A. Pennebaker
  • George Stevens jr.

Jean Hersholt- Humanitêre Prys

[wysig | wysig bron]
  • Jeffrey Katzenberg

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 "Oscar winners at the 85th annual Academy Awards" (in Engels). Fox News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2016. Besoek op 25 Februarie 2013.
  2. Zeitchik, Steven (25 Februarie 2013). "Michelle Obama on the Oscars: The behind-the-scenes story". Los Angeles Times. Besoek op 4 Maart 2013.
  3. Goodman, Lee-Ann (26 Februarie 2013). "Michelle Obama's Oscar appearance ignites right-wing outrage". Calgary Herald. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Februarie 2013. Besoek op 28 Februarie 2013.
  4. "The 85th Academy Awards (2013) Nominees and Winners". Academy of Motion Picture Arts and Sciences (in Engels). AMPAS. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2014. Besoek op 22 September 2013.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]