A300-600ST Beluga | |
---|---|
'n Airbus Beluga in vlug in die ou Airbuskleurskema. | |
Tipe | Vragvliegtuig |
Vervaardiger | Airbus |
Nooiensvlug | 13 September 1994 |
Vrygestel | September 1995 |
Status | Beperkte produksie, in diens |
Hoofgebruiker | Airbus Transport International |
Vervaardig | 2010–tans |
Aantal gebou | 5 |
Ontwikkel van | Airbus A300-600 |
Die Airbus A300-600ST (Super Transporter), beter bekend as die Airbus Beluga, is 'n gewysigde weergawe van die standaard A300-600 wyerompvliegtuig wat gebruik word om vliegtuigonderdele en ekstra groot vrag te dra.
Verskeie groot vliegtuigvervaardigers is multinasionale maatskappye, en dit is nie ongewoon dat hulle verskeie fabrieke ver uitmekaar lê nie. Airbus is uniek in die sin dat dit 'n konsortium van die groot Britse, Franse, Duitse en Spaanse lugvaartmaatskappye is. Die geografiese ligging van Airbusproduksie word nie net beïnvloed deur koste en gerief nie; dit is ook 'n saak van lugvaartgeskiedenis en nasionale belang. Elkeen van die Airbusvennote maak 'n hele vliegtuigseksie, wat dan na 'n sentrale punt vir die finale montering vervoer moet word. Die besonderhede verskil van die een Airbusmodel na die volgende, maar gewoonlik word die vlerke en landingsonderstel in die Verenigde Koninkryk, die stert en deure in Spanje, die romp in Duitsland, en die neus en sentrum-afdeling in Frankryk gemaak. Die finale montering vind dan óf in Toulouse, Frankryk; Hamburg, Duitsland; of Seville, Spanje plaas.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |