Alexander De Croo | |
De Croo in 2022 | |
Eerste minister van België
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 1 Oktober 2020 | |
Monarg | Filip van België |
---|---|
Voorafgegaan deur | Sophie Wilmès |
Minister van Finansies
| |
Ampstermyn 9 Desember 2018 – 1 Oktober 2020 | |
Eerste minister | Charles Michel Sophie Wilmès |
Voorafgegaan deur | Johan Van Overtveldt |
Opgevolg deur | Vincent Van Peteghem |
Adjunk-eerste minister van België
| |
Ampstermyn 22 Oktober 2012 – 1 Oktober 2020 | |
Eerste minister | Elio Di Rupo Charles Michel Sophie Wilmès |
Voorafgegaan deur | Vincent Van Quickenborne |
Opgevolg deur | Vincent Van Quickenborne |
Minister van Pensioene
| |
Ampstermyn 22 Oktober 2012 – 11 Oktober 2014 | |
Eerste minister | Elio Di Rupo |
Voorafgegaan deur | Vincent Van Quickenborne |
Opgevolg deur | Daniel Bacquelaine |
Leier van die Open Vld
| |
Ampstermyn 12 Desember 2009 – 22 Oktober 2012 | |
Vise | Vincent Van Quickenborne Patricia Ceysens |
Voorafgegaan deur | Guy Verhofstadt (waarnemend) |
Opgevolg deur | Guy Verhofstadt (waarnemend) |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 13 November 1975 Vilvoorde, Vlaandere, België |
Politieke party | Open Vld |
Eggenoot/-note | Annik Penders |
Kind(ers) | 2 |
Alma mater | Vrye Universiteit van Brussel Noordwestelike Universiteit |
Alexander De Croo (gebore 3 November 1975 in Vilvoorde) is 'n Belgiese politikus van die Open Vlaamse Liberalen en Democraten (Open Vld). Hy het as die partyvoorsitter van 2009 tot 2012 gedien. De Croo was van 2012 tot 2020 België se adjunk-premier. Hy was ook minister van Ontwikkelingsamewerking, Pensioene en Finansies gewees.
De Croo is op 3 November 1975 in Vilvoorde in Vlaams-Brabant gebore.[1] Hy is een van twee kinders van die politikus en minister van buitelandse sake Herman De Croo en sy vrou Françoise Desguin.[2] In 1998 het hy 'n graad in besigheidsingenieurswese aan die Vrye Universiteit van Brussel ontvang. Hy het in 2004 sy meestersgraad in besigheidsadministrasie van die Noordwestelike Universiteit in Illinois ontvang. De Croo het in 1999 'n projekleier by Boston Consulting Group geword. In 2006 het hy 'n nuwe maatskappy genaamd Darts-ip gestig.[3]
In 2009 was hy 'n kandidaat vir die Europese Parlement. Hy het meer as 47 000 stemme ontvang.[4] Op 12 Desember 2009 is hy tot die leierskap van die Open Vlaamse Liberalen en Democraten verkies.[5] Sy verkiesing is as merkwaardig beskou aangesien hy byna geen vorige ervaring as 'n politikus gehad het nie.[6][7]
Vyf maande nadat hy tot partyleier verkies is, het De Croo gedreig om die Open VLD uit die regerende koalisie te onttrek as daar geen oplossing vir die grondwetlike dispuut in die Brussel-Halle-Vilvoorde-stemkwessie was nie. Die party het die regering verlaat en premier Yves Leterme het die kabinet se bedanking aangekondig. Dit is op 26 April 2010 deur koning Albert II aanvaar.[8] Tydens die 2010-senaatsverkiesing het De Croo meer as 301 000 stemme behaal, die derde meeste in die Nederlandssprekende kiesafdeling.[4] Hy het tot 22 Oktober 2012 as 'n senator gedien.[9]
De Croo het op 22 Oktober 2012 vir Vincent Van Quickenborne as minister van pensioene en adjunk-eerste minister opgevolg nadat Van Quickenborne bedank het om burgemeester van Kortrijk te word.[10][11] In Desember is Gwendolyn Rutten as die nuwe voorsitter van Open VLD verkies.[12] In 2014 is hy as Minister van Ontwikkelingsamewerking, Digitale Agenda, Telekommunikasie en Posdienste aangewys.[13][14] Hy is in 2018 tot Minister van Finansies bevorder.
Op 1 Oktober 2020 is De Croo as eerste minister ingehuldig.[15]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
Voorafgegaan deur Sophie Wilmès |
Eerste minister van België 2020–nou |
Opgevolg deur ... |