Antonio Banderas | |
![]() | |
Antonio Banderas in 2014
| |
Geboortenaam | José Antonio Domínguez Banderas |
---|---|
Geboorte | 10 Augustus 1960 Málaga |
Nasionaliteit | Spaans |
Lewensmaat | Ana Leza (tot 1996) Melanie Griffith (tot 2015) |
Kinders | Stella del Carmen Banderas Griffith |
Beroep(e) | Akteur, sanger |
Aktiewe jare | 1982-nou |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
José Antonio Domínguez Banderas (gebore 10 Augustus 1960) is 'n Spaanse filmakteur[1] en sanger. Hy begin sy loopbaan as akteur in 'n reeks rolprente van die regisseur Pedro Almodóvar en verskyn daarna in 'n aantal hoë-profiel Hollywood-films, insluitend Ballistic: Ecks vs. Sever, Assassins, Interview with the Vampire, die Mariachi-reeks, Philadelphia, The Mask of Zorro en die Shrek-reeks.[2]
José Antonio Domínguez Banderas is op 10 Augustus 1960 in Málaga, Spanje gebore. Hy was 'n kranige sokkerspeler tot hy sy voet op 14 gebreek het. As jong man gaan hy sonder enige geld na Madrid om 'n loopbaan in die Spaanse filmindustrie te begin. Hy trek tussen 1982 en 1990 aandag met 'n reeks films onder leiding van regisseur Pedro Almodóvar.
Banderas skei van sy Spaanse vrou Ana Leza, en trou in 1996 met die Amerikaanse aktrise Melanie Griffith, wat hy tydens die opname van Two Much ontmoet het. Hulle het 'n dogter, Stella del Carmen Banderas Griffith (ook bekend as Stella Banderas), wat in die film Crazy in Alabama verskyn (Griffith speel ook in die fliek en Banderas het die regie behartig). Hulle vestig hulself in Hollywood, waar Banderas meestal die rol van Latino's speel. Op Saterdag 7 Junie 2014 kondig hulle aan dat hulle na 18 jaar van mekaar gaan skei.
Banderas is waarskynlik die beroemdste Spaanse akteur. Hy investeer sy filminkomste in ondernemings wat produkte van die Spaanse streek Andalusië op die mark bring. Hy het ook simpatie vir die Spaanse Sosialistiese Party getoon.
As hy Spaans praat, het hy 'n Andalusiese aksent, maar hy praat gewoonlik met 'n standaard Kastiliaanse aksent in sy rolle. Vir die film Desperado sing hy saam met Los Lobos die liedjie Cancion Del Mariachi.
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Antonio Banderas. |