Arsenal Football Club is 'n professionele Londense sokkerspan wat in die Engelse Premier League speel. Hulle is een van die mees suksesvolle Engelse sokkerspanne en het al drie keer die Premier League gewen. Die klub dra rooi-en-wit truie en hul tuisveld is die Emirates Stadium in Noord-Londen. Hulle bynaam is "The Gunners".
Afrigter : Mikel Arteta.
Die klub is in 1886 in Woolwich, Suidoos-Londen, gestig en is vernoem na die Royal Arsenal wapenfabriek. In 1913 het die klub na die Highbury Stadium in Islington, Noord-Londen, geskuif, en in 2006 na die nuwe, groter, Emirates Stadium, ongeveer 'n half-kilometer vanaf Highbury.
- Kampioen van Engeland (13)
- 1930–31, 1932–33, 1933–34, 1934–35, 1937–38, 1947–48, 1952–53, 1970–71, 1988–89, 1990–91, 1997–98, 2001–02, 2003–04
- 1930, 1936, 1950, 1971, 1979, 1993, 1998, 2002, 2003, 2005, 2014, 2015, 2017, 2020
- 1987, 1993
- Charity Shield / FA Community Shield (16)
- 1930, 1931, 1933, 1934, 1938, 1948, 1953, 1991 (gedeel), 1998, 1999, 2002, 2004, 2014, 2015, 2017, 2020
- European Cup Winners' Cup (1)
- 1993–94
- Inter-Cities Fairs Cup (1)
- 1969–70
http://www.arsenal.com