Benazir Bhutto | |
11de Premier van Pakistan
| |
Ampstermyn 2 Desember 1988 – 6 Augustus 1990 | |
President | Ghulam Ishaq Khan |
---|---|
Voorafgegaan deur | Muhammad Khan Junejo |
Opgevolg deur | Ghulam Mustafa Jatoi |
13de Premier van Pakistan
| |
Ampstermyn 19 Oktober 1993 – 5 November 1996 | |
President | Wasim Sajjad Farooq Leghari |
Voorafgegaan deur | Moeenuddin Ahmad Qureshi |
Opgevolg deur | Malik Meraj Khalid |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Karatsji, Pakistan | 21 Junie 1953
Sterf | 22 Desember 2007 (op 54) Rawalpindi, Pakistan |
Politieke party | Pakistan People's Party |
Eggenoot/-note | Asif Ali Zardari (1987–2007) |
Religie | Islam |
Handtekening |
Benazir Bhutto (1953–2007) was die leier van die Volksparty (People’s Party) in Pakistan, wat deur haar pa, Zulfikar Ali Bhutto, gestig is. Sy was twee keer die premier van Pakistan, asook die eerste vrou wat verkies is om 'n Moslem-staat te lei.[1]
Benazir Bhutto is op 21 Junie 1953 in Karatsji in Pakistan gebore. Sy was die oudste dogter van Zulfiqar Ali Bhutto en Nusrat Bhutto (née Ispahani). Haar pa was in die 1970's die premier van Pakistan, maar is in 1977 ná 'n militêre staatsgreep gehang. Sy is aan Harvard en Oxford onderrig. Terwyl sy nog onder huisarres was, was sy en haar ma by 'n beweging vir Pakistan se herstel na demokrasie betrokke.
Bhutto het in 1988 na Pakistan teruggekeer en is in dieselfde jaar tot premier verkies. Sy is 20 maande later in opdrag van die destydse pres. Ghulam Ishaq Khan uit die amp onthef, omdat sy glo korrup was.
In 1993 is Bhutto vir ’n tweede termyn herkies. In 1996 is sy deur pres. Farooq Leghari gedwing om haar pos te ontruim en in ballingskap te gaan woon, omdat sommige mense geglo het dat sy regeringsgeld op oneerlike wyse gebruik het.
Sy keer in 2007 na Pakistan terug en het probeer om vir 'n derde keer premier te word. Sy is egter op 27 Desember 2007 in ’n bomaanval tydens dié veldtog gedood.[2] Tydens die aanval het 'n sluipmoordenaar haar in die nek en bors geskiet, waarna hy 'n plofbare baadjie afgesit het. Ongeveer 30 mense het in die voorval omgekom.