Bethelsdorp | |
---|---|
Alms huise in Almsstraat, Bethelsdorp | |
Koördinate: 33°53′0″S 25°30′0″O / 33.88333°S 25.50000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Munisipaliteit | Nelson Mandelabaai |
Stigting | 1804 |
Regering | |
• Tipe | Deel van 'n Metropolitaanse Munisipaliteit |
• Burgemeester | Retief Odendaal (DA) |
Oppervlak | |
• Totaal | 36,62 km2 (14,14 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 182 012 |
• Digtheid | 4 970/km2 (12 900/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.2% |
• Indiërs/Asiërs | 0.6% |
• Bruin mense | 64.4% |
• Swart mense | 34.1% |
• Ander | 0.8% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 57.8% |
• Xhosa | 28.7% |
• Engels | 11.2% |
• Ander | 2.3% |
Poskode (strate) | 6059 |
Poskode (posbusse) | 6003 |
Skakelkode | 041 |
Bethelsdorp is 'n dorp, 20 km noordwes van Port Elizabeth, wat deel vorm van Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit.
Bethelsdorp is in 1803 gestig as 'n sendingstasie van die Londense Sendinggenootskap, ná 'n besoek van goewerneur Jan Willem Janssens deur eerwaardes dr. J.T. van der Kemp[2] en James Read op die plaas Roodepas van Theuns Botha. Die naam is afgelei van Hebreeuse woord Baitheel wat beteken "Huis van God".
Tydens die vorige politieke bedeling was Bethelsdorp 'n township, byna eksklusief bewoon deur mense van bruin kleur (sg. Kleurlinge). Hierna verander die demografie effens omrede die einde van Apartheid in Suid-Afrika in 1994. Bewoning, werk en handeldryf is nou vryelik oop vir alle rasse in die dorp.