Stormbos | |
---|---|
In blom, Karoo- Nasionale Park | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Brassicales |
Familie: | Capparaceae |
Genus: | Cadaba |
Spesie: | C. aphylla
|
Binomiale naam | |
Cadaba aphylla (Thunb.) Wild, (1960)
| |
Sinonieme | |
|
Die stormbos (Cadaba aphylla) is 'n geharde en feitlik blaarlose struik of boom wat inheems is aan die dorre gebiede van Suider-Afrika, soos ondermeer die Karoo en Limpopovallei.
Dit word aangetref in die semi-woestyn van Botswana, Namibië, suidelike Zimbabwe en Suid-Afrika. In Suid-Afrika is die spesie inheems in Limpopo, die Noord-Kaap, Noordwes, die Oos-Kaap, die Vrystaat en die Wes-Kaap. Dit kom ook in Ecuador voor.
Die plant bestaan 'n boskasie van lang, dun semi-sukkulente stingels wat heeljaar groen bly. Die rooi blomme word in trosse in die oksels gedra en ontbreek aan kroonblare. Uit die blomknop van rooi kelkblare kom die rooi vergroeide meeldrade te voorskyn.
Die boom se FSA-nommer is 129.[1]