Ernesto Guevara Lynch[2] Celia de la Serna y Llosa[2]
Handtekening
Ernesto "Che" Guevara (14 Junie[5]1928 – 9 Oktober1967) algemeen bekend as Che Guevara, El Che of net Che, was 'n ArgentynseMarxistiese revolusionêr, dokter, skrywer, intellektueel, guerilla-leier, militêre teoretikus en 'n groot figuur in die Kubaanse Revolusie.[6] Sedert sy dood het sy gestileerde gelaat 'n alomteenwoordige kontrakultuursimbool geword asook globale ordeteken in volkskultuur.[7]
As 'n mediese student het Guevara Latyns-Amerika deurkruis en is hy omvorm deur die grootskaalse armoede wat hy aanskou het.[8] Sy ervarings en waarnemings op hierdie reise het hom maak besluit dat die gebied se ingewortelde ekonomiese ongelykhede die inherente gevolg van monopolistiese kapitalisme, neokolonialisme en imperialisme was, met 'n wêreldrevolusie as die enigste oplossing hiervoor.[9] Hierdie oortuiging het tot sy betrokkenheid in die sosiale hervorming van Guatemala onder president Jacobo Arbenz Guzmán, wie se uiteindelike val (met behulp van die Amerikaanse CIA) Guevara se radikale ideologie verstewig het. Later, terwyl hy in Meksikostad gewoon het, het hy Raul en Fidel Castro ontmoet, aangesluit by hulle Beweging van die 26ste Julie en Kuba ingeneem aanboord van die Granma seiljag met die bedoeling om die Amerikaans-gesteunde Kubaanse diktatorFulgencio Batista omver te werp.[10] Guevara het gou aansien verwerf onder insurgente, is bevorder tot tweede in bevel, en het 'n deurslaggewende rol gespeel in die suksesvolle guerrilla-veldtog wat uiteindelik ontslae geraak het van die Batista-bewind.[11]
Na die Kubaanse revolusie het Guevara 'n aantal sleutelrolle in die nuwe regering gehad. Dit het o.m. die oorsig van appèlle en die teregstelling deur vuurpeloton van diegene wat skuldig bevind is aan oorlogsmisdade gedurende die revolusionêre tribunale,[12] ingesluit asook die instelling van landelike hervorming as minister van industrieë. Verder het hy ook gedien as president van die nasionale bank van Kuba asook die raadgewende direkteur vir Kubaanse weermag en het hy die wêreld platgereis as 'n diplomaat ten behoewe van Kubaanse sosialisme. Sulke ampte het hom in staat gestel om 'n sentrale rol te speel in die opleiding van die weermag wat die inval in die Varkensbaai (Bay of Pigs) afgeweer het,[13] asook om die kerngelaaide ballistiese vuurpyle van die Sowjetunie na Kuba te bring, wat aanleiding gegee het tot die Kubaanse missielkrisis.[14] Hiermee saam was hy ook 'n vrugbare skrywer en dagboekskrywer en het hy 'n gedagteryke gids oor guerrilla-oorlogvoering saamgestel, tesame met 'n topverkopende memoire oor sy jong dae waar hy op 'n motorfiets Suid-Amerika deurkruis het. Guevara het Kuba in 1965 verlaat om onsuksesvolle revolusies aan te wakker, eers in Kongo-Kinshasa en later in Bolivia, waar hy gevange geneem is deur CIA-gesteunde Boliviaanse magte en tereg gestel is.[15]
Ernesto Guevara is gebore as die kind van Celia de la Serna y Llosa en ernesto Guevara Lynch op 14 Junie1928 in Rosario, Argentinië en was die oudste van vyf kinders in 'n familie van Spaans-Argentynse, Baskiese en Iers-Argentynse afkoms.[16] In plaas van sy ouers se vanne, sal sy wetlike naam (Ernesto Guevara) soms saam met de la Serna of Lynch verskyn. Met verwysing na Che se rustelose aard het sy vader verklaar dat "die eerste opmerklikheid is dat my seun se are vol is van die bloed van die Ierse rebelle."[17] Baie vroeg in Ernestito (soos hy toe bekend gestaan het) se lewe het hy 'n "aantrekking tot die armes" ontwikkel.[18] Hy het grootgeword in 'n gesin met linkse politiese neigings wat tot gevolg gehad het dat Guevara as seun aan 'n wye spektrum van politiese perspektiewe blootgestel is.[19] Sy vader, 'n stoere ondersteuner van die Republikeine van die Spaanse Burgeroorlog, het dikwels veterane van die konflik aan huis gehad.[20]
Che was 'n uitstaande atleet al het hy aan 'n ernstige geval van akute asma gelei, wat hom sy hele lewe sou pla. Hy het baie gehou van swem, voetbal (sokker), gholf en skiet en hy was ook 'n kranige fietsryer.[21][22] Hy was 'n ywerige rugbyspeler en het as losskakel vir die eerste span van die Universiteit van Buenos Aires uitgedraf.[23] By die rugby het hy die bynaam "Fuser" — 'n mengsel van El Furibundo (onkeerbaar) en sy moeder se van, de la Serna — gekry weens sy aggressiewe spelpatroon.[24] Sy skoolmaats het hom ook die bynaam "Chancho" (vark) gegee omdat hy nie baie gewas het nie en met trots 'n "weeklikse hemp" gedra het.
Jare later, op 13 Februarie1958, het 'n geheime 'biografiese en persoonlikheidsverslag' van die CIA aangeteken van Guevara se breë akademiese belangstellinge en intellek, en hy is daarin beskryf as "goed belese" en daar is opgemerk dat "Che redelik intelligent is vir 'n Latyns-Amerikaner".[30]
In 1948 het Guevara by die Universiteit van Buenos Aires in geskryf om 'n dokter te word. In 1951 het hy sy studie onderbreek om 'n reis te onderneem waar hy en 'n vriend, Alberto GranadoSuid-Amerika sou deurkruis, met die finale doel om vir 'n paar weke as vrywilligers te werk by die melaatsekolonie by San Pablo in Peru, aan die oewers van die Amasonerivier. Op pad na Machu Picchu, hoog op in die Andesgebergte, is hy geskok deur die verdrukkende armoede van die afgeleë landelike gebiede, waar plattelandse boere klein lappies land bewerk het wat aan die ryk landhere behoort het.[31] Later in sy reis is Guevara veral beïndruk deur die kameraderie van die mense wat in die melaatsekolonie gewoon het waaroor hy gesê het: "Die hoogste vorm van menslike solidariteit en lojaliteit is te vind by so 'n eensame en desperate volk."[31] Guevara het, van die notas wat hy tydens die reis gemaak het, 'n verslag geskryf met die titel The Motorcycle Diaries, wat later 'n topverkoper van die New York Times geword het,[32] en is in 2004 aangepas om 'n bekroonde rolprent met dieselfde naam te word.
Aan die einde van die reis het Guevara na nie na Latyns-Amerika gekyk as 'n groepering van afsonderlike nasies nie, maar as 'n eenheid wat 'n kontinentwye bevrydingstrategie nodig gehad het. Sy idee van 'n grenslose, verenigde Spaans-Amerika met 'n gedeelde Latino erfenis was 'n tema wat sy verskyning telkemale prominent gemaak het gedurende sy latere revolusionêre aktiwiteite. Met sy terugkeer na Argentinië het hy sy studies voltooi en sy mediese graad in Junie 1953 gekry, wat hom amptelik "dr. Ernesto Guevara" gemaak het.[33][34] Guevara het later opgemerk dat hy gedurende sy reis deur Latyns-Amerika, "in noue aanraking gekom het met armoede, hongersnood en siekte" saam met die "onbevoegdheid om 'n kind te behandel weens 'n tekort aan geld" en "verdowing wat aangehits is deur hongersnood en straf" wat 'n vader noop om die "verlies van 'n seun in 'n onbelangrike ongeluk te aanvaar". Guevara het aangevoer dat dit hierdie ervaringe was wat hom oortuig het om "hierdie mense te help", en dat hy die area van medisyne moes verlaat om die politiese arena van gewapende verset te betree.[8]
Op 7 Julie1953 het Guevara weer vertrek. Hierdie keer na Bolivia, Peru, Ecuador, Panama, Costa Rica, Nicaragua, Honduras en El Salvador. Op 10 Desember1953, voordat hy Guatemala verlaat het, het hy 'n brief aan sy tante Beatriz van San José, Costa Rica gestuur. In die brief praat Guevara van 'n waarnemingsroete deur die gebiede onder baasskap van die United Fruit Company, wat hom oortuig het "hoe verskriklik" die "kapitalistiese seekatte" was.[35] Hierdie bevestigde verontwaardiging het die "koppesnellery-houding" wat hy ingeneem het om sy konserwatiewe familielede te skok, oorgedra. Dit het ook daartoe gelei dat hy gesweer op die naam van Josef Stalin, dat hy nie sou rus voordat hierdie "seekatte oorwin is nie".[36] Later in daardie maand het Guevara in Guatemala aangekom waar president Jacobo Arbenz Guzmán aan die hoof gestaan het van 'n demokraties-verkose regering, wat deur middel van grondhervorming en ander inisiatiewe gepoog het om die latifundia-stelsel te beëindig. Om dit te bereik het president Arbenz 'n grootskaalse grondhervormingsprogram geloods, waar al die ongebruikte grond van ryk grondeienaars onteien en onderverdeel sou word aan die grondlose landelike bevolking. Die grootste grondeienaar en een wat die meeste deur die grondhervorming geraak is, was die United Fruit Company wat reeds meer as 225,000 onbewerkte akker grond aan die Arbenz-regering moes afstaan.[37] Guevara was in sy skik met die weg wat die Guatemalaanse nasie gekies het, en het besluit om hom in Guatemala te vestig om "homself te suiwer en wat ook al nodig mag wees om 'n ware opstandeling te word, te bereik".[38]
In Guatemala-stad het Guevara Hilda Gadea Acosta opgesoek, 'n Peruaanseekonoom wat goeie politieke verbintenisse gehad het en ook 'n lid van die links-gesinde Alianza Popular Revolucionaria Americana (APRA, Amerikaanse Algemene Revolusionêre Alliansie) was. Sy het Guevara aan verskeie hooggeplaaste amptenare in die regering van Arbenz voorgestel. Guevara het toe kontak gemaak met 'n groep Kubaanse bannelinge wat bande met Fidel Castro gehad het deur die aanval op die Moncada Kaserne in Santiago de Cuba op 26 Julie1953.[39] Gedurende hierdie tydperk het hy sy bekende noemnaam gekry, na aanleiding van sy gereelde gebruik van die Argentynse tussenwerpsel (che) wat naastenby dieselfde as "eh" of "pêl" is.[40]
Guevara se pogings om 'n mediese internskap te kry was nie suksesvol nie en sy persoonlike ekonomiese situasie was wisselvallig. Op 15 Mei1954 het 'n vrag Škoda-infanterie en ligte artillerie van die kommunistiese Tsjeggo-Slowakye vir die Arbenz-regering in Puerto Barrios aangekom.[41][42] As 'n teenvoeter het die Amerikaanse CIA 'n weermag geborg wat die land ingeval het en die regse diktatorskap van Carlos Castillo Armas gevestig het.[38] Guevara was gretig om namens Arbenz te veg en het by 'n gewapende burgermag aangesluit wat vir die doel deur die Kommunistiese Jeug georganiseer is. Hy was egter gefrustreerd met die groep se onaktiwiteit en het sy mediese pligte hervat. Na die staatsgreep het Guevara weer aangebied om te veg, maar kort daarna het Arbenz by die Meksikaanse Ambassade skuiling gesoek en sy buitelandse volgelinge aangeraai om die land te verlaat. Ondersteuners van die staatsgreep het ag geslaan op Guevara se herhaaldelike oproepe om te verset, en hy is voëlvry verklaar.[43] Nadat Hilda Gadea gearresteer is, het Guevara toevlug gesoek by die Argentynse konsulaat, waar hy gebly het tot hy 'n paar weke later 'n pas gekry het waarmee hy na Meksiko gereis het.[44] Hy het in September1955 met Gadea in Meksiko getrou.[45]
Die omverwerping van die Arbenz-regime het die siening van Guevara bevestig van die Verenigde State as 'n imperialistiese mag wat enige regering sal teenstaan of probeer vernietig wat die sosio-ekonomiese ongelykheid, wat endemies is aan Latyns-Amerika en ander ontwikkelende lande, wil regstel. Guevara het oor die staatsgreep gesê:
"Die laaste Latyns-Amerikaanse revolusionêre demokrasie – dié van Jacobo Arbenz – het misluk as gevolg van 'n koue voorbedagte aggressie wat deur die VSA uitgevoer is. Die sigbare hoof was die Minister van Buitelandse Sake, John Foster Dulles, 'n man wat toevallig ook 'n aandeelhouer van en prokureur vir die United Fruit Company was.
Guevara was oortuig daarvan dat die enigste manier om sulke omstandighede reg te stel, die bereiking en verdediging van Marxisme deur gewapende verset en 'n gewapende bevolking, was.[46] Gadea het later geskryf dat dit "Guatemala was wat hom finaal oortuig het van die noodsaaklikheid van gewapende verset en om inisiatief teen imperialisme te neem. Teen die tyd wat hy vertrek het was hy seker hiervan."[47]
↑Partido Unido de la Revolución Socialista de Cuba, aka PURSC
↑ 2,02,1(en) Unknown, Autor. "Guevara, Che". Encyclopædia Britannica Online. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Mei 2022. Besoek op 30 September 2001.
↑(en) Embodiment and Agency, by Sue Campbell & Letitia Meynell, Penn State Press, 2009, ISBN 0-271-03522-6, bl. 243
↑Die geboortedatum aangeteken op sy geboortesertifikaat was 14 Junie 1928 alhoewel een tersiêre bron (Julia Constenla, aangehaal deur Jon Lee Anderson) meen dat hy eintlik op 14 Mei van daardie jaar gebore is. Constenla voer aan dat sy deur 'n onbekende astroloog meegedeel is dat Che se moeder, Celia de la Serna, reeds swanger was toe sy en Ernesto Guevara Lynch getroud is en dat die datum op die geboortesertifikaat aangepas is, om dit te laat voorkom of Che 'n maand later gebore is en dat hy hulle seun was, om 'n skandaal te vermy. (Anderson 1997, pp. 3, 769.)
↑Che se van "Guevara" is afgelei van die Kastiliaanse vorm van die BaskieseGebara in Spanje, 'n bewoningsnaam in die Álava-provinsie. Sy ouma, Ana Lynch, was 'n afstammeling van Patrick Lynch, 'n emigrant van Galway, Ierland in die 1740's.
↑Cain, Nick & Growden, Greg "Chapter 21: Ten Peculiar Facts about Rugby" in Rugby Union for Dummies (2nd Edition), John Wiley and Sons, ISBN 978-0-470-03537-5, p. 293.
↑ 'n Afskrif van Guevara se universiteitstranskripsies wat die toekening van sy mediese graad aantoon kan gevind word op bl. 75 van Becoming Che: Guevara's Second and Final Trip through Latin America, deur Carlos 'Calica' Ferrer (uit die Spaans vertaal deur Sarah L. Smith), Marea Editorial, 2006, ISBN 987-1307-07-1. Ferrer was 'n lewenslange vriend van Che se kinderdae af en toe Guevara die laaste van sy 12 eksamens geslaag het in 1953, het hy 'n afskrif aan Ferrer gegee wat gereeld vir Guevara gesê het hy sal nooit sy graad kry nie, om te wys dat hy uiteindelik sy studies klaargemaak het.
Bamford, James (2002). Body of Secrets: Anatomy of the Ultra-Secret National Security Agency (Reprint edition). New York: Anchor Books. ISBN 0-385-49908-6.
Casey, Michael (2009). Che's Afterlife: The Legacy of an Image. Vintage. ISBN0-307-27930-8.
Castañeda, Jorge G (1998). Che Guevara: Compañero. New York: Random House. ISBN 0-679-75940-9.
Castro, Fidel (editors Bonachea, Rolando E. and Nelson P. Valdés; 1972). Revolutionary Struggle 1947–1958. Cambridge, Massachusetts and London: MIT Press. ISBN 0-262-02065-3.
Crompton, Samuel (2009). Che Guevara: The Making of a Revolutionary. Gareth Stevens. ISBN1-4339-0053-X.
DePalma, Anthony (2006). The Man Who Invented Fidel: Castro, Cuba, and Herbert L. Matthews of the New York Times. New York: Public Affairs. ISBN 1-58648-332-3.
Dorschner, John and Roberto Fabricio (1980). The Winds of December: The Cuban Revolution of 1958. New York: Coward, McCann & Geoghegen. ISBN 0-698-10993-7.
Guevara, Ernesto "Che" (1995). Motorcycle Diaries. London: Verso Books.
Guevara, Ernesto "Che" (editor Waters, Mary Alice) (1996). Episodes of the Cuban Revolutionary War 1956–1958. New York: Pathfinder. ISBN 0-87348-824-5.
Guevara, Ernesto "Che" (1967a). "English Translation of Complete Text of his Message to the Tricontinental"
Guevara, Ernesto "Che" (1967b). "Diario (Bolivia)". Written 1966–1967.
Guevara, Ernesto "Che" (editors Bonachea, Rolando E. and Nelson P. Valdés; 1969). Che: Selected Works of Ernesto Guevara, Cambridge, Massachusetts: MIT Press. ISBN 0-262-52016-8
Guevara, Ernesto (2009). Che: The Diaries of Ernesto Che Guevara. Ocean Press. ISBN1-920888-93-4.
Guevara, Ernesto "Che" (1972). Pasajes de la guerra revolucionaria.
Guevara, Ernesto "Che" (translated from the Spanish by Patrick Camiller; 2000). The African Dream. New York: Grove Publishers. ISBN 0-8021-3834-9.
Guevara, Ernesto "Che" (2005). "Socialism and man in Cuba" (First published March 12, 1965 as "From Algiers, for Marcha. The Cuban Revolution Today"). Che Guevara Reader. (1997). Ocean Press. ISBN 1-875284-93-1
Guevara Lynch, Ernesto (2000). Aquí va un soldado de América. Barcelona: Plaza y Janés Editores, S.A. ISBN 84-01-01327-5.
Kellner, Douglas (1989). Ernesto “Che” Guevara (World Leaders Past & Present). Chelsea House Publishers (Library Binding edition). p. 112. ISBN1-55546-835-7.
Ramírez, Dariel Alarcón (1997). Le Che en Bolivie. Paris: Éditions du Rocher. ISBN2-268-02437-7.
Ramonez, Ignacio (2007). Translated by Andrew Hurley. Fidel Castro: My Life London: Penguin Books. ISBN 978-0-14-102626-8
Ratner, Michael (1997). Che Guevara and the FBI: The U.S. Political Police Dossier on the Latin American Revolutionary. Ocean Press. ISBN1-875284-76-1.
Rodriguez, Félix I. and John Weisman (1989). Shadow Warrior/the CIA Hero of a Hundred Unknown Battles. New York: Simon & Schuster. ISBN 0-671-66721-1.
Ryan, Henry Butterfield (1998). The Fall of Che Guevara: A Story of Soldiers, Spies, and Diplomats. New York: Oxford University Press. ISBN 0-19-511879-0.
Sandison, David (1996). The Life & Times of Che Guevara. Paragon. ISBN0-7525-1776-7.