Chinese diereriem | ||
Name (taalvariante) | ||
Tradisionele Chinees | 生肖 | |
Vereenvoudigde Chinees | 生肖 | |
Pinyin | shēngxiào | |
Jyutping | saang1-ciu3 |
Die Chinese astrologie (Chinees: 占星術 / 占星朮, zhānxīngshù ‚ "kuns van die waarsêers") is geskoei op die tradisionele Chinese astronomie en filosofie. Dit bereken nie soos die Westerse astrologie die uitwerking van sterrebeelde op iemand se toekoms nie. Dit gebruik in plaas daarvan ’n kalender met onderliggende betekenisse vir die bepaling van ’n persoon se bestemming. Dit berus verder op verskeie dissiplines wat onderling afhanklik is van mekaar. Dit sluit in die Vyf Elemente (Wu Xing), jin en jang, die 10 Hemelstamme, die 12 Aardtakke en die Chinese kalender, ’n maansonkalender met tydsbepaling volgens jare, maande, dae en dubbelure.[1]
Die Chinese astrologie het hand aan hand gegaan met die astronomie, wat in die tyd van die Han-dinastie (2de eeu v.C. tot die 2de eeu n.C.) floreer het. Een rede waarom die astrologie tot vandag oorleef het, was moontlik die Chinese kalender. Nes die Chinese karakters het dit oor die millennia ’n onafskeidbare deel van die Chinese kultuur geword en is dit vandag steeds deel van die alledaagse lewe in China.
Die Chinese astrologie is uitgebrei tydens die Zhou-dinastie (1046 tot 256 v.C.) en het floreer tydens die Han-dinastie (2de eeu v.C. tot 2de eeu n.C.). Tydens laasgenoemde dinastie is die bekende elemente van die tradisionele Chinese kultuur – die jin-jang-filosofie, die Vyf Elemente, die begrippe hemel en aarde, en Cunfuciaanse moraliteit – byeengevoeg om die filosofiese beginsels van Chinese medisyne, waarsêery, astrologie en alchemie te formaliseer.[2]
Nes op ander plekke in die wêreld het die Chinese nie net die beweging van die son en maan in die lug waargeneem nie, maar ook van die planete. Volgens hul siening van die wêreld was daar eers water, toe vuur, toe hout, toe metaal en laastens die aarde. Planete is toe aan die elemente toegewys:[3][4]
Volgens die Chinese astrologie kan ’n mens se bestemming bepaal word deur die posisie van die groot planete met ’n mens se geboorte, asook die posisie van die son, maan en komete, die tyd van sy geboorte en sy diereteken. Die stelsel van die twaalfjaarsiklus van dieretekens is saamgestel uit waarnemings van Jupiter (die "Jaarster", Suìxīng) se wentelbaan om die Son. Chinese sterrekundiges het die wentelbaan in 12 dele verdeel en dit tot 12 jaar afgerond (van Jupiter se wenteltyd van 11,86 jaar).[5] Jupiter word verbind met die Chinese sterrebeeld Sheti (摄提 of 歳星), die Veewagter, en word soms Sheti genoem.
’n Stelsel om iemand se bestemming te bepaal geskoei op sy geboortedatum, -seisoen en -tyd, bekend as Zi wei dou shu (紫微斗数 of 紫微斗數), word steeds in hedendaagse Chinese astrologie gebruik.
Die Chinese filosofie gaan oor die harmonie van die hemel, aarde en mens, die drie komponente van die heelal wat die orde van die wêreld uitmaak. Dit moet weerklank vind in die menslike gemeenskap. Harmonie met die kosmos kan dus ’n gelukkige lewe meebring. Kennis van die wêreldverloop kan help om huidige en toekomstige tendense waar te neem.
Wu Xing, of die Vyf Elemente, is ’n vyfvoudige skema wat op baie tradisionele Chinese terreine gebruik word om ’n groot verskeidenheid verskynsels te verduidelik, van kosmiese siklusse tot die wisselwerking tussen interne organe, en van die opvolging van politieke regimes tot die eienskappe van medisyne. Die Vyf Elemente is Hout (木, mu), Vuur (火, huo), Aarde (土, tu), Metaal (金, jin) en Water (水, shui).[6][7][8]
Die elemente beteken die volgende:
Jin en jang stel die skeppende krag in die heelal voor wat altyd volkome gebalanseerd moet wees sodat kosmiese energievloei kan plaasvind. Jin is die vroulike of negatiewe pool wat swart, koud en stadig is. Dit sluit ook die maan, skaduwee, aarde, nag en ewe getalle in. Jang is die manlike of positiewe pool wat wit, warm en vinnig is. Dit sluit ook die son, lig, hemel, dag en onewe getalle in.[9][10]
Die Chinese diereriem is die klassifikasiestelsel wat ’n dier en sy beweerde eienskappe toewys aan elke jaar in ’n herhalende twaalfjaarsiklus. Dit en variasies daarvan bly gewild in baie Asiatiese lande, insluitende China, Japan, Suid-Korea, Viëtnam, Mongolië, Kambodja, Laos, Nepal, Bhoetan en Thailand.
Die diereriem word in Mandaryns 生肖 (Shēngxiào) genoem. Die term "diereriem" weerspieël verskeie kunsmatige ooreenkomste met die Westerse diereriem: Albei het tydsiklusse wat in 12 dele verdeel word, die meeste van dié dele het die name van diere en elkeen word verbind met ’n persoon se persoonlikheid of gebeure en hul lewe.
Daar is egter groot verskille wat die term onakkuraat maak. Die diere van die Chinese diereriem word nie met sterrebeelde verbind nie; die Chinese 12 dele stem ooreen met jare, nie maande nie; en die Chinese diereriem word deur 12 diere verteenwoordig, terwyl al die tekens in die sogenaamde Westerse diereriem nie die name van diere het nie.
Die diereriem begin tradisioneel met die teken van die Rot. Hier volg die 12 tekens (elk met sy Aardtak, jin/jang-eienskap,[11] trigoon en Wu Xing-element.
In Chinese astrologie verteenwoordig die dier wat volgens jou geboortejaar aan jou toegeken word hoe ander jou waarneem of hoe jy jouself uitbeeld. Dit is egter nie al teken wat jy het nie; daar word ook diere volgens maand (innerlike diere), dag (ware diere) en uur (geheime diere) aan jou toegeken.
Terwyl iemand soos ’n Draak voorkom omdat hulle in die Jaar van die Draak gebore is, kan hulle ook ’n innerlike Slang, ’n ware Os en ’n geheime Bok wees.
Die Vier Pilare kan teruggespoor word na die Han-dinastie (omstreeks 201 v.C. – 220 n.C.), en dit word steeds dikwels gebruik in Feng shui-astrologie. Dit word so genoem omdat die Chinese skrif veroorsaak dat dit in kolomme val. Elke pilaar of kolom bevat ’n stam en ’n tak – en elke kolom hou verband met die jaar, maand, dag en uur van geboorte. Die eerste kolom verwys na die jaardier en element, die tweede kolom na die maanddier en element, die derde kolom na die dagdier en element en die laaste kolom na die uurdier en element.
Die jaarkolom verskaf na bewering inligting oor die persoon se voorouers of vroeë lewe, die maandkolom oor die ouers of kinderdae, die dagkolom oor die persoon self (hoofletters) en hul gade (kleinletters) of hul volwasse lewe en die uurkolom oor hul kinders of latere jare.[12]
Sestigdelige siklus (干支 gānzhī) | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| ||||||||||||
Dier 地支 |
子 |
丑 |
寅 |
卯 |
辰 |
巳 |
午 |
未 |
申 |
酉 |
戌 |
亥 |
Jaar 天干 地支 |
1 甲 子 |
2 乙 丑 |
3 丙 寅 |
4 丁 卯 |
5 戊 辰 |
6 己 巳 |
7 庚 午 |
8 辛 未 |
9 壬 申 |
10 癸 酉 |
11 甲 戌 |
12 乙 亥 |
Jaar 天干 地支 |
13 丙 子 |
14 丁 丑 |
15 戊 寅 |
16 己 卯 |
17 庚 辰 |
18 辛 巳 |
19 壬 午 |
20 癸 未 |
21 甲 申 |
22 乙 酉 |
23 丙 戌 |
24 丁 亥 |
Jaar 天干 地支 |
25 戊 子 |
26 己 丑 |
27 庚 寅 |
28 辛 卯 |
29 壬 辰 |
30 癸 巳 |
31 甲 午 |
32 乙 未 |
33 丙 申 |
34 丁 酉 |
35 戊 戌 |
36 己 亥 |
Jaar 天干 地支 |
37 庚 子 |
38 辛 丑 |
39 壬 寅 |
40 癸 卯 |
41 甲 辰 |
42 乙 巳 |
43 丙 午 |
44 丁 未 |
45 戊 申 |
46 己 酉 |
47 庚 戌 |
48 辛 亥 |
Jaar 天干 地支 |
49 壬 子 |
50 癸 丑 |
51 甲 寅 |
52 乙 卯 |
53 丙 辰 |
54 丁 巳 |
55 戊 午 |
56 己 未 |
57 庚 申 |
58 辛 酉 |
59 壬 戌 |
60 癸 亥 |
Die Chinese kalender vorm ’n 60-jaarsiklus, met twee aparte siklusse wat in wisselwerking met mekaar is. Die eerste is die siklus van die 10 Hemelstamme. Dit is die Vyf Elemente (in die volgorde Hout, Vuur, Aarde, Metaal en Water) in hul Jin- en Jangvorms.
Die tweede is die siklus van die 12 tekens in die Chinese diereriem (生肖 shēngxiào), of Aardtakke. Hul volgorde is Rot, Os, Tier, Konyn, Draak, Slang, Perd, Bok, Aap, Haan, Hond en Vark.
Hierdie kombinasie skep die 60-jaarsiklus – dit is die minimum aantal jare om te vorder van "Jang-Houtrot" tot "Jin-Watervark". Omdat die dieresiklus van 12 deelbaar is deur twee, kan elke teken net as óf Jin óf Jang voorkom: Die Draak is byvoorbeeld altyd Jang en die Slang Jin. Die huidige siklus het in 1984 begin, soos in die tabel hieronder duidelik is.
Om die maansonkalender te deurkruis, kan die maklike reël gevolg word dat jare wat op ’n ewe getal eindig, Jang is. Dié wat op ’n onewe getal eindig, is Jin. Die siklus lyk soos volg:
So was 1924 die 1ste jaar in ’n siklus: Jang-Hout (Houtrot; sien die tabel regs bo). 1925 was die 2de jaar, Jin-Hout (Houtos), 1926 die 3de jaar, Jang-Vuur (Vuurtier), ens. 1983 was die 60ste en laaste jaar in dié siklus: Jin-Water (Watervark).
Die tradisionele Chinese diereriem volg die Chinese maansonkalender en die volgende jaar begin op die Chinese Nuwejaar, nie op 1 Januarie soos in die Gregoriaanse kalender nie. 1990 was byvoorbeeld die Jaar van die Perd, maar omdat dit eers op 27 Januarie begin het, sal iemand wat tussen 1 en 26 Januarie 1990 gebore is, in die vorige jaar, die Jaar van die Slang, val. Baie aanlyn berekenings van mense se geboorteteken is dus verkeerd omdat dié feit nie altyd in ag geneem word nie.
Binne die Vier Pilare is die jaar die pilaar wat inligting aandui oor ’n persoon se familie-agtergrond en gemeenskap, of sy verhouding met sy grootouers. Sy ouderdom kan ook maklik afgelei word van sy teken, die huidige teken van die jaar en sy waargenome ouderdom (tienerjare, middel-20's, 40's, ensovoorts). In 2010, die Jaar van die Tier, is ’n Tier byvoorbeeld 12, 24, 36 of 48 jaar oud. In 2011, die Jaar van die Konyn, is die persoon ’n jaar ouer.
Die volgende tabel wys die siklus van 60 jaar volgens die Gregoriaanse kalender vir die jare 1924 tot 2043. Die 60-jaarsiklus begin omstreeks 4 Februarie met lichun, volgens sommige astrologiese bronne.[13]
Jaar | Element | Hemelstam | Aardtak | Dier | Jaar | |
---|---|---|---|---|---|---|
1924 – 1983 | 1984 – 2043 | |||||
1 | 5 Feb. 1924 – 23 Jan. 1925 | Jang-Hout | 甲 | 子 | Rot | 2 Feb. 1984 – 19 Feb. 1985 |
2 | 24 Jan. 1925 – 12 Feb. 1926 | Jin-Hout | 乙 | 丑 | Os | 20 Feb. 1985 – 8 Feb. 1986 |
3 | 13 Feb. 1926 – 1 Feb. 1927 | Jang-Vuur | 丙 | 寅 | Tier | 9 Feb. 1986 – 28 Jan. 1987 |
4 | 2 Feb. 1927 – 22 Jan. 1928 | Jin-Vuur | 丁 | 卯 | Konyn | 29 Jan. 1987 – 16 Feb. 1988 |
5 | 23 Jan. 1928 – 9 Feb. 1929 | Jang-Aarde | 戊 | 辰 | Draak | 17 Feb. 1988 – 5 Feb. 1989 |
6 | 10 Feb. 1929 – 29 Jan. 1930 | Jin-Aarde | 己 | 巳 | Slang | 6 Feb. 1989 – 26 Jan. 1990 |
7 | 30 Jan. 1930 – 16 Feb. 1931 | Jang-Metaal | 庚 | 午 | Perd | 27 Jan. 1990 – 14 Feb. 1991 |
8 | 17 Feb. 1931 – 5 Feb. 1932 | Jin-Metaal | 辛 | 未 | Bok | 15 Feb. 1991 – 3 Feb. 1992 |
9 | 6 Feb. 1932 – 25 Jan. 1933 | Jang-Water | 壬 | 申 | Aap | 4 Feb. 1992 – 22 Jan. 1993 |
10 | 26 Jan. 1933 – 13 Feb. 1934 | Jin-Water | 癸 | 酉 | Haan | 23 Jan. 1993 – 9 Feb. 1994 |
11 | 14 Feb. 1934 – 3 Feb. 1935 | Jang-Hout | 甲 | 戌 | Hond | 10 Feb. 1994 – 30 Jan. 1995 |
12 | 4 Feb. 1935 – 23 Jan. 1936 | Jin-Hout | 乙 | 亥 | Vark | 31 Jan. 1995 – 18 Feb. 1996 |
13 | 24 Jan. 1936 – 10 Feb. 1937 | Jang-Vuur | 丙 | 子 | Rot | 19 Feb. 1996 – 6 Feb. 1997 |
14 | 11 Feb. 1937 – 30 Jan. 1938 | Jin-Vuur | 丁 | 丑 | Os | 7 Feb. 1997 – 27 Jan. 1998 |
15 | 31 Jan. 1938 – 18 Feb. 1939 | Jang-Aarde | 戊 | 寅 | Tier | 28 Jan. 1998 – 15 Feb. 1999 |
16 | 19 Feb. 1939 – 7 Feb. 1940 | Jin-Aarde | 己 | 卯 | Konyn | 16 Feb. 1999 – 4 Feb. 2000 |
17 | 8 Feb. 1940 – 26 Jan. 1941 | Jang-Metaal | 庚 | 辰 | Draak | 5 Feb. 2000 – 23 Jan. 2001 |
18 | 27 Jan. 1941 – 14 Feb. 1942 | Jin-Metaal | 辛 | 巳 | Slang | 24 Jan. 2001 – 11 Feb. 2002 |
19 | 15 Feb. 1942 – 4 Feb. 1943 | Jang-Water | 壬 | 午 | Perd | 12 Feb. 2002 – 31 Jan. 2003 |
20 | 5 Feb. 1943 – 24 Jan. 1944 | Jin-Water | 癸 | 未 | Bok | 1 Feb. 2003 – 21 Jan. 2004 |
21 | 25 Jan. 1944 – 12 Feb. 1945 | Jang-Hout | 甲 | 申 | Aap | 22 Jan. 2004 – 8 Feb. 2005 |
22 | 13 Feb. 1945 – 1 Feb. 1946 | Jin-Hout | 乙 | 酉 | Haan | 9 Feb. 2005 – 28 Jan. 2006 |
23 | 2 Feb. 1946 – 21 Jan. 1947 | Jang-Vuur | 丙 | 戌 | Hond | 29 Jan. 2006 – 17 Feb. 2007 |
24 | 22 Jan. 1947 – 9 Feb. 1948 | Jin Vuur | 丁 | 亥 | Vark | 18 Feb. 2007 – 6 Feb. 2008 |
25 | 10 Feb. 1948 – 28 Jan. 1949 | Jang-Aarde | 戊 | 子 | Rot | 7 Feb. 2008 – 25 Jan. 2009 |
26 | 29 Jan. 1949 – 16 Feb. 1950 | Jin-Aarde | 己 | 丑 | Os | 26 Jan. 2009 – 13 Feb. 2010 |
27 | 17 Feb. 1950 – 5 Feb. 1951 | Jang-Metaal | 庚 | 寅 | Tier | 14 Feb. 2010 – 2 Feb. 2011 |
28 | 6 Feb. 1951 – 26 Jan. 1952 | Jin-Metaal | 辛 | 卯 | Konyn | 3 Feb. 2011 – 22 Jan. 2012 |
29 | 27 Jan. 1952 – 13 Feb. 1953 | Jang-Water | 壬 | 辰 | Draak | 23 Jan. 2012 – 9 Feb. 2013 |
30 | 14 Feb. 1953 – 2 Feb. 1954 | Jin-Water | 癸 | 巳 | Slang | 10 Feb. 2013 – 30 Jan. 2014 |
31 | 3 Feb. 1954 – 23 Jan. 1955 | Jang-Hout | 甲 | 午 | Perd | 31 Jan. 2014 – 18 Feb. 2015 |
32 | 24 Jan. 1955 – 11 Feb. 1956 | Jin-Hout | 乙 | 未 | Bok | 19 Feb. 2015 – 7 Feb. 2016 |
33 | 12 Feb. 1956 – 30 Jan. 1957 | Jang-Vuur | 丙 | 申 | Aap | 8 Feb. 2016 – 27 Jan. 2017 |
34 | 31 Jan. 1957 – 17 Feb. 1958 | Jin-Vuur | 丁 | 酉 | Haan | 28 Jan. 2017 – 15 Feb. 2018 |
35 | 18 Feb. 1958 – 7 Feb. 1959 | Jang-Aarde | 戊 | 戌 | Hond | 16 Feb. 2018 – 4 Feb. 2019 |
36 | 8 Feb. 1959 – 27 Jan. 1960 | Jin-Aarde | 己 | 亥 | Vark | 5 Feb. 2019 – 24 Jan. 2020 |
37 | 28 Jan. 1960 – 14 Feb. 1961 | Jang-Metaal | 庚 | 子 | Rot | 25 Jan. 2020 – 11 Feb. 2021 |
38 | 15 Feb. 1961 – 4 Feb. 1962 | Jin-Metaal | 辛 | 丑 | Os | 12 Feb. 2021 – 31 Jan. 2022 |
39 | 5 Feb. 1962 – 24 Jan. 1963 | Jang-Water | 壬 | 寅 | Tier | 1 Feb. 2022 – 21 Jan. 2023 |
40 | 25 Jan. 1963 – 12 Feb. 1964 | Jin-Water | 癸 | 卯 | Konyn | 22 Jan. 2023 – 9 Feb. 2024 |
41 | 13 Feb. 1964 – 1 Feb. 1965 | Jang-Hout | 甲 | 辰 | Draak | 10 Feb. 2024 – 28 Jan. 2025 |
42 | 2 Feb. 1965 – 20 Jan. 1966 | Jin-Hout | 乙 | 巳 | Slang | 29 Jan. 2025 – 16 Feb. 2026 |
43 | 21 Jan. 1966 – 8 Feb. 1967 | Jang-Vuur | 丙 | 午 | Perd | 17 Feb. 2026 – 5 Feb. 2027 |
44 | 9 Feb. 1967 – 29 Jan. 1968 | Jin-Vuur | 丁 | 未 | Bok | 6 Feb. 2027 – 25 Jan. 2028 |
45 | 30 Jan. 1968 – 16 Feb. 1969 | Jang-Aarde | 戊 | 申 | Aap | 26 Jan. 2028 – 12 Feb. 2029 |
46 | 17 Feb. 1969 – 5 Feb. 1970 | Jin-Aarde | 己 | 酉 | Haan | 13 Feb. 2029 – 2 Feb. 2030 |
47 | 6 Feb. 1970 – 26 Jan. 1971 | Jang-Metaal | 庚 | 戌 | Hond | 3 Feb. 2030 – 22 Jan. 2031 |
48 | 27 Jan. 1971 – 14 Feb. 1972 | Jin-Metaal | 辛 | 亥 | Vark | 23 Jan. 2031 – 10 Feb. 2032 |
49 | 15 Feb. 1972 – 2 Feb. 1973 | Jang-Water | 壬 | 子 | Rot | 11 Feb. 2032 – 30 Jan. 2033 |
50 | 3 Feb. 1973 – 22 Jan. 1974 | Jin-Water | 癸 | 丑 | Os | 31 Jan. 2033 – 18 Feb. 2034 |
51 | 23 Jan. 1974 – 10 Feb. 1975 | Jang-Hout | 甲 | 寅 | Tier | 19 Feb. 2034 – 7 Feb. 2035 |
52 | 11 Feb. 1975 – 30 Jan. 1976 | Jin-Hout | 乙 | 卯 | Konyn | 8 Feb. 2035 – 27 Jan. 2036 |
53 | 31 Jan. 1976 – 17 Feb. 1977 | Jang-Vuur | 丙 | 辰 | Draak | 28 Jan. 2036 – 14 Feb. 2037 |
54 | 18 Feb. 1977 – 6 Feb. 1978 | Jin-Vuur | 丁 | 巳 | Slang | 15 Feb. 2037 – 3 Feb. 2038 |
55 | 7 Feb. 1978 – 27 Jan. 1979 | Jang-Aarde | 戊 | 午 | Perd | 4 Feb. 2038 – 23 Jan. 2039 |
56 | 28 Jan. 1979 – 15 Feb. 1980 | Jin-Aarde | 己 | 未 | Bok | 24 Jan. 2039 – 11 Feb. 2040 |
57 | 16 Feb. 1980 – 4 Feb. 1981 | Jang-Metaal | 庚 | 申 | Aap | 12 Feb. 2040 – 31 Jan. 2041 |
58 | 5 Feb. 1981 – 24 Jan. 1982 | Jin-Metaal | 辛 | 酉 | Haan | 1 Feb. 2041 – 21 Jan. 2042 |
59 | 25 Jan. 1982 – 12 Feb. 1983 | Jang-Water | 壬 | 戌 | Hond | 22 Jan. 2042 – 9 Feb. 2043 |
60 | 13 Feb. 1983 – 1 Feb. 1984 | Jin-Water | 癸 | 亥 | Vark | 10 Feb. 2043 – 29 Jan. 2044 |
Binne die Vier Pilare is die maand die pilaar wat inligting aandui oor iemand se ouers of kinderdae. Baie Chinese astroloë beskou die maandpilaar as die belangrikste een om die omstandighede van ’n persoon se volwasse lewe te bepaal.
Die 12 diere word ook verbind met die tradisionele Chinese landboukalender, wat saam met die beter bekende maankalender van 60 jaar loop. In plaas van in maande, word dié kalender in 24 dele van twee weke elk verdeel, bekend as sontermyne. Elke dier word verbind met twee sontermyne, dus ’n tydperk wat ooreenstem met ’n Westerse maand. Anders as die 60-jarige maankalender, wat met tot ’n maand van die Gregoriaanse kalender kan verskil, verskil die landboukalender met net een dag; dit begin elke jaar op 3 of 4 Februarie volgens die Gregoriaanse kalender. Anders as die maankalender, wat met die Rot begin, begin die landboukalender met die Tier, want dit is die eerste dier van die lente.
Omdat elke teken met ’n maand van die sonjaar verbind word, word dit ook verbind met ’n seisoen. Elk van die elemente word ook met ’n seisoen verbind. Die element wat ’n seisoen met ’n teken deel, is bekend as dié teken se "vaste element". Daar word dus geglo dat die element van sy eienskappe aan die betrokke teken oordra. Die vaste element van elke teken het ook op die jaar- en uurtekens betrekking, nie net op die maandteken nie. Dit is belangrik om daarop te let dat die vaste elemente verskil van die elemente volgens die 60-jaarsiklus.
Seisoen | Maanmaand | Vaste element | Sonlengtegraad | Sontermyn | Gregoriaanse datum | Benaderde Westerse teken |
---|---|---|---|---|---|---|
Lente | 1ste – 寅 (jin) Tier | Hout | 314° | 立春 lìchūn | 4 Feb. – 19 Feb. | Waterdraer |
329° | 雨水 yǔshuǐ | 20 Feb. – 5 Mrt. | Visse | |||
2de – 卯 (mao) Konyn | Hout | 344° | 驚蟄 jīngzhé | 6 Mrt. – 20 Mrt. | ||
359° | 春分 chūnfēn | 21 Mrt. – 4 Apr. | Ram | |||
3de – 辰 (chen) Draak | Hout | 14° | 清明 qīngmíng | 5 Apr. – 20 Apr. | ||
29° | 穀雨 gǔyǔ | 21 Apr. – 4 Mei | Bul | |||
Somer | 4de – 巳 (si) Slang | Vuur | 44° | 立夏 lìxià | 5 Mei – 21 Mei | |
59° | 小滿 xiǎomǎn | 22 Mei – 5 Jun. | Tweeling | |||
5de – 午 (wu) Perd | Vuur | 74° | 芒種 mángzhòng | 6 Jun. – 21 Jun. | ||
89° | 夏至 xiàzhì | 22 Jun. – 6 Jul. | Kreef | |||
6de – 未 (wei) Bok | Vuur | 104° | 小暑 xiǎoshǔ | 7 Jul. – 22 Jul. | ||
119° | 大暑 dàshǔ | 23 Jul. – 6 Aug. | Leeu | |||
Herfs | 7de – 申 (shen) Aap | Metaal | 134° | 立秋 lìqiū | 7 Aug. – 22 Aug. | |
149° | 處暑 chùshǔ | 23 Aug. – 7 Sep. | Maagd | |||
8ste – 酉 (you) Haan | Metaal | 164° | 白露 báilù | 8 Sep. – 23 Sep. | ||
181° | 秋分 qiūfēn | 24 Sep. – 7 Okt. | Weegskaal | |||
9de – 戌 (xu) Hond | Metaal | 194° | 寒露 hánlù | 8 Okt. – 23 Okt. | ||
211° | 霜降 shuāngjiàng | 24 Okt. – 6 Nov. | Skerpioen | |||
Winter | 10de – 亥 (hai) Vark | Water | 224° | 立冬 lìdōng | 7 Nov. – 22 Nov. | |
244° | 小雪 xiǎoxuě | 23 Nov. – 6 Des. | Boogskutter | |||
11de – 子 (zi) Rot | Water | 251° | 大雪 dàxuě | 7 Des. – 21 Des. | ||
271° | 冬至 dōngzhì | 22 Des. – 5 Jan. | Steenbok | |||
12de – 丑 (chou) Os | Water | 284° | 小寒 xiǎohán | 6 Jan. – 20 Jan. | ||
299° | 大寒 dàhán | 21 Jan. – 3 Feb. | Waterdraer |
Die Vier Pilare bepaal ook die dier van elke dag.[14] Die term hiervoor is "ware diere". Omdat daar 12 tekens en net sewe dae van die week is, is daar ’n herhaling van tekens. Die diere van elke dag is:
Die Chinese zodiac word ook gebruik om die ure van die dag te benoem, met elke teken wat ooreenstem met 'n "wye uur" of "shichen" (時辰), wat 'n tydperk van twee uur is. (24 gedeel deur 12 diere) Die lang uur waarin 'n mens gebore word, is die geheime dier van hom, soos ons hierbo gesê het.
Die tyd van geboorte bepaal 'n persoon se tweede teken of ascendant teken in Chinese astrologie.
Die volgende tye is in sontyd:
Tyd | Teken |
---|---|
23:00 - 01:00 | Muis |
1:00 - 3:00 | Os |
3:00 - 5:00 | Tiger |
5:00 - 7:00 | Konyn |
7:00 - 9:00 | Draak |
9:00 - 11:00 | Slang |
11:00 - 13:00 | Perd |
13:00 - 15:00 | Bok |
15:00 - 17:00 | Aap |
17:00 - 19:00 | Haan |
19:00 - 21:00 | Hond |
21:00 - 11:00 | Vark |
Vir 'n persoon gebore in Suid-Afrika, die relevante geboortetye is :[14]
Pretoria |
Kaapstad |
|
|
Omdat die Chinese diereriem saamgestel is volgens die antieke Vyf Elemente, is elke Chinese teken saamgestel uit vyf elemente – met verhoudings wat daarvan afhang. Verskillende mense wat onder ’n sekere teken gebore is, het verskillende persoonlikhede, en astroloë raadpleeg sulke tradisionele besonderhede om raad te gee oor die versoenbaarheid van twee mense.[15]
Algemene versoenbaarheid van Chinese tekens[16]
Teken | Beste maats | Gemiddelde maats | Slegte maats |
---|---|---|---|
Rot | Rot, Draak Aap | Slang, Slang, Haan, Os, Vark, Konyn, Bok, Hond, Tier | Perd |
Os | Os, Slang, Haan | Draak, Aap, Rot, Hond, Tier, Perd, Vark, Konyn | Bok |
Tier | Tier, Hond, Perd | Vark, Konyn, Bok, Slang, Haan, Os, Draak, Rot | Aap |
Konyn | Konyn, Vark, Bok | Hond, Tier, Perd, Draak, Aap, Rot, Slang, Os | Haan |
Draak | Draak, Aap, Rot | Slang, Haan, Os, Vark, Konyn, Bok, Tier, Perd | Hond |
Slang | Slang, Haan, Os | Draak, Aap, Rot, Hond, Tier, Perd, Konyn, Bok | Vark |
Perd | Perd, Hond, Tier | Vark, Konyn, Bok, Slang, Haan, Os, Draak, Aap | Rot |
Bok | Bok, Vark, Konyn | Hond, Tier, Perd, Draak, Aap, Rot, Slang, Haan | Os |
Aap | Aap, Draak, Rot | Slang, Haan, Os, Vark, Konyn, Bok, Hond, Perd | Tier |
Haan | Haan, Slang, Os | Draak, Aap, Rot, Hond, Tier, Perd, Vark, Bok | Konyn |
Hond | Hond, Tier, Perd | Vark, Konyn, Bok, Slang, Haan, Os, Aap, Rot | Draak |
Vark | Vark, Konyn, Bok | Hond, Tier, Perd, Draak, Aap, Rot, Haan, Os | Slang |
Die trigone in Chinese astrologie is vier groepe van drie diere elk. Die groepe verskaf verdere insig in die eienskappe van mense wat onder spesifieke tekens gebore is. Die drie tekens in ’n trigoon deel sekere eienskappe.[17]
Die eerste trigoon bestaan uit die Rot, Draak en Aap. Hierdie drie tekens is intense en magtige individue wat goeie werk kan doen en goeie leiers kan wees, maar hulle is taamlik onvoorspelbaar. Hulle is intelligent, grootmoedig, charismaties, sjarmant, gesaghebbend, selfversekerd, welsprekend en kunstig, maar kan manipulerend, jaloers, selfsugtig aggressief, wraaksugtig en bedrieglik wees.
Die tweede trigoon bestaan uit die Os, Slang en Haan. Hierdie tekens het uithouvermoë en toewyding, met ’n stadige opgaring van energie en noukeurigheid in beplanning, maar hulle neig tot vasgestelde opinies. Hulle is intelligent, hardwerkend, beskeie, ywerig, getrou, filosofies, geduldig, goedhartig en moreel onkreukbaar, maar kan ook eiegeregtig, ydel, egoïsties, eng en kleinsielig wees.
Die derde trigoon bestaan uit die Tier, Perd en Hond. Hulle soek ware liefde, streef humanitêre sake na en is idealisties en onafhanklik, maar neig om impulsief te wees. Hulle is produktief, entoesiasties, onafhanklik, innemend, dinamies, eerbaar, lojaal en beskermend, maar kan ook oorhaastig, rebels, stryerig, angstig, onplesierig en hardkoppig wees.
Die vierde trigoon bestaan uit die Konyn, Bok en Vark. Hulle het ’n kalm geaardheid en ’n redelike benadering. Hulle soek skoonheid en is kunstig, goedgemanierd en deernisvol, maar afsydig. Die drie tekens is ook selfopofferend, inskiklik, oordeelkundig, empaties, taktvol en omsigtig, maar kan naïef, wysneusig, onseker, selfsugtig, besluiteloos en pessimisties wees.
Die 12 Aardtakke word sedert die Han-dinastie gebruik om die tyd van die dag aan te dui. Ter wille van vermaak en gerief is hulle deur die 12 diere vervang. Die 24 uur in ’n dag word opgedeel in 12 tydperke, en ’n eselsbrug verwys na die gedrag van die diere.
Soms verwys die Aardtakke na ’n tydperk van twee uur, en soms na die middel van die tydperk. Perd kan byvoorbeeld dui op 11:00 tot 13:00 of op 12:00.
’n Antieke volksverhaal vertel die storie van die Kat en die Rot wat nie goed kon swem nie. Hulle was egter albei intelligent. Om by ’n vergadering met die Jadekeiser uit te kom, moes hulle ’n rivier oorsteek. Die Jadekeiser het ook aangekondig dat die jare op die kalender na die diere genoem sou word in die volgorde waarin hulle by die vergadering opdaag. Die Kat en Rot het besluit die beste manier om die rivier oor te steek was om op die rug van die Os te ry. Die goedhartige en naïewe Os het ingestem.
Haldpad deur die rivier het die Rot die Kat van die Os se rug afgestamp. Toe hulle op die oorkantse oewer aankom, het hy van die Os se rug afgespring en na die Jadekeiser gehardloop. Hy was dus die eerste dier wat by die vergadering opgedaag het en die eerste maand van die jaar is na hom genoem. Die Os het tweede gekom in die resies. Die derde dier wat opgedaag het, was die Tier. Al kon hy goed swem, het hy gekla die stromings in die water het hom stroomaf laat dryf.
Die volgende aankomeling was die Konyn. Hy het verduidelik hoe hy oor die rivier gekom het: deur van klip tot klip te spring. Halfpad het hy egter in die water geval, maar hy was gelukkig genoeg om ’n stomp te kry om aan vas te hou. Dié het hom eindelik wal toe laat dryf. Hy was dus die vierde dier op die kalender.
Vyfde was die Draak. Die Jadekeiser het gewonder hoekom hy nie eerste was nie, aangesien hy kon vlieg. Die Draak het verduidelik dat hy by ’n dorpie moes stop om vir die inwoners reën te bring. Daarna het hy die Konyn in die water sien spartel terwyl hy aan die boomstomp vasklou. Hy het dus ’n goeie daag verrig en op die dier geblaas om hom na die oewer te help dryf.
Net toe is ’n galop gehoor – dit was die perd wat opgedaag het, met die Slang wat op sy hoef wegkruip. Toe die Slang afspring, het die Perd geskrik en teruggesteier. Die Slang het dus sesde gekom en die Perd net ná hom in die sewende plek. Ná ’n ruk het die Bok, Aap en Haan opgedaag. Hulle het saam daarin geslaag om die oewer te haal. Die Haan het ’n vlot gevind en die Aap en Bok het die onkruid uit die pad gepluk. Die Jadekeiser was beïndruk met hul samewerking. Hy het die Bok as die agtste dier aangewys, gevolg deur die Aap en toe die Haan. Die elfde dier wat opgedaag het, was die Hond. Hoewel hy die beste kon swem, het hy besluit om eers ’n bietjie in die water te speel. Sy verduideliking vir hoekom hy laat was, was egter dat hy ’n goeie bad nodig gehad het ná ’n towerspel. Hy het dit dus amper nie tot by die eindstreep gemaak nie.
Net toe die Jadekeiser die resies gesluit wou verklaar, is ’n "oink"-geluid gehoor. Dit was die Vark, wat laaste gearriveer het. Hy het in die middel van die resies honger geword en gestop om iets te eet; toe raak hy aan die slaap. Hy het net betyds wakker geword om die kalender te haal.
Intussen het die Kat verdrink en hy het nooit by die vergadering opgedaag nie. Daar word geglo dis die rede hoekom katte altyd op rotte jag maak.
In Boeddhisme is ’n legende waarvolgens die Boeddha al die diere genooi het om hom te kom groet voor hy hierdie aarde verlaat, maar net 12 diere het opgedaag. Om hulle te beloon het die Boeddha ’n jaar na elk van hulle genoem. Die name is gegee in die volgorde waarin die diere opgedaag het.
Die verhaal van die 12 diere van die Chinese diereriem het in die vroeë stadiums van die Chinese beskawing ontstaan en is oor honderde jare tot die huidige weergawe ontwikkel. Dit is moeilik om die oorsprong vas te stel. Die meeste historici glo die Kat is nie ingesluit nie omdat katte toe nog nie uit Indië na China gebring is nie.
Vanweë ’n verwarring oor sinonieme tydens die vertaling van die Chinese diereriem, het sekere diere waarvan name in ander tale gebruik word, nie in antieke China bestaan nie. So kan die karakter 羊 bok, ram of skaap beteken. Ook kan 鼠 as rot of muis vertaal word, want daar is nie in Chinees verskillende name vir hulle nie. Ook 豬 kan as vark of wildevark vertaal word en 牛 beteken os of bees. 雞 kan as haan of hoender vertaal word.
Die Chinese astrologie word nie net in China beoefen nie. Veral in Asië word dit algemeen gebruik, hoewel van die tekens in die diereriem verskil.
Die Koreaanse diereriem gebruik die Skaap pleks van die Bok – 양 (yang) verwys gewoonlik spesifiek na ’n skaap, terwyl ’n ander woord, 염소 (yeomso), bok beteken.
Die Japannese diereriem sluit ook die Skaap (hitsuji) pleks van die Bok (yagi) in, en die Wildevark (inoshishi) in die plek van die Vark (buta).[18] Die Japannese vier sedert 1873 Nuwejaar op 1 Januarie, volgens die Gregoriaanse kalender.
Die Viëtnamese diereriem se tweede dier is die Waterbuffel in plaas van die Os. Die vierde dier is die Kat en nie die Konyn nie.
Die Cham-volk van Suidoos-Asië vervang die Aap met die Skilpad (kra). Die Maleisiërs vervang twee diere met die Skildpad (kura-kura) en Bisamhert (kancil). Een van die diere wat vervang word, is altyd die Konyn; die ander is óf die Vark óf die Aap.
Die Thaise diereriem sluit die Nāga in pleks van die Draak.[19] Die nuwe jaar begin op die eerste dag van die vyfde maand op die Thaise maankalender of tydens die Songkran-fees, wat nou van 13 tot 15 April gevier word, na gelang van die doel.[20]