Diphda (ook bekend as Beta Ceti of β Cet) is die helderste ster in die sterrebeeldWalvis (Cetus). Hoewel dit die Bayer-naam Beta Ceti het, is dit met ’n skynbare magnitude van 2,04 eintlik helderder as Alpha Ceti met sy magnitude van 2,54. Die oranjereus is maklik om uit te ken vanweë sy ligging in ’n andersins donker deel van die hemelruim. Volgens parallaksmetings is dit sowat 96,3 ligjare van die Son af.[2]
Diphda het ’n sterreklassifikasie van K0 III,[1] hoewel dit in sommige bronne as G9,5 III geklassifiseer word,[5] wat daarop dui dit lê op die skeidingslyn van G- en K-tipe sterre. "III" dui aan dit is ’n reusester wat die waterstof in sy kern opgebruik en weg van die hoofreeks beweeg het.[5] Dit verbrand nou helium in sy kern.[12] Diphda sal langer as 100 miljoen jaar in dié fase bly.[7]
Die ster se oppervlaktemperatuur is sowat 4 797 K,[8] en dit gee dit die tipiese oranje kleur van ’n K-tipe ster.[13] Ondanks sy koeler temperatuur is dit omtrent 145 keer so helder as die Son,[14] want sy radius is 18 keer[6] groter. Sy massa is 2,8 keer die Son s'n.[5]
Die ster toon opvlammings, wat beteken die helderheid vergroot, oor tydperke van verskeie dae. In vergelyking daarmee toon die Son opvlammings van enkele ure.[12]
Die ster se Bayer-naam is "Beta Ceti" en sy Flamsteed-naam "16 Ceti". Die tradisionele name is "Diphda" en "Deneb Kaitos". Diphda is Arabies vir "padda", van die frase ضفدع الثاني aḍ-ḍifdaʿ aṯ-ṯānī; die "tweede padda" (die "eerste padda" is Fomalhaut). Deneb Kaitos kom van الذنب القيتوس الجنوب Al Dhanab al Ḳaiṭos al Janūbīyy, "die suidelike stert van Cetus".[15]
↑ 3,03,13,2Johnson, H. L. et al. (1966), "UBVRIJKL photometry of the bright stars", Communications of the Lunar and Planetary Laboratory4 (99): 99, Bibcode: 1966CoLPL...4...99J
↑Elgarøy, Øystein; Engvold, Oddbjørn; Lund, Niels (March 1999), "The Wilson-Bappu effect of the MgII K line – dependence on stellar temperature, activity and metallicity", Astronomy and Astrophysics343: 222–228, Bibcode: 1999A&A...343..222E
↑ 5,05,15,25,3 (March 2005) "Emission measures for the single giant β Ceti". Proceedings of the 13th Cambridge Workshop on Cool Stars, Stellar Systems and the Sun, held 5-9 July, 2004 in Hamburg, Germany, European Space Agency.
↑ 8,08,18,2Massarotti, Alessandro; et al. (Januarie 2008). "Rotational and Radial Velocities for a Sample of 761 HIPPARCOS Giants and the Role of Binarity". The Astronomical Journal. 135 (1): 209–231. Bibcode:2008AJ....135..209M. doi:10.1088/0004-6256/135/1/209.
↑Samus, N. N.; Durlevich, O. V.; et al. (2009). "VizieR Online Data Catalog: General Catalogue of Variable Stars (Samus+ 2007–2013)". VizieR On-line Data Catalog: B/gcvs. Oorspronklik gepubliseer in: 2009yCat....102025S. 1. Bibcode:2009yCat....102025S.
↑"bet Cet -- Variable Star". SIMBAD (in Engels). Centre de Données astronomiques de Strasbourg. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Maart 2016. Besoek op 30 September 2010.
↑ 12,012,1Ayres, Thomas R.; Osten, Rachel A.; Brown, Alexander (November 2001). "3 Ms in the Life of β Ceti: Sustained Flare Activity on a Clump Giant Detected by the Extreme Ultraviolet Explorer". The Astrophysical Journal. 562 (1): L83–L86. Bibcode:2001ApJ...562L..83A. doi:10.1086/337971.
↑Kaler, James B. "DENEB KAITOS (Beta Ceti)" (in Engels). University of Illinois. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2019. Besoek op 30 September 2010.