Eris (in die middel) en Disnomia (links) soos afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop. | |
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | [1] |
Datum | 10 September 2005[1] |
Kleinplaneet-benaming | (136199) Eris I Disnomia |
Alternatiewe name | S/2005 (2003 UB313) 1 |
Wentelbaaneienskappe [2] | |
Halwe lengteas | 37,350±140 km |
Wentelperiode | 15,774±0,002 d |
Baanhelling | 142±3 ° |
Satelliet van | Eris |
Fisiese eienskappe |
|
Radius by ewenaar | 342±25 km (albedo vyf keer laer as Eris se een)[3]
175–245 km[4] 50–125 km[5] |
Skynmagnitude | ~23,1[6] |
Absolute magnitude | ~3,2[6][4] |
Disnomia, amptelik (136199) Eris I Disnomia (Grieks: Δυσνομία), is sover bekend die enigste natuurlike satelliet van Eris, die grootste dwergplaneet in die sonnestelsel. Dit is in 2005 ontdek deur Mike Brown en ’n span aan die W.M. Keck-sterrewag in Hawaii. Dit is S/2005 (2003 UB313) 1 genoem totdat dit die naam Disnomia gekry het (genoem na die dogter van die Griekse godin Eris, na wie die dwergplaneet genoem is).
Disnomia het ’n geraamde deursnee van 700 ± 115 km met ’n albedo van 0,04+0,02−0,01, soos gemeet deur die teleskoop ALMA in Chili.[7] Van die bekende mane van kleinplanete is net Charon groter as Disnomia.
Die maan is gebruik om Eris se massa te meet, en die wentelbaanparameters is vasgestel. Dinomia se wentelperiode is na raming 15,774±0,002 dae.[2] Dit dui daarop dat dit ’n ronde wentelbaan om Eris het, met ’n radius van 37 350±140 km.[2] Dit het gewys Eris se massa is 1,27 keer dié van Pluto.[2]
Die dwergplaneet Eris lê in die Kuipergordel. Sterrekundiges weet nou die ses helderste Kuipergordelvoorwerpe (KGV's) het almal satelliete. Van die dowwer voorwerpe in die gordel het sover bekend net sowat 10% satelliete. Dit is vermoedelik ’n aanduiding dat botsings tussen groot KGV's in die verlede dikwels voorgekom het.
Botsings tussen liggame met ’n deursnee van sowat 1 000 km sal groot hoeveelhede materiaal wegskiet wat dan sal saamsmelt om ’n maan te vorm. ’n Soortgelyke meganisme het waarskynlik tot die vorming van die Aarde se eie Maan gelei toe die planeet vroeg in die geskiedenis van die Sonnestelsel teen ’n hipotetiese planeet, Theia, gebots het.
{{cite journal}}
: Onbekende parameter |coauthors=
geïgnoreer (hulp); Ongeldige |ref=harv
(hulp)
{{cite journal}}
: Ongeldige |ref=harv
(hulp)
{{cite journal}}
: Cite journal requires |journal=
(hulp); Onbekende parameter |class=
geïgnoreer (hulp); Onbekende parameter |coauthors=
geïgnoreer (hulp)