| |||||
Volkslied: Bilady, Bilady, Bilady (Arabies vir: "My land, my land, my land") | |||||
Hoofstad | Kaïro | ||||
Grootste stad | Kaïro | ||||
Amptelike tale | Arabies | ||||
Regering | Unitêre semi-presidensiële republiek Abdel Fattah el-Sisi Moustafa Madbouly | ||||
Onafhanklikheid Vorming
• Unifikasie van Bo- en Benede-Egipte • Muhammad Ali dinastie ingehuldig • Onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk • Rewolusiedag • Republiek verklaar • Huidige grondwet |
ca. 3150 v.C.[1][2] 9 Julie 1805[3] 28 Februarie 1922 23 Julie 1952 18 Junie 1953 18 Januarie 2014 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
1 010 407,87[4] km2 (29ste) 390 121 myl2 0,632 | ||||
Bevolking - 2017-skatting - 2017-sensus - Digtheid |
97 185 500[5] (13de) 94 798 827[6] 96 / km2 (118de) 248,6 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2018-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2017-skatting | ||||
MOI (2015) | 0,691[8] (111de) – medium | ||||
Gini (2015) | 31,8[9] – medium | ||||
Geldeenheid | Pond (EGP )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
OET (UTC+2) (UTC) | ||||
Internet-TLD | .eg, مصر. | ||||
Skakelkode | +20 |
Egipte (Arabies: مِصر, Miṣr; Egiptiese Arabies: مَصر, Maṣr; Kopties: Ⲭⲏⲙⲓ, Khēmi), amptelik die Arabiese Republiek Egipte (Arabies: جمهورية مصر العربية, Jumhūrīyat Miṣr al-ʻArabīyah; Egiptiese Arabies: Gomhoreyyet Maṣr el-ʿArabeyya), is 'n transkontinentale republiek wat hoofsaaklik in Noordoos-Afrika lê, maar ook die Sinaïwoestyn in Suidwes-Asië insluit.
Egipte bedek 'n area van sowat 1 010 408 km². Die land is aangrensend tot Libië in die weste, Soedan in die suide en Israel in die noordooste en het kuslyne in die noorde by die Middellandse See en die Rooisee in die ooste, onderskeidelik.
Die oorgrootte meerderheid van Egipte se 97,2 miljoen mense (2017) lewe minder as 'n kilometer weg van die oewers van die Nylrivier (omtrent 40 000 km²), waar die enigste bewerkbare land voorkom. Groot dele van die land maak deel uit van die Saharawoestyn en is yl bevolk. Vandag is die meerderheid Egiptenaars verstedelik en is hoofsaaklik woonagtig in die hoofstad Kaïro (bevolking ongeveer 15,2 miljoen) en Alexandrië (bevolking ongeveer 4,5 miljoen).
Egipte spog met een van die oudste beskawings wat terug dateer tot in 3000 v.C. met landbou en handel wat goed gevestig was. Die land is veral bekend vir die massiewe piramides wat opgerig is deur verskeie Farao's.