Tesame met sy skryfwerk was hy ook professor van Lettere en Wysbegeerte aan Boston-universiteit, welke die Elie Wiesel Sentrum vir Joodse Studies gestig het. Hy was betrokke by Joodse bewegings en het bygedra om die Holocaust Gedenkmuseum van die Verenigde State in Washington, D.C. te stig. Wat sy politieke aktiwiteite betref het hy ook veldtogte gehou vir die slagoffers van onderdrukking in plekke soos Nicaragua, Kosovo, en oorloggeteisterde Darfoer in Soedan. Hy het in die openbaar die 1915 Armeense volksmoord veroordeel en 'n sterk verdediger van menseregte gedurende sy leeftyd gebly. Hy is beskryf as "die belangrikste Jood in Amerika" deur die Los Angeles Times.[4]
Die Nobelprys vir Vrede is in 1986 aan Wiesel toegeken, by welke geleentheid die Noorweegse Nobelkomitee hom 'n "boodskapper aan die mensdom" genoem het en dat Wiesel, deur sy stryd om vrede te maak met "sy eie persoonlike ondervindinge van totale vernedering en die uiterste minagting vir menslikheid soos ten toon gestel is in Adolf Hitler se doodskampe", sowel as sy praktiese werk in vredesake 'n boodskap "van vrede, versoening en menslike waardigheid" aan die mensdom gelewer het.[5] Hy was 'n stigterslid van die New York Menseregte-stigting en het deur sy leeftyd daarby betrokke gebly.[6][7]
Elie Wiesel is gebore in Sighet, Maramureș, in die Karpatiese gebergtes in Roemenië.[8] Sy ouers was Sarah Feig en Shlomo Wiesel. Wiesel het drie susters gehad — sy ouer susters Beatrice en Hilda en 'n jonger suster genaamd Tzipora. Beatrice en Hilda het die Tweede Wêreldoorlog oorleef en is met Wiesel herenig by 'n Franse kinderhuis. Hulle het uiteindelik na Noord-Amerika geïmmigreer, met Beatrice wat na Montreal, Quebec, Kanada getrek het. Sy suster Tzipora en sy ouers Shlomo en Sarah het egter nie die Holocaust oorleef nie.
Duitsland het Hongarye in Maart 1944 ingeneem, wat die Holocaust na die land uitgebrei het.[10] Wiesel was op die stadium vyftien jaar oud en is saam met sy gesin en die res van die dorp se Joodse bevolking in een van die twee interneringskampe wat in Máramarossziget (Sighet) opgestel is geplaas synde die dorp waarin Wiesel gebore en grootgemaak is. Wiesel se indentifikasienommer was "A-7713" en dit is op sy linkerarm getatoeëer.[11][12] Die kamp was op 11 April 1945 deur die Amerikaanse Leër bevry, net toe die geïnterneerde persone verplaas sou word van Buchenwald af.[13]
Na die einde van die Tweede Wêreldoorlog en Wiesel se bevryding het hy die verskuiwing van 1 000 kinderoorlewendes van Buchenwald na Ecouis, Frankryk, meegemaak waar die Œuvre de secours aux enfants (OSE) 'n rehabilitasiesentrum opgestel het. Wiesel het daarna aangesluit by 'n kleiner groep van negentig tot honderd seuntjies van ortodokse huise wat kosher geriewe asook 'n hoër vlak van religieuse nakoming verlang het. Daar is vir hulle gesorg in 'n huis in Ambloy wat onder beheer van Judith Hemmendinger gestaan het. Die huis is weldra na Taverny geskuif en is tot 1947 bedryf.[14][15]
Teen die tyd dat hy negentien was het hy begin werk as 'n joernalis en in Frans geskryf, terwyl hy ook in Hebreeus onderrig gegee het en gewerk het as 'n koormeester.[17] Hy het vir sowel Israeli as Franse koerante geskryf, insluitende Tsien in Kamf (in Jiddisj).[16]
Wiesel het vir tien jaar na die oorlog geweier om enigiets te skryf oor, of sy ondervindinge te deel betreffende sy ondervindinge tydens die Holocaust. Hy het dit in heroorweging begin bring na 'n vergadering met die Franse outeur François Mauriac, wat in 1952 die Nobelprys in Literatuur gewen het en uiteindelik een van Wiesel se nouste vriende sou word. Mauriac was 'n toegewyde Christen en het in die Franse Weerstandsbeweging geveg. Hy het Wiesel vergelyk met "Lasarus van Bethanië wat opstaan uit die dood", en het in Wiesel se gepynigde oë "die dood van God in die siel van 'n kind gesien".[18][19] Mauriac het Wiesel oortuig om te begin skryf oor sy hartverskeurende ondervindinge.[16]
Wiesel het eerste die 900 bladsye lange memoiresUn di velt hot geshvign (En die Wêreld Het Geswyg) in Jiddisj geskryf, wat later in verkorte vorm in Buenos Aires gepubliseer is.[20] Wiesel het in 1955 'n verkorte weergawe van die manuskrip in Frans geskryf onder die titel, La Nuit. Dit is in 1960 in Engels vertaal onder die titel Night.[21] Daar is slegs 'n paar kopieë van die boek verkoop na publikasie daarvan, maar dit het steeds die aandag van resensente getrek, wat gelei het tot televisie onderhoude en vergaderings met literêre figure soos Saul Bellow.
Nadat dit in gewildheid toegeneem het is Night weldra in 30 tale vertaal, met tien miljoen eksemplare wat in die VSA alleen verkoop is. Op een stadium het die rolprentregisseur Orson Welles dit oorweeg om die boek vir 'n rolprent aan te pas, maar Wiesel het geweier omrede hy van mening was dat sy memoires se betekenis verlore sou gaan indien dit vertel is sonder die stiltes tussen-in sy woorde.[22]Oprah Winfrey het die boek in 2006 vir haar boekklub gekies.
In 1955 het Wiesel na New York Stad verhuis as 'n buitelandse korrespondent vir die Israelse dagblad, Yediot Ahronot. In 1969 het hy met die Oostenryker Marion Erster Rose getrou. Sy sou uiteindelik baie van sy boeke vertaal. Hulle het 'n seun genaamd Shlomo Elisha Wiesel gehad wat vernoem is na Wiesel se vader.[23]
Wiesel sou voortgaan om meer as veertig boeke in die VSA te skryf. Die meeste daarvan is nie-fiksie Holocaust literatuur en romans. As outeur is 'n aantal literêre pryse aan hom toegeken. Sy boeke word as van die belangrikste werke in die beskrywing van die Holocaust, wat vanuit 'n hoogs persoonlike perspektief geskryf is, beskou. As gevolg daarvan het verskeie geskiedkundiges Wiesel daarmee gekrediteer dat hy aan die term Holocaust sy huidige betekenis en gedaante gegee het, alhoewel hy nie gevoel het dat die woord op genoegsame wyse die geskiedkundige gebeurtenis omvat en vergestalt nie.[24]
In 1975 was hy medestigter van die tydskrif Moment saam met die skrywer Leonard Fein.
Daar word gesê dat die 1979 boek en toneelstuk The Trial of God gebaseer is op Wiesel se werklike ondervindinge in Auschwitz en sy getuienis van drie sterwende Jode wat 'n regsaksie teen God voer onder die beskuldiging dat God onderdrukkend teenoor die Jode optree. Wiesel het homself as 'n agnostikus beskryf.[25]
Wiesel het ook 'n rol gespeel in die aanvanklike sukses van The Painted Bird deur Jerzy Kosinski, voor onthullings dat die boek fiksioneel is in die opsig dat dit voorgestel is as Kosinski se ware ondervindinge.[26][27]
Wiesel het twee volumes memoires gepubliseer. Die eerste was All Rivers Run to the Sea, wat in 1994 gepubliseer is en sy lewe tot 1969 dek. Die tweede, getiteld And the Sea is Never Full, is in 1999 gepubliseer en dek die jare 1969 tot 1999.[28]
Wiesel het op die oggend van 2 Julie 2016 in sy huis in Manhattan op die ouderdom van 87 beswyk.[29][30][31]
Die Republikeinse senator van Utah, Orrin Hatch, het 'n huldeblyk aan Wiesel op die vloer van die Amerikaanse senaat die week daarna gelewer: "Met Elie se heengaan het ons 'n baken van menslikheid en hoop verloor. Ons het 'n menseregte-held en 'n uitblinker van Holocaustliteratuur verloor."[32]
In 2018 is anti-semitiese graffiti op die huis gevind waar Elie Wiesel gebore is.[33]
S. Roger Horchow Toekenning vir Grootste Openbare Diens deur 'n Private Burger, 'n prys wat jaarliks uitgegee word deur Jefferson Toekennings vir Openbare Diens, 2013.[46]
John Jay Medalje vir Geregtigheid, John Jay Kollege, 2014.[47]
↑"NLS Other Writings: Say How, U-X". National Library Service for the Blind and Physically Handicapped (NLS) - Library of Congress. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Oktober 2019. Besoek op 13 April 2019.
↑Wiesel, Elie (2000). And the Sea Is Never Full: Memoirs, 1969–. Random House Digital, Inc. ISBN978-0-8052-1029-3. Some of the questions: God? 'I'm an agnostic.' A strange agnostic, fascinated by mysticism.
↑"Honorary Degree Recipients" (in Engels). Seton Hall-universiteit. 17 April 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2017. Besoek op 5 Februarie 2012.
Berenbaum, Michael. The Vision of the Void: Theological Reflections on the Works of Elie Wiesel. Middletown, CT: Wesleyan University Press, 1979. ISBN 0-8195-6189-4
Rota, Olivier. Choisir le français pour exprimer l'indicible. Elie Wiesel, in Mythe et mondialisation. L'exil dans les littératures francophones, Actes du colloque organisé dans le cadre du projet bilatéral franco-roumain « Mythes et stratégies de la francophonie en Europe, en Roumanie et dans les Balkans », programme Brâcuşi des 8–9 septembre 2005, Editura Universităţii Suceava, 2006, pp.47–55. Her-uitgereik in Sens, Des. 2007, pp.659–668.
"Free At Last: Elie Wiesel, Plainclothes Nuns, and Breakthroughs – Or Witnessing a Witness of History", pp.19–21 in 'Spirit of America, Vol. 39: Simple Gifts', La Crosse, WI: DigiCOPY, 2017, Essay deur David Joseph Marcou oor sy ontmoeting met Mnr. Wiesel in sy boek by die webblad van sy werke by die Biblioteek van die Missouri J-School [1]