Ernst Mach | |
Geboortenaam | Ernst Waldfried Josef Wenzel Mach |
---|---|
Gebore | Brno, Morawië, Keiserryk Oostenryk | 18 Februarie 1838
Oorlede | 19 Februarie 1916 (op 78) München, Beiere, Duitse Keiserryk |
Nasionaliteit | Oostenryks |
Instelling(s) | Universiteit van Graz Karel-Universiteit (Praag) Universiteit van Wene |
Alma mater | Universiteit van Wene |
Doktorale promotor(s) | Andreas von Ettingshausen |
Doktorale student(e) | Heinrich Gomperz Ottokar Tumlirz |
Ander bekende student(e) | Andrija Mohorovičić |
Bekend vir | Mach-getal Mach-beginsel Skokgolwe Mach-golwe Mach se refleksieeffekte Mach-band Kritiek op Isaac Newton se emmer-argument Mach se diamante |
Beïnvloed deur | Andreas von Ettingshausen,[1] Gustav Fechner,[2] Carl Ludwig,[3] |
Invloed op | Weense Sirkel, Ludwig Boltzmann, Albert Einstein, Wolfgang Pauli, William James, Wilhelm Kienzl,[4] Pierre Duhem[5] |
Handtekening | |
notas | Hy was die oupa van Wolfgang Pauli. Die Mach-Zehnder-interferometer is genoem na sy seun, Ludwig Mach, wat ook 'n fisikus was. |
Ernst Mach (Brno, 18 Februarie 1838 – Vaterstetten, 19 Februarie 1916) was 'n Oostenrykse natuurkundige en filosoof. Hy is bekend vir sy bydraes tot die natuurkunde, soos die Mach-getal en sy studie van skokgolwe. As wetenskapsfilosoof het hy 'n groot invloed op die logiese positivisme. Hy het kritiek op die -abstrakte- absolute ruimte van Isaac Newton en was as ondersteuner van relatiwiteit 'n voorloper van die relatiwiteitsteorie van Albert Einstein.
Mach studeer in die wiskunde en natuurkunde aan die Universiteit van Wene. Hy werk vanaf 1864 aan die Universiteit van Graz, word in 1867 hoogleraar in eksperimentele natuurkunde in Praag en in 1895 hoogleraar filosofie in Wene.
Mach bewys eksperimenteel die Doppler-effek in liggolwe in 1861 en vloeistofgolwe in 1878. Die metodes van Mach vind toepassing in die astrofisika, waar dit nog steeds gebruik word om via die rooiverskuiwing, die snelheid van hemelliggame ten opsigte van die aarde vas te stel. Ook lewer hy 'n bydrae tot die optika, waar die "lyne van Mach of bande van Mach" gesien kan word op skaduwee rande. Dit is n optiese illusie.
Mach doen ook belangrike werk op die gebied van die wetenskapsfilosofie, en skryf oor die geskiedenis van die natuurwetenskappe. Ook skryf hy handboeke vir die natuurkunde.
Mach wil die empiriese wetenskappe suiwer van metafisiese verontreinig en die empiriese inhoud van wetenskaplike kennis ondersoek. Hy probeer wetenskaplike begrippe te herlei tot die psigologiese gewaarwording van mense. Die wêreld bestaan uit ‘n geheel van gewaarwordinge wat saamgestel word uit elemente soos kleur, geluide, warmte, ens. Alle kennis kan gereduseer word tot hierdie gewaarwordinge volgens Mach. Om ons kennis ekonomies in te rig, gebruik ons ook begrippe wat nie regstreeks aansluit by ons gewaarwording nie.
Byvoorbeeld die begrip "stoel" sluit nie aan by die gewaarwording daarvan nie, want daarin tref ons alleen die elemente kleur en hardheid aan. Die begrip "stoel" is volgens Mach dan ook 'n konstruksie, 'n ekonomiese ordening waarin ervarings saamgevat word. Wat vir die begrip stoel geld, gaan volgens Mach ook vir wetenskaplike kennis geld. Wetenskaplike wette is volgens Mach nie anders as ekonomiese samevattinge van gewaarwordinge nie. Uiteindelik word Mach met dieselfde probleme gekonfronteerd as die empiriese psigologie. Waar en hoe word algemene uitsprake (wette) gekonstrueer?
Aan Mach word 'n aantal beginsels toegeskryf wat voortspruit uit sy ideaal vir fisika teorievorming, tans genoem machiaanse fisika, naamlik:
Dit laatste beginsel is by name deur Albert Einstein as dié beginsel van Mach gekies. Dit is deur Einstein aangehaal as een van die drie beginsels wat ten grondslag lê van die algemene relatiwiteitsteorie. In 1930 verklaar hy dat "dit geregverdig is om Mach te beskou as die voorloper van die algemene relatiwiteitsteorie", hoewel Mach, Einstein se teorie verwerp. Einstein was daarvan bewus dat sy teorieë nie alle beginsels van Mach vervul nie.