Gill Marcus | |
9de goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank
| |
Ampstermyn November 2009 – November 2014 | |
Voorafgegaan deur | Tito Mboweni |
---|---|
Opgevolg deur | Lesetja Kganyago |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 10 Augustus 1949 Johannesburg, Unie van Suid-Afrika |
Alma mater | Universiteit van Suid-Afrika |
Gill Marcus (gebore 10 Augustus 1949) was vanaf November 2009 tot November 2014 die negende goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank. Sy is die eerste en enigste vrou wat die pos beklee het.[1]
Marcus is in Johannesburg in Suid-Afrika gebore.[2][3] Haar ouma en oupa was Joodse immigrante vanaf Litaue. Albei haar ouers is egter in Suid-Afrika gebore.[4]
Haar ouers was anti-apartheidsaktiviste en lede van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP). Hulle het in 1969 in ballingskap gegaan en hulle kinders, Marcus en haar twee susters en 'n broer, saamgeneem. Sy het 'n graad deur middel van korrespondensie aan die Universiteit van Suid-Afrika verwerf.[3] Sy het ook self by die SAKP en die ANC aangesluit. In 1970 het sy in Londen vir die verbande ANC se Departement van Inligting en Publisiteit (DIP) begin werk en is tot adjunk-sekretaris bevorder.
In 1990 keer sy na Suid-Afrika terug, nadat die ANC ontban is.[5]
Sy word in 1994 verkies tot Lid van die Parlement en word as die Adjunkminister van Finansies onder Trevor Manuel in Nelson Mandela se die Regering van Nasionale Eenheid aangestel.[6] In 1999 is sy as adjunk-goewerneur van die Reserwebank aangestel onder Tito Mboweni. Sy het die pos vir vyf jaar beklee waarna haar kontrak nie hernu is nie omdat sy nie met Mboweni oor die weg kon kom nie.[3][7]
Daarna is sy as buitengewone professor aan die Gordon Institute of Business Science (Gibs) aangestel. Sy het die sakewêreld betree en as voorsitter van die myngroep Western Areas en later as nie-uitvoerende direkteur van Gold Fields gewerk. In 2007 volg sy Danie Cronjé op as hoof van die ABSA-groep en ABSA-bank[3]
In Julie 2009 kondig pres. Jacob Zuma aan dat sy Mboweni as goewerneur van die Reserwebank sal opvolg. Die aanstelling is deur ekonome en vakbonde verwelkom.[8]
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
Voorafgegaan deur Tito Mboweni |
Goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank November 2009 – November 2014 |
Opgevolg deur Lesetja Kganyago |