Hage Geingob | |
Hage Geingob in 2023 | |
Ampstermyn 21 Maart 2015 – 4 Februarie 2024 | |
Vise | Nickey Iyambo (2015–2018) Nangolo Mbumba (2018–2024) |
---|---|
Eerste minister | Saara Kuugongelwa |
Voorafgegaan deur | Hifikepunye Pohamba |
Opgevolg deur | Nangolo Mbumba |
President van SWAPO
| |
Ampstermyn 26 November 2017 – 4 Februarie 2024 | |
Voorafgegaan deur | Hifikepunye Pohamba |
Ampstermyn 4 Desember 2012 – 21 Maart 2015 | |
Vise | Marco Hausiku |
President | Hifikepunye Pohamba |
Voorafgegaan deur | Nahas Angula |
Opgevolg deur | Saara Kuugongelwa |
Ampstermyn 21 Maart 1990 – 28 Augustus 2002 | |
Vise | Hendrik Witbooi |
President | Sam Nujoma |
Voorafgegaan deur | Nuwe amp |
Opgevolg deur | Theo-Ben Gurirab |
Minister van Handel en Industrie
| |
Ampstermyn 8 April 2008 – 4 Desember 2012 | |
President | Hifikepunye Pohamba |
Eerste minister | Nahas Angula |
Voorafgegaan deur | Immanuel Ngatjizeko |
Opgevolg deur | Calle Schlettwein |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Otjiwarongo, Suidwes-Afrika (nou Namibië) | 3 Augustus 1941
Sterf | 4 Februarie 2024 (op 82) Windhoek, Namibië |
Politieke party | SWAPO |
Eggenoot/-note | Priscilla Geingos (trou in 1967; geskei) Loini Kandume (1993–2008) Monica Geingos (2015–2024) |
Kind(ers) | 3 |
Alma mater | Temple-Universiteit Fordham-Universiteit The New School Universiteit van Leeds |
Religie | Lutheranisme |
Hage Gottfried Geingob (3 Augustus 1941[1][2]– 4 Februarie 2024) was 'n Namibiese politikus wat van 2015 tot 4 Februarie 2024 as derde president van Namibië gedien het. Hy het as eerste minister van Namibië tussen 2012 en 2015[3] asook tussen 1990 en 2002 gedien, nadat dié land van Suid-Afrika onafhanklik geword het. Van 2017 het hy ook die amp beklee as president van SWAPO, Namibië se regerende party, en hy was minister van handel en industrie vanaf 2008 tot 2012.
Aangesien die presidentskap in Namibië tot twee termyne beperk is, het president Hifikepunye Pohamba in 2015 teruggetree, en Geingob, as SWAPO se adjunkpresident, het sy plek as SWAPO se presidentskapskandidaat ingeneem. Geingob is in November 2014 deur 'n oorweldigende meerderheid tot president van Namibië gekies.[4] Op 21 Maart 2015, Namibië se 25ste onafhanklikheidsdag, is hy ingesweer as derde president van dié land.[5]
Weereens kandidaat tydens die presidentsverkiesing van November 2019 word Geingob herkies met 56,3% van die uitgebragte stemme, van 86% wat hy vyf jaar gelede behaal het. Panduleni Itula, dissidentskandidaat van Swapo, hoof van die Landless Movement (LPM) van Bernadus Swartbooi, kry 30% van die stemme. Die opposisieleier McHenry Venaani van die Populêre Demokratiese Beweging (PDM), voorheen naby Suid-Afrika se apartheid, het 5,3 persent van die stemme verower. Die Swapo behaal dus 65% van die setels in die Nasionale Vergadering, en versuim om 'n tweederde-meerderheid te kry soos in die vorige wetgewer.
Geingob is op 11 September 1993 met Loini Kandume, 'n sakevrou, in Windhoek getrou. Dit was 'n hoë-profiel huwelik en het gelei tot twee kinders, 'n dogter en 'n seun. Geingob het in Mei 2006 'n egskeidingproses teen sy vrou begin, en hy is in Julie 2008 'n voorlopige egskeidingsbevel toegestaan.[6] Op 16 Februarie 2015 is hy met Monica Kalondo getrou.[7]
Die Hage Geingob-rugbystadion in Windhoek is na hom genoem.
Geingob is op 4 Februarie 2024 in 'n hospitaal in Windhoek aan kanker oorlede. Hy was 82 jaar oud.[8]
Voorafgegaan deur Hifikepunye Pohamba |
President van Namibië 2015–2024 |
Opgevolg deur Nangolo Mbumba |
Voorafgegaan deur Hifikepunye Pohamba |
President van SWAPO 2017–2024 |
Opgevolg deur vakant |
Voorafgegaan deur Nahas Angula |
Eerste minister van Namibië 2012–2015 |
Opgevolg deur Saara Kuugongelwa |
Voorafgegaan deur Nuwe amp |
Eerste minister van Namibië 1990–2002 |
Opgevolg deur Theo-Ben Gurirab |
Voorafgegaan deur Immanuel Ngatjizeko |
Minister van Handel en Industrie 2008–2012 |
Opgevolg deur Calle Schlettwein |
Presidente van Namibië | ||
1990– | Sam Nujoma | Hifikepunye Pohamba | Hage Geingob | Nangolo Mbumba |