Hans Bethe | |
Hans Bethe
| |
Gebore | Strasbourg, Duitse Keiserryk | 2 Julie 1906
---|---|
Oorlede | 6 Maart 2005 (op 98) Ithaca, New York, VSA |
Burgerskap | Duitsland VSA |
Alma mater | Johann Wolfgang Goethe-universiteit (Frankfurt) Universiteit van München |
Bekend vir | Kernfisika Sterre kernsintese Kwantumelektrodinamika Kristalveldteorie Bethe – Salpeter vergelyking Bethe-Slater kurwe Bethe-formule Kwantum meganiese verstrooiing van foton en kern Bethe-Heitler-formule Bethe – Feynman-formule Mott-Bethe formule Bethe-matriks Bethe ansatz Bethe – Weizsäcker- formule Bethe – Weizsäcker proses Waterstofbom |
Hans Albrecht Bethe ( 2 Julie 1906 – 6 Maart 2005) was 'n Duits-Amerikaanse kernfisikus wat belangrike bydraes gelewer het tot astrofisika, kwantumelektrodinamika en vaste toestand fisika, en wat in 1967 die Nobelprys vir Fisika gewen het vir sy werk oor die teorie van sterre kernsintese.[1][2] Die grootste deel van sy loopbaan was Bethe professor aan die Cornell-universiteit.[3]
Gedurende die Tweede Wêreldoorlog was hy hoof van die Teoretiese Afdeling by die geheime Los Alamos-laboratorium en deel van die Manhattan-projek waar die eerste kernwapens ontwikkel is. Daar het hy 'n sleutelrol gespeel in die berekening van die kritieke massa van hierdie wapens en die ontwikkeling van die teorie onderliggend tot die inploffingsmetode wat in die Trinity-kernwapentoets gebruik was. Voorts werk hy ook op die Fat Man wapen wat in Augustus 1945 in Nagasaki ontplof is.
Na die oorlog het Bethe ook 'n belangrike rol gespeel in die ontwikkeling van die waterstofbom, hoewel hy oorspronklik by die projek aangesluit het met die hoop om te bewys dat dit nie gemaak kon word nie. Bethe het later 'n veldtog gevoer met Albert Einstein en die Noodkomitee van Atoomwetenskaplikes teen kernwapentoetsing en die kernwapenwedloop. Hy het gehelp om die administrasies van Kennedy en Nixon te oorreed om onderskeidelik die 1963-verdrag vir gedeeltelike verbod op kerntoetse en die verdrag teen anti-ballistiese missiele (SALT I) van 1972 te onderteken.
Sy wetenskaplike navorsing het nooit opgehou nie en hy het tot in sy negentigerjare artikels gepubliseer, wat hom een van die min wetenskaplikes gemaak het wat gedurende elke dekade van sy loopbaan ten minste een groot artikel in sy vakgebied gepubliseer het, wat in Bethe se geval byna oor sewentig jaar gestrek het. Freeman Dyson, eens sy doktorale student, noem hom die "grootste probleemoplosser van die 20ste eeu".[4]