Heath Ledger | |
Heath Ledger in 2006 op die Berlynse Filmfees.
| |
Geboortenaam | Heath Andrew Ledger |
---|---|
Geboorte | 4 April 1979 Perth, Australië |
Sterfte | 22 Januarie 2008 New York Stad, Verenigde State |
Nasionaliteit | Australies |
Beroep(e) | Akteur |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Heath Andrew Ledger (4 April 1979, Perth, Australië – 22 Januarie 2008, New York Stad, Verenigde State) was 'n Oscar-benoemde Australiesgebore akteur. Nadat hy in die negentigerjare in 'n paar televisiereekse gespeel het, het hy vir hom 'n naam in Hollywood gemaak. Hy het in 'n paar suksesvolle rolprente verskyn, onder meer 10 Things I Hate About You, The Patriot, Monster's Ball, A Knight's Tale en Brokeback Mountain. Hy het ook kort voor sy dood die rol van "The Joker" vertolk in die rolprent The Dark Knight.
Sy eerste akteursrol is in die goedkoop film Blackrock, waarin hy ’n klein rolletjie speel. Daarna verskyn hy ook in 'n paar Australiese sepies, onder meer Home and Away. Hy trek na Amerika, waar hy ’n paar onsuksesvolle oudisies aflê voordat hy die hoofrol kry in Two Hands en ’n rol in die tienerprent 10 Things I Hate About You.
Hierna volg ernstiger rolle om van sy beeld as tienerheld ontslae te raak. Hy speel in die oorlogsprent The Patriot saam met Mel Gibson. In 2005 speel hy en Jake Gyllenhaal in die prent Brokeback Mountain twee gay cowboys in die Wyoming van die sestigerjare. Daarvoor word Ledger in 2006 benoem vir ’n Golden Globe- en Oscar-toekenning. Hy speel ook die rol van "The Joker" in die Batman-film The Dark Knight, wat voor sy dood voltooi is, maar nog uitgereik moet word. In 2009 sou die fanatasie-avontuurprent The Imaginarium of Doctor Parnassus uitgereik word met Ledger in die rolverdeling.
Voor 2002 het Ledger vir kort rukkies met die aktrises Lisa Zane en Heather Graham uitgegaan. Van Augustus 2002 tot April 2004 het hy 'n verhouding gehad met die aktrise Naomi Watts, wat hy op die stel van Ned Kelly ontmoet het.
Ledger was verloof aan die aktrise Michelle Williams, wat hy ontmoet het op die stel van Brokeback Mountain, waarin sy die rol van sy vrou vertolk. Hulle het ’n dogter, Matilda Rose, wat op 28 Oktober 2005 in Brooklyn, New York gebore is. Williams en Ledger is in Augustus 2007 uitmekaar.
Ledger is in Janurie 2008 op 28-jarige leeftyd dood in sy woonstel in die buurt SoHo, New York, aangetref met voorskrifmedisyne in sy badkamer. Volgens die polisie word sy dood as ’n ongeluk beskou.
Filmografie | |||
Jaar | Titel | Rol | Opmerkings |
---|---|---|---|
1992 | Clowning Around | - | |
1997 | Blackrock | Toby Ackland | |
1997 | Paws | Oberon | |
1999 | 10 Things I Hate About You | Patrick Verona | |
1999 | Two Hands | Jimmy | |
2000 | The Patriot | Gabriel Martin | |
2001 | A Knight's Tale | Sir William Thatcher/Sir Ulrich von Lichtenstein of Gelderland | |
2001 | Monster's Ball | Sonny Grotowski | |
2002 | The Four Feathers | Harry Faversham | |
2003 | Ned Kelly | Ned Kelly | |
2003 | The Order | Alex Bernier | |
2005 | Lords of Dogtown | Skip | |
2005 | The Brothers Grimm (film) | Jacob Grimm | |
2005 | Brokeback Mountain | Ennis Del Mar | |
2005 | Casanova | Giacomo Casanova | |
2006 | Candy | Dan | |
2007 | I'm Not There | Robbie Clark | |
2008 | Tree of Life | ||
2008 | The Dark Knight | The Joker | |
2009 | The Imaginarium of Doctor Parnassus | Tony |