Herman Mashaba | |
Mashaba in 2017 | |
Ampstermyn 22 Augustus 2016 – 27 November 2019 | |
Voorafgegaan deur | Parks Tau |
---|---|
Opgevolg deur | Geoff Makhubo |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 26 Augustus 1959 Hammanskraal, Transvaalprovinsie, Suid-Afrika |
Politieke party | ActionSA |
Eggenoot/-note | Connie Mashaba |
Alma mater | Universiteit van Pretoria (BCompt) |
Herman Mashaba (die oorspronklike spelling in Tsonga is Maxaba; gebore 26 Augustus 1959) is 'n Suid-Afrikaanse entrepreneur, politikus en die huidige president van ActionSA, 'n party wat hy op 29 Augustus 2020 van stapel gestuur het. Hy is die stigter van die haarproduktemaatskappy Black Like Me.[1][2][3][4][5][6][7] Hy is bekend in Suid-Afrika vir sy lewensverhaal:[8][9] hy word groot in armoede tydens apartheid en begin sy eie haarproduktebedryf, wat die grootste haarhandelsmerk in Suid-Afrika word en van hom 'n miljoenêr maak.[10][11] Hy toon openbare ondersteuning vir Mmusi Maimane in die wedloop om die leierskapsposisie in die politieke party Demokratiese Alliansie.[12] Hy skryf 'n outobiografie, Black Like You.[13] Filosofies is hy 'n libertyn en "kapitalistiese kruisvaarder" en sy grootste beginsel is "individuele vryheid".[14]
Mashaba word op 22 Augustus 2016 as burgemeester van Johannesburg verkies.[15] Hy kondig op 21 Oktober 2019 sy bedanking uit hierdie amp aan en het sy pos op 27 November 2019 ontruim.[16][17]