Incheon Internasionale Lughawe 인천국제공항 仁川國際空港 Incheon Gukje Gonghang Inch'ŏn Kukche Konghang | |||
---|---|---|---|
IATA: ICN – ICAO: RKSI | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Eienaar | Regering van Suid-Korea | ||
Operateur | Incheon International Airport Corporation | ||
Bedien | Seoul Metro-gebied | ||
Ligging | Jungdistrik, Incheon, Suid-Korea | ||
Spil vir |
| ||
Hoogte bo seevlak | 23 vt / 7 m | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
| |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
vt | m | ||
15R/33L | 12 303 | 3 750 | Teer |
15L/33R | 12 303 | 3 750 | Teer |
16/34 | 13 123 | 4 000 | Teer |
Helikopterblaaie | |||
Aantal | Lengte | Oppervlak | |
vt | m | ||
H1 | 63 | 19 | Beton |
Statistieke (2019) | |||
Lugbewegings | 404 104 | ||
Passasiers | 71 169 516 | ||
Vrag tonnemaat | 2 764 369 | ||
Statistiek van KAC[1] |
Incheon Internasionale Lughawe (IATA: ICN, ICAO: RKSI) (Koreaans: 인천 국제 공항) is die grootste lughawe in Suid-Korea, die primêre lughawe in diens van die Seoel Nasionale hoofstadgebied, en een van die grootste en besigste lughawens ter wêreld. Die Internasionale Lughaweraad het dit vir sewe jaar agtereenvolgens (2005-2012) as die beste lughawe in die wêreld aangewys.[2][3] Die lughawe het 'n gholfbaan, 'n spa, private slaapkamers, ysskaatsbaan, 'n kasino, binnenshuise tuine en 'n museum van die Koreaanse kultuur.
Die lughawebestuur beweer dat die gemiddelde vertrektyd slegs 19 minute duur (die wêreldwye bedryfsgemiddeld is 60 minute) en aankoms slegs 12 minute (gem. 45 minute wêreldwyd), dit maak dit een van die vinnigste lughawens in die wêreld vir doeaneverwerking.[2] Die belastingvrye winkelsentrum is ook deur "Business Traveler" as die wêreld se beste aangewys vir drie jaar agtereenvolgens in 2012.[4] Incheon Internasionale Lughawe beweer ook dat dit net 'n 0,0001% verkeerde-hanteringskoers vir bagasie het.[5]
Incheon Internasionale Lughawe is 48 km (30 myl) wes van Seoul, die hoofstad en grootste stad van Suid-Korea, geleë en is die belangrikste sentrum vir Korean Air, Asiana Airlines, Air Jeju en Polar Air Cargo. Die lughawe dien as 'n sentrum vir internasionale burgerlike lugvervoer en vragverkeer in Oos-Asië. Incheon Internasionale Lughawe is tans Asië se agtste besigste lughawe in terme van passasiersgetalle en die wêreld se vierde besigste lughawe vir vragverkeer. In 2019 het 71 169 516 passasiers die lughawe gebruik.[6]
Die lughawe het vroeg in 2001 vir besigheid geopen, deur die ouer Gimpo Internasionale Lughawe te vervang, wat nou meestal binnelandse bestemmings bedien asook pendelvlugte na alternatiewe lughawens in China, Japan en Taiwan.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |