| |||||
Nasionale leuse: Out of Many, One People (Engels vir: "Vanuit baie, een volk") | |||||
Volkslied: Jamaica, Land We Love (Engels vir: "Jamaika, Land waarvoor ons lief is") Koninklike volkslied: God Save the King (Engels vir: "God beskerm die koning") | |||||
![]() | |||||
Hoofstad | Kingston | ||||
Grootste stad | Kingston | ||||
Amptelike tale | Engels • Jamaikaanse patois (de facto) | ||||
Regering | Unitêre parlementêre grondwetlike monargie Charles III Patrick Allen Andrew Holness | ||||
Onafhanklikheid • Toegestaan
|
van die Verenigde Koninkryk 6 Augustus 1962 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
10 991[1] km2 (166ste) 4 244 myl2 1,5 | ||||
Bevolking - 2024-skatting - 2011-sensus - Digtheid |
2 823 713[1] (140ste) 2 697 983[2] 245 / km2 (49ste) 665 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2025-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2025-skatting | ||||
MOI (2022) | ![]() | ||||
Gini (2021) | 40,2[5](84ste) – medium | ||||
Geldeenheid | Dollar (JMD )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
(UTC-5) nie toegepas nie (UTC-5) | ||||
Internet-TLD | .jm | ||||
Skakelkode | +1-876 +1-658 (oortrek van 876; aktief sedert November 2018) |
Jamaika (Engels: Jamaica, [dʒəˈmeɪkə], ) is 'n eilandstaat van die Groot-Antille met 234 kilometer in lengte en 80 kilometer in breedte. Jamaika is in die noorde van die Karibiese See geleë en is naas Kuba, die Dominikaanse Republiek, Haïti en die Bahamas die vyfde grootste eilandstaat van die streek.[6] Jamaika beslaan 'n oppervlakte van 10 991 km² en het 'n bevolking van 2 823 713 in 2024 gehad.[1] Jamaika is in die suide van Kuba, in die weste van Hispaniola en in die suidooste van die Kaaimanseilande geleë. Die hoofstad en grootste stad is Kingston. Ander bekende nedersettings sluit in May Pen, Montego Bay en Spanish Town.
Die inheemse bevolking, die Taíno, het die eiland in Arawak Xaymaca genoem, wat "land van woud en water" of "land van fonteine" beteken. Jamaika is in 1494 deur Christophorus Columbus vir Europa ontdek en Santiago genoem.[7] Dit het in 1509 'n Spaanse kolonie geword en is by Nieu-Spanje ingelyf. Die meeste lede van die inheemse Arawak- en Taíno-volke het aan siektes beswyk en die Spanjaarde het slawe uit Wes-Afrika ná die eiland gebring. In 1655 is die eiland deur Engeland verower en na Jamaica hernoem. Jamaika het 'n basis vir kapers geword wat Spaanse skepe op pad na Europa geplunder het. In 1833 is slawerny in die Britse Ryk verbied. Tussen 1958 en 1962 het dit saam met ander Britse kolonies in die Karibiese gebied deel uitgemaak van die Wes-Indiese Federasie.
Op 6 Augustus 1962 het Jamaika van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword. Jamaika is 'n grondwetlike monargie binne die Britse Statebond en Charles III van die Verenigde Koninkryk is die staatshoof van dié land. Bekende Jamaikane sluit in die sanger Bob Marley (1945–1981) en die naelloper Usain Bolt (* 1986). Die Jamaikaanse kultuur is vir sy Reggae-musiek en Rastafarianisme bekend. Die eiland is 'n gesogte vakansieplek en die ekonomie is veral op buitelandse bankdienste, toerisme en mynbou gebaseer.[1]
Die inheemse bevolking, die Yamaye (ook bekend as Taíno), het die eiland in Arawakan Xaymaca [ʃa͡iˈmaka] genoem, wat "land van woud en water" of "land van fonteine" beteken.[8] Volgens Christophorus Columbus se optekeninge is Yamaye as 'n vroeë Taíno-naam vir die eiland voorgestel.[9]
Jamaikaners verwys na hul tuiseiland as die "Rots". Byname soos "Jamrock", "Jamdown" ("Jamdung" in Jamaikaanse patois), of kort "Ja", is daarvan afgelei.[10]
Krieket is die nasionale sportsoort van Jamaika en ook die eiland se gewildste sportsoort.[11] Jamaika is een van die eilandstate wat met ander Karibiese state spelers beskikbaar stel vir die Wes-Indiese nasionale krieketspan, een van die "nasionale spanne" in internasionale krieket met toetsstatus. Die Wes-Indiese nasionale krieketspan het aan amper elke krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem, die eerste twee toernooie in 1975 en 1979 gewen en slegs die 2023-toernooi misgeloop. Daarbenewens kon hulle die T20I-wêreldbekertoernooi twee keer (in 2012 en 2016), en beide die Kampioenetrofee (in 2004) en die o/19-krieketwêreldbeker (in 2016) eenkeer wen. Saam met Antigua en Barbuda, Barbados, Grenada, Guyana, St. Kitts en Nevis, St. Lucia en Trinidad en Tobago het Jamaika die Krieketwêreldbeker 2007 aangebied, wat deur die verdedigende kampioen Australië gewen is.
Colloquially Jamaicans refer to their home island as the "Rock"..
The legacy of Britain also lives on in Jamaica in many ways […] the game of cricket is the national sport.