Jean-Claude Juncker | |
Jean-Claude Juncker in 2014 | |
President van die Europese Kommissie
| |
Ampstermyn 1 November 2014 – 30 November 2019 | |
Vise | Frans Timmermans |
---|---|
Voorafgegaan deur | José Manuel Barroso |
Opgevolg deur | Ursula von der Leyen |
Eerste Minister van Luxemburg
| |
Ampstermyn 20 Januarie 1995 – 4 Desember 2013 | |
Vise | Jacques Poos Lydie Polfer Jean Asselborn |
Monarg | Jean Henri |
Voorafgegaan deur | Jacques Santer |
Opgevolg deur | Xavier Bettel |
Minister vir Finansies
| |
Ampstermyn 14 Julie 1989 – 23 Julie 2009 | |
Eerste minister | Jacques Santer |
Voorafgegaan deur | Jacques Santer |
Opgevolg deur | Luc Frieden |
President van die Europese Raad
| |
Ampstermyn 1 Januarie 2005 – 1 Julie 2005 | |
Voorafgegaan deur | Jan Peter Balkenende |
Opgevolg deur | Tony Blair |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 9 Desember 1954 Rédange-sur-Attert, Luxemburg |
Politieke party | CSV |
Eggenoot/-note | Christiane Frising |
Alma mater | Universiteit van Straatsburg |
Religie | Rooms-Katolieke Kerk |
Handtekening |
Jean-Claude Juncker (gebore op 9 Desember 1954 in Rédange-sur-Attert) is 'n Luxemburgse politikus en lid van die Chrëstlich-Sozial Vollekspartei (Christelik-Sosiale Volksparty, CSV). Hy was vanaf 1995 tot 2013 die Eerste Minister van die Groothertogdom Luxemburg en daarna die leier van die opposisie. Op 15 Julie 2014 was hy tot president van die Europese Kommissie gekies en was dié amp op 1 November 2014 aangetree.
In 1974 slaag Jean-Claude Juncker die Diplome de fin d´études secondaires (Luxemburgse matriek) by die Lycée (Hoërskool) Michel Rodange in Luxemburg. Hy word gelyktydig 'n lid van die Chrëstlich-Sozial Vollekspartei. Hy skryf in 1975 by die Universiteit van Straatsburg (Frankryk) in en behaal in 1979 'n graad in die regswetenskappe. Na sy studie werk hy as 'n advokaat.
In 1982 word hy as Staatssekretaris in die Departement van Arbeid en Sosiale Sekerheid benoem. Twee jaar later wen hy 'n setel in die Luxemburgse Chambre des Deputés. In 1989 word hy as Minister van Finansies en Arbeid en as Goewerneur van die Wêreldbank benoem. Hy speel 'n leidende rol by die onderhandelings oor die Verdrag van die Europese Unie (Maastrichtse Ooreenkomste). In 1995 word hy die Eerste Minister van Luxemburg en Goewerneur van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF). In die tweede halfjaar van 1997 en nog eens in die eerste halfjaar van 2005 is hy die President van die Raad van die Europese Unie.
Politieke poste | ||
---|---|---|
Voorafgegaan deur Jacques Santer |
Minister vir Arbeid en Indiensneming 1984–1999 |
Opgevolg deur François Biltgen |
Minister van Finansies 1989–2009 |
Opgevolg deur Luc Frieden | |
Eerste minister van Luxemburg 1995–2013 |
Opgevolg deur Xavier Bettel | |
Voorafgegaan deur Luc Frieden |
Minister van die Tesourie 2009–2013 |
Vakant |
Voorafgegaan deur Martine Reicherts |
Lid van die Europese Kommissie vir Luxemburg 2014–2019 |
Opgevolg deur Nicolas Schmit |
Voorafgegaan deur José Manuel Barroso |
President van die Europese Kommissie 2014–2019 |
Opgevolg deur Ursula von der Leyen |
Party-politieke poste | ||
Voorafgegaan deur Jean Spautz |
Leier van die Christelike Sosiale Volksparty 1990–1995 |
Opgevolg deur Erna Hennicot-Schoepges |
Diplomatiese poste | ||
Nuwe pos | President van die Eurogroep 2005–2013 |
Opgevolg deur Jeroen Dijsselbloem |
Akademiese poste | ||
Voorafgegaan deur Javier Solana |
Speaker van die Europakollege 2006 |
Opgevolg deur David Miliband |
Voorafgegaan deur Alexander Stubb |
Speaker van die Europakollege 2016 |
Mees onlangse ampsbekleër |