Cras is gebore in Brest, Frankryk. Sy vader was 'n mediese offisier in die Franse Vloot. Cras het as 17-jarige by die vloot aangesluit. As Adelbors op die Iphigénie het hy na die Amerikas, die Wes-Indiese Eilande en Senegal gereis. Hy is bevorder tot luitenant in 1908. Sy wiskundige vaardighede het daartoe gelei dat hy 'n aantal innovasies in tegniese praktyke voorgestel het wat deur die vloot aangeneem is, insluitend sy uitvinding van 'n navigasie-gradeboog (goniometer) wat in Frans bekend staan as 'n "Règle Cras" (die Cras-meetinstrument, Cras-gradeboog of in Engels die "Cras plotter").[1] Sommige het dit egter moeilik gevind om dit te gebruik, wat gelei het tot die ontwikkeling van die latere "Bretonse-gradeboog" ('n navigasieinstrument wat saam met kaarte gebruik word vir navigasie ter see) deur Yvonnick Gueret.
Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog in 1914 is Cras as adjudant van admiraal Augustin Boué de Lapeyrère aangestel. Hy het later in die duikbootverdedigingsdiens gedien. In 1916 is hy aangestel as bevelvoerder van die torpedoboot Commandant Bory. Tydens die Adriatiese-kampanje het hy 'n duikboot gesink. Hy is ook geprys vir sy dapperheid toe hy 'n matroos gered het wat oorboord geval het.[1]
Na die oorlog het Cras hoofsekretaris van die personeelhoof geword en is hy bevorder tot Kommandeur. Hy het op verskeie ander vaartuie gedien voordat hy as Dienshoof van die Algemene Personeel vir Wetenskaplike Navorsing aangestel is. In 1931 word hy aangestel as generaal-majoor van die hawe van Brest en bevorder tot Skout-Admiraal. Hy het hierdie pos beklee toe hy na 'n kort siekbed oorlede is in Brest.[1]
Sy dogter, Colette Cras, 'n konsertpianis vir wie hy sy klavierkonsert geskryf het, is met die Pools-Franse komponis Alexandre Tansman getroud.
Cras het die komponis Henri Duparc vroeg in sy loopbaan ontmoet en die twee het hegte vriende geword. Duparc het Cras "die seun van my siel" genoem. Alhoewel Cras se pligte in die Franse vloot hom min tyd gelaat het om aan sy musiek te wy, het hy regdeur sy lewe voortgegaan om te komponeer. Hy het hoofsaaklik kamermusiek en liedere geskryf. Groot dele van sy mees ambisieuse werk, die opera Polyphème, is tydens die oorlog geskryf en georkestreer; die meeste van sy werke is egter ná die oorlog geskryf. Vandag is sy bekendste werke sy strykkrio en strykkwartet.[1]
Sy lirieke tragedie Polyphème word as sy meesterstuk beskou. Die opera is by sy eerste opvoering in 1922 baie lof toegeswaai, wat Cras onmiddellike bekendheid besorg het. Die titelkarakter van die opera is Polyphemus, wat volgens Griekse mitologie die oudste Sikloop en seun van Poseidon is. Die libretto handel oor die bekende verhaal van Polyphemus (bariton) se poging om Galatea (sopraan) van Acis (tenoor) te neem. In die oorspronklike mite vermoor Polyphemus Acis deur 'n rots oor hom uit te rol. Albert Samain, die librettis, het Polyphemus vermenslik deur hom bewus te laat word van die gevoelens wat deur die paartjie gedeel word, wat hom dus laat besluit om dit nie te vernietig nie. Uiteindelik loop die Sikloop die see in omdat die egpaar se geluk hom verskrik. Die musiek is impressionisties, rusteloos en hoogs chromaties, in die gees van Chausson en Duparc. Die invloed van Debussy se opera Pelléas et Mélisande is ook merkbaar.[1] ('n Opname van hierdie opera is in 2003 vrygestel, met Bramwell Tovey wat die Luxemburgse Filharmoniese Orkes dirigeer, met Armand Arapian in die titelrol.)
Cras se latere werk openbaar 'n styl wat vergelykbaar is met dié van Béla Bartók, hoewel dit formeel na aan César Franck se werk is. Hy het kamermusiek as sy sterkpunt beskou en geskryf dat "hierdie verfynde musiekvorm vir my die noodsaaklikste geword het".[2] Die Stryktrio toon 'n wye reeks invloede, insluitend Noord-Afrika. Dit is beskryf as 'n "wonderbaarlike" werk deur André Himonet in 1932, met die bereiking van " 'n perfek-gebalanseerde klank en 'n oorvloed van uitdrukking waartussen 'n mens nie durf kies nie."[3] Die Trio vir strykinstrumente en klavier vermeng Afrika- en Oosterse melodiese patrone met Bretonse musiektradisies tot 'n samehangende geheel. Die kritikus Michel Fleury vergelyk sy werk met die Japonisme-styl van die kunstenaar Henri Rivière wat "'n gestileerde Bretonse land openbaar, asof dit deur die sif van sy uiteenlopende ervarings opgedoen is in die vier kwarte van die aardbol."[4]
Deux Paysages: Paysage maritime, Paysage champêtre, vir soloklavier (1917, Ed. Durand)
Danze (1917, Rouart, Lerolle et cie.)
Quatre Danze: Danza morbida, Danza scherzosa, Danza tenera, Danza animata, vir soloklavier (1917, Ed. Salabert)
Âmes d'enfants, pour 6 petites mains, klavier vir ses-hande (1917, ms.), klavier vir vier-hande (1922, Senart), werk is ook georkestreer (1918, Ed. Salabert)
Premier anniversaire, « A mon petit Jean-Pierre » (1 Mei 1919, ms.)
Eerste Strykkwartet, weergawe vir klavier, (1921, Rouart, Lerolle et cie.)
Deux impromptus, vir klavier of harp, (1926, Senart)
Bempéchat, Paul-André. Jean Cras, Polymath of Music and Letters. Farnham (UK): Ashgate, 2009; 610 pp.
Bempéchat, Paul-André. "Jean Cras", Revised New Grove Dictionary of Music and Musicians. Londen: MacMillan.
Bempéchat, Paul-André. "Ravel Writes to Jean Cras", in Liber Amicorum Isabelle Cazeaux: Pendragon Press (Hillsdale, New York: 2005), pp. 365–376.
Bempéchat, Paul-André. "Fair Winds and Following Seas: Jean Cras’ Symphonic Autobiography, ‘Journal de bord (1927),’ " in Liber Amicorum Isabelle Cazeaux, Pendragon Press (Hillsdale, New York: 2005), pp. 443–457.
Bempéchat, Paul-André. "The Breton Compositions of Jean Cras", in Proceedings of the 23rd Harvard Celtic Colloquium (2003).
Bempéchat, Paul-André. "Narrating the Symbol: Jean Cras’ Legacy of Song", in Ars Lyrica XII, pp. 3–70. (2002)
Bempéchat, Paul-André. "Where Formalism Meets Folklore: Jean Cras’ ‘Trio pour cordes (1925),’" American String Teacher, May 2001, Vol. 51, No. 2, pp. 74–81.
Bempéchat, Paul-André. "The Choral Works of Jean Cras", The Choral Journal, Februarie 2001, Vol. 41, No. 7, pp. 9–16.
Bempéchat, Paul-André. "An Admiral of Music: Jean Cras’ Chamber Music for Strings", The Strad, Londen, Oktober 2000, Vol.111, No. 1326, pp. 1096–1100.
Bempéchat, Paul-André. "Love's Labours Found: Jean Cras' Pieces for Violin and Piano Rediscovered (with apologies to The Bard)", American String Teacher, November 1999, Vol. 49, No. 4, pp. 64–74.
Bempéchat, Paul-André. "Inside Jean Cras’ Musical Laboratory II: Cyclical Composition at its Zenith: ‘Quintet for Harp, Flute, and Strings,’" American Harp Journal, Summer 1999., Vol. 17, No. 1, pp. 7–12.
Bempéchat, Paul-André. "Jean Cras and Albert Samain: Parallels and Paradoxes in the Genesis of Polyphème", The Opera Journal, March 1998, Vol. XXXI/1, pp. 3–17.
Bempéchat, Paul-André. "Inside Jean Cras' Musical Laboratory: An African Diary in Music and Letters: The Genesis of His ‘Suite en Duo' for Flute and Harp (1928),’" American Harp Journal, Winter 1998, Vol. 16, No. 4, pp. 7–14.
Bempéchat, Paul-André. "A Rediscovered Masterpiece: Jean Cras' ‘Deux Impromptus pour harpe (1925),’" American Harp Journal, Summer 1998, Vol.16, No. 3, pp. 5–10.
Bempéchat, Paul-André. Jean Cras, in Die Musik in Geschichte und Gegenwart (MGG), 2001.
Bempéchat, Paul-André. "Naval Hero—Novel Voice: The Piano Works of Jean Cras", Piano & Keyboard 206, September–Oktober 2000, pp. 47–55.
Brister, Wanda. "The Vocal Music of Jean Cras", Journal of Singing, March/April 2015, pp. 521-526.
Cras, M. & Surchamp, Dom Angelico. "Regard sur Jean Cras". Zodiaque, Numéro 123, Januarie 1980.
Dumesnil, René. Portraits de musiciens français. Parys: 1938. Hoofstuk oor Jean Cras.
Himonet, André. "Jean Cras, musicien de la mer". Revue de la Société Internationale des Amis de la Musique française, Desember 1932
Malherbe, Henry. "Jean Cras." Le Temps, 21 September 1932.
Thomazi, A. Trois marins compositeurs: Roussel, Mariotte, & J. Cras. Parys, Imprimerie Bellemand, 1948.
Thiollet, Jean-Pierre. Sax, Mule & Co ("Jean Cras", pp. 112–113). Parys, H & D, 2004